Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Markdagverkope sal om 11:30 begin. Leerders sal direk na eerste pouse (10:30) kans kry om hul goed uit te pak en voor te berei. 

Tafels kan vanaf Maandagoggend, 20 Junie, om 08:00 op Karri teen R15 bespreek word (geen kontantbesprekings). Besprekings sluit Woensdag, 22 Junie, om 14:00. Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word nie.

/ Algemeen, Nuus

Die assesseringsreeks vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 – 7) is in volle swang en voor die leerders dit besef is die eksamenstres verby en lê ‘n welverdiende vakansie voor om lekker uit te rus. Dit is verblywend om te sien hoe opgewonde ons leerders rakende die sportoefeninge wat tans tydens skooltyd plaasvind, is. Verseker help dit hulle om lekker te ontspan na afloop van ‘n uitdagende vraestel asook om hul konstante aandag van die studies en eksamen tydelike af te lei deur op iets anders te fokus.

Saterdagaand, 4 Junie, kon ons skool se opvoedingstrust sedert 2019 weer die gewilde veilingdinee aanbied wat nie die afgelope 3 jaar vir ons beskore was nie. Die suksesvolle maskerbal is in die historiese Mount Nelson Hotel aangebied. Die pragtige hotel aan die voet van die ikoniese Tafelberg is in 1918 pienk geverf om vrede te simboliseer. Die geskiedenis van die idilliese hotel met ons 100ste bestaansjaar maak die “Nellie” soos dit bekend staan, die perfekte venue. Dames is elegant in stylvolle aandrokke met gesigsmaskers geklee en die mans het deftig met hul aandpakke en strikdasse gepronk. Voordat die veiling afgeskop het, was daar 40 lotte stylvol uitgestal vir al die gaste om te besigtig waarop hulle kon bie. Die hotelsaal was pragtig versier en die dekorasies het die perfekte afronding verseker. Alles is haarfyn beplan en perfek uitgevoer om ‘n onvergeetlike aand van samesyn te bewerkstellig. Die veiling is deur MC. du Toit (gr. 1-ouer) hanteer en hy was instrumenteel tot die sukses van die veiling waartydens ‘n rekord opbrengs opgelewer is. Ek wil MC hartlik bedank dat hy altyd gewillig is om ons te help en dan moet ek ook noem dat hy beslis oor die kuns as ‘n meesterafslaer beskik.

Aan die stuur van die stylvolle en merkwaardige veilingsdinee was Coreen Scholtz, Esna Boshoff en Stephanie le Roux. Laat my toe om die drie dames saam met hul span spesiaal en hartlik te bedank vir al die harde werk agter die skerms en hul kosbare tyd om die sukses van die veilingsdinee te verseker. Ons ouers en gaste kan nie uitgepraat raak oor die fantastiese funksie nie. Dit was my en Sanelda se eerste veilingsdinee by Laerskool Jan van Riebeeck en dit was ‘n ongelooflike voorreg om as skoolhoof die funksie te kon bywoon. Baie dankie ook aan Oosie en Marianna wat die aand saam met ons bygewoon het en in die proses ‘n tafel vol van spesiale gaste (Vriende van die Skool) gemaak het. Die vriende van die skool ondersteun ons spogskool al vir jare en ons is dankbaar vir wat hulle al oor ‘n baie lang tydperk vir die skool gedoen het. Dit is dan vir my ‘n aangename voorreg om met julle te deel dat die veiling ‘n rekord bedrag op die aand gemaak. Meer as R1,673M vir 40 lotte is binne slegs 2 en half uur tydens die veiling gemaak. Dit spreek boekdele oor die gesindheid en karakter van ons skool- en ouergemeenskap. Groot dankie aan almal wat aan die veiling deelgeneem en hul beursies spreekwoordelike wawyd oopgemaak het om die rekord bedrag te kon insamel. Weer eens hartlike dank aan al ons borge, donateurs en ouers vir al die ruim skenkings en donasies. Graag deel ek dat Gerhard en Daneele Conradie ongelukkig nie die dinee kon bywoon nie, maar Gerhard het op Woensdag, 8 Junie, besluit om ‘n ruim bedrag te skenk sodat ons presies R2M wins kon maak. Gerhard baie dankie vir die ruim donasie! Die fondse wat tydens die veiling geïn word, sal terug geploeg word in die opgradering van die skool se vierkant.

Dankbaarheid is nog steeds deel van my tema, veral na afloop van die suksesvolle veilingsdinee en daarmee sluit ek dan af met die volgende bekende aanhaling: “Om dankbaar te wees sonder om dit te sê, is soos om ‘n geskenk toe te draai sonder om dit te gee”.

Geniet ‘n wonderlike naweek.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Hoërskool Jan van Riebeeck nooi baie graag alle graad 7-seuns en hul ouers/voogde uit om saam met ons te kom kuier!

  • Datum: Dinsdag, 14 Junie 2022
  • Tyd: 16:30 – 18:00
  • Plek: JvR-klubhuis, De Hooplaan, Tamboerskloof
  • Drag: Gemaklik

’n Paar hoërskoolseuns wil graag ’n bietjie raakrugby saam met die gr.7-manne speel terwyl ons in die klubhuis nog enige ouervrae oor ons hoërskool beantwoord. Ons braai ook ’n boereworsrol vir elke seun en geniet iets te drinke saam met die ouers/voogde.

R.S.V.P. asseblief teen Maandag, 13 Junie, by skoolhoof@janvanriebeeck.co.za indien u en u seun hierdie geselligheid wil bywoon.

Groetnis.

Pieter Rademeyer
Skoolhoof

/ Algemeen, Nuus

Beste Ouers en Voogde

Ons gaan die volgende twee weke gebruik om ons waarde vir die kwartaal, verantwoordelikheid, uit te leef. Die kleur wat ons aan die waarde koppel is, groen. Ons gaan verantwoordelik teenoor ons onmiddellike omgewing optree deur ons skoolterrein na pouse mooi skoon te maak.  Op hierdie manier bewys ons ook respek teenoor ons terreinpersoneel wat daagliks so hard werk.

Die onderskeie graadgroepe is ingedeel om op ‘n spesifieke dag ons skoolterrein skoon te maak. Die leerders kan ook op die spesifieke dag groen sivvies aantrek.

Sien asseblief op watter dag jou kind met groen sivvies skool toe mag kom:

  • Graad 1 – Maandag, 13 Junie
  • Graad 2 – Dinsdag, 14 Junie
  • Graad 6 – Woensdag, 15 Junie (omgeruil met graad 3 a.g.v. Lead 4 Life)

Langnaweek

  • Graad 4 – Maandag, 20 Junie
  • Graad 5 – Dinsdag, 21 Junie
  • Graad 3 – Woensdag, 22 Junie (omgeruil met graad 6 a.g.v. gr. 6 Lead 4 Life)
  • Graad 7 – Donderdag, 23 Junie (maak skoon na markdag)
/ Algemeen, Nasorg, Nuus

Indien julle van die vakansiedag-sorg gebruik wil maak, vul asb. die inskrywingsbrief in en stuur dit na die Nasorg of na die e-posadres wat in die brief gemeld is.

VAKANSIESORG 16-17 JUNIE
/ Algemeen, Nuus

Ek glo julle sal saamstem dat kwartaal 2 tot op datum ‘n baie bedrywige, maar tog lekker kwartaal was. Dit is veral gekenmerk met verskeie sportwedstryde en -toernooie, kultuuraktiwiteite soos Eisteddfod, redenaars, kooroptredes en musiekkonserte, staptogte deur die Dapper Stappers en heerlike samesyn geleenthede soos die Kaperjolle en klasbraaie. Dit bring ons dan natuurlik by die assesseringsweke vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 – 7) aan die einde van kwartaal 2 wat die week vir die gr. 1-3’s en 7’s afgeskop het en ons leerders moet egter weer agter die boeke inskuif.

Graag versoek ek julle om as ons opvoeders kollektief te help om die eksamenstres onder jul kind/ers te beperk en dit eerder as ‘n positiewe uitdaging onder jou kind/ers te promoveer. Ons samelewing en sosiale media het veroorsaak dat die druk om te presteer al groter en groter word. Kom ons wees eerlik, daar is bittermin mense wat uitsien na ‘n eksamen. Ek glo ook julle ken daai ‘hol’ gevoel op die maag voor jy ‘n eksamen gaan aflê. Ek besef ook dat jul as ouers saam met jul kind/ers ook moontlik eksamenstres kan ervaar. Dus deel ek ‘n paar handige wenke om te verhoed dat eksamenstres moontlik in jul huishouding kan handuit ruk:

  • Moet asseblief nie jou kind/ers vir eksamens bang maak nie. Deur hulle byvoorbeeld te dreig dat indien hulle nie nou harder gaan leer nie, hulle sal druip. Dit werk nie, inteendeel dit maak kinders net meer angstig.
  • Stel belang in jou kind/ers se voorbereiding en maak seker hulle berei betyds voor om angstigheid te vermy.
  • Maak seker jou kind/ers leer by ‘n lessenaar en asseblief nie in of bo-op die bed nie.
  • Navorsing toon dat veral laerskoolkinders nie te lank aaneen moet studeer nie, 20 – 30 minute op ‘n slag is ideaal. Dit is ook belangrik om gereeld blaaskanse te vat om die brein ruskans te gee om al die inhoud te verwerk.
  • Maak seker dat jou kind/ers genoeg slaap kry, anders gaan hulle beslis nie optimaal in die eksamen funksioneer nie.

Verder wil ek ook noem dat die skoolbestuur besluit het dat ons leerders tydens die eksamen (Maandae tot Donderdae) in skooltyd (11:45 – 12:45) sal voortgaan met sportoefeninge. ‘n Volledige program ( 6 – 15 Junie) sal volg. Ek glo julle sal met my saamstem dat leerders na afloop van hul daaglikse eksamen ‘n bietjie oefening buite in die vars lug sal verwelkom. Leerders is dikwels angstig tydens eksamens en ek glo dat deur voort te gaan met sportoefeninge dit hulle sal help om die stresvlakke tydens eksamens te verlaag. Dit sal ook verder help om hul konstante aandag aan studies en eksamen tydelike weg te neem deur op iets anders te fokus.

Op Dinsdag, 31 Mei 2022, het ons seniorkoor tydens die saalbyeenkoms onder leiding van juf. Helecia en mnr. Ben opgetree. Hulle het twee liedere naamlik: “As jy staan op die maan” en “When Africa smiles” gesing. “When Africa smiles” is ‘n pragtige lied deur Jakkie Louw geskryf en Lara Basson het die trom gespeel. “As jy staan op die maan” is deur ‘n vriend van juf. Helecia geskryf. Sy naam is Alastair van Huyssteen. Juf. Helecia het dit verwerk, mnr. Ben het begelei en Adéle Holtshauzen het die viool gespeel. Alastair is ‘n prokureur van beroep, baie lief vir motors en skryf natuurlik liedjies. Hy het self die saalbyeenkoms bygewoon en sommer tussen die leerders gaan sit om die kooroptrede van sy liedjie te ervaar. Hy het ook na afloop van die saal met die seniorkoor gesels, hulle geloof vir die puik optrede en ook ‘n pragtige boodskap vir hulle gebring. Baie geluk en baie dankie aan ons seniorkoor wat ons so trots maak.

Op Woensdag, 1 Junie, het juffrouens Charlene en Mardry van die Engelse Huistaal departement my genooi om te kom luister na die Gr. 6’e se voordrag van gedigte uit die “Cats Musical”. Dit is nie sommer jou gewone Engelse gedigte nie, maar moeilike en komplekse gedigte wat geskryf is deur die bekende Engelse digter T.S. Elliot. Dit was ‘n ongelooflike ervaring en ek wens ek kon die hele skoolgemeenskap uitnooi om saam met my die ervaring in die saal te deel. Ek klink dalk soos ‘n platespeler wat vasgehak het, maar ons leerders is uiters talentvol in soveel opsigte en met die ondersteuning van passievolle opvoeders kan ons leerders nie anders as om hul volle potensiaal te bereik nie.

Saterdagaand, 4 Junie 2022, geskied ons skool se veiling by Mount Nelson Hotel nadat die pandemie dit vir 2 jaar onderskep het. Dit gaan my eerste ‘veiling-ervaring’ by die skool wees en ek en my vrou kan nie wag vir die spesiale geleentheid nie. Graag wil ek vir Coreen Scholtz, Esna Boshoff en hul span hartlik bedank wat hard agter die skerms gewerk het om die veiling moontlik te maak. Baie dankie aan al ons borge, donateurs en ouers vir al die ruim skenkings en donasies. Die fondse wat tydens die geleentheid geïn word, sal terug geploeg word in die opgradering van die skool se vierkant.

Dankbaarheid is nog steeds deel van my tema en daarmee sluit ek dan af met die volgende bekende aanhaling: “Omsoom jou seëninge met soveel dankbaarheid dat dit nie uitrafel nie”.

Geniet ‘n wonderlike naweek en sterkte aan al ons leerders en ouers vir die eksamentydperk.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die Jan van Riebeeck Gholfdag wat op Vrydag, 4 November, by die Royal Cape Gholfkub plaasvind, is byna vol bespreek. Daar is enkele plekke beskikbaar. Vir besprekings kontak vir Alet by 083 703 4433.

/ Algemeen, Nuus

Ons is opsoek na ‘n kleinerige, baie netjiese tweedehandse tweesitplek rusbank wat ons in die opvoedkundige sielkundige se kantoor kan gebruik.
Indien jy beplan om huis mooi te maak, kontak gerus vir Marinda Brink: marinda@jvrprim.co.za

/ Algemeen, Nuus
  • Skool begin: 07:45
  • Assessering gr. 1-3: 08:00 – einde van skooldag afhangend van sport vir die dag.
  • Geen klasruilings sal plaasvind nie.  Musiekonderrig sal na afloop van die skryfsessies plaasvind.
  • Eksamen skryfsessie vir gr. 4-7: 07:50 – 10:10
  • Sport is reeds ingedeel sodat daar 3 oefensessies vir elke sportsoort (hokkie/netbal/rugby) in hierdie tydperk om 11:45 – 12:45 sal plaasvind.
  • Leerders kan op oefendae met sportdrag skool bywoon.
  • Skool eindig: gr. 1-3 om 13:00 en gr. 4-7 om 13:15
  • Nasorg sal soos normaal voortgaan.
  • Bus vertrek om 13:20
/ Algemeen, Nuus

Woensdag, 1 Junie 

Graad 7’s verdaag vroeër: 13:15
Die res van die skool volg die tye van ‘n normale skooldag.

Donderdag, 2 Junie (eksamen begin vir graad 7)

Graad 7’s verdaag vroeër: 13:15
Die res van die skool volg die tye van ‘n normale skooldag.

Vrydag, 3 Junie – Woensdag, 15 Junie (eksamen vir graad 4 – 7 van 6 – 15 Junie)

Graad 1 – 3 verdaag om 13:00
Graad 4 – 7 verdaag om 13:15

*Bus vertrek om 13:20

*Skoolsport sal vanaf 11:45-12:45 plaasvind.  ‘n Spesiale rooster is saamgestel.

*Nasorg gaan voort.

/ Algemeen, Nuus

In die vorige week se nuusbrief het ek na onder andere dankbaarheid verwys wat ons so dikwels miskyk, maar met my arrivering vroeg op ‘n bitterkoue Saterdagoggend, 21 Mei 2022, te Laerskool F.D. Conradie in die pragtige dorpie Prince Alfred Hamlet, het die gevoel van dankbaarheid my onmiddellik onarm.

Die idilliese landskap en die driehoekige wintersportdag by F.D. Conradie was presies wat ons as stadsjapies nodig gehad het. Hulle vriendelike ontvangs en gasvryheid van die platteland is kosbaar. Die koue oggend met wit gerypte sportvelde het soos die spreekwoordelike lelike eendjie in ‘n pragtige swaan van ‘n sonskyndag verander. Graag wil ek Mnr. Labuschagne, die skoolhoof van F.D. Conradie, sy personeel en ouers hartlik bedank vir die puik georganiseerde dag met smullekker eet- en drinkgoed wat vanaf vroegoggend beskikbaar was om die koue te verdryf. Ek het natuurlik heeltemal geswig onder die vars tuisgebakte plaasbrood met die heerlikste tuisgemaakte konfyte uit die kontrei. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat in groot getalle die spesiale dag ondersteun het. Die samenhorigheidsgevoel onder ons ouersgemeenskap is merkwaardig. Selfs ouers wie se kinders nie eers op die dag deelgeneem het nie, het spesiaal deurgery om die Jannies te ondersteun. Baie geluk aan ons spanne wat die dag so puik gevaar het. Die plattelandse skole het weer eens getoon dat hulle hoogs kompeterend is en nooit onderskat moet word nie. Ek glo ons Jannies het ook in die proses nuwe maats gemaak en ons ouers nuwe vriende.

Ek wil nie net in my nuusbrief oor sport praat nie, maar na afloop van die week se rugby, – hokkie- en netbalwedstryde, kan ek nie anders as om uit te lig hoe die standaard van sport die afgelope kwartaal ongelooflik verbeter het nie. Die beginsel is eenvoudig, want hoe meer jy as ‘n span wedstryde kan speel, hoe meer leer jy as ‘n span wat uiteindelik die span se prestasies sal verbeter. Saterdag se o/13A-netbalwedstryd teen F.D. Conradie was een van die hoogtepunte op die dag. Hierdie naelkou-wedstryd het ons o/13A-netbalspan se geduld, vermoë om druk te verwerk en spanwerk tot die uiterste beproef. Beide spanne het verdien om te wen, maar weens die feit dat ons span die afgelope tyd baie wedstryde gespeel het, kon ons die druk net eenvoudig beter hanteer en met die louere van 11 – 9 wegstap. Baie geluk, Juf. Ischké en span, met jul puik spelvlak en kameraadskap.

Woensdagmiddag se o/13A-rugbywedstryd teen Goodwoord Park sal ek vir ‘n baie lang tyd onthou, nie oor die uitslag of die groot getalle van ouers wat die middag kom ondersteun het nie, maar weens die feit dat ons teen ‘n heelwat fisies groter span ons man kon staan. Dit was amper die spreekwoordelike Dawid teen Goliat, maar mnr. André se span het karakter getoon en nie ‘n enkele tree terug gestaan nie. Harde duikslae is uitgevoer en ‘liggame is op die spel geplaas’ ter wille van die span om die wedstryd 17-0 te wen, was een van die beste rugbywedstryde wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Baie geluk, seuns! Ek is baie trots op die wyse hoe julle gespeel en julle self op die veld gehandhaaf het.

Graag wil ek ds Marietjie Steyn van die Groote Kerk hartlik bedank vir die wonderlike Hemelvaartdiens wat sy op Donderdagoggend, 26 Mei, vanaf 07:15 – 07:45 tydens die Jannies vir Jesus-sessie gehou het. Baie dankie aan ons ouers wat ook die spesiale diens in die saal bygewoon het.

Laat my ook toe om Mia Smith (Gr. 6) hartlik geluk te wens met haar opname in die Tygerberg Kinderkoor. Haar inlywing het op Saterdag, 21 Mei, geskied en ons is saam met haar ouers baie trots op die besondere prestasie.

Ek sluit dan af met die volgende bekende aanhaling rakende dankbaarheid: “As jy geluk wil vind, vind eers Dankbaarheid”.

Geniet ‘n wonderlike naweek en sterkte aan ons o/11- en o/13-rugbyspanne en hul afrigters wat môre tuis vanaf 09:00 teen Laerskool Porterville speel. Baie dankie ook aan Juf. Suzaan wat ons Dapper Stappers oor die naweek op die Boesmanskloof-staproete tussen Greyton en McGregor vergesel.

Naas Beets
SKOOLHOOF

Belangrike Datums

februarie 2026

21feb00:0023:59Krieket: o.7-o.9 (Van Riebeeck Strand)

21feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek

23feb00:0023:59Beheerraad-vergadering

24feb00:0023:59Atletiek: Panorama (o.7 - o.9)

24feb08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

25feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

26feb00:0023:59Mini krieket: Parklands (TUIS)

27feb(feb 27)00:0026(feb 26)23:59Adri Marais (Admin) verjaar

27feb00:0023:59Swem: Junior Kleure swemgala

27feb00:0023:59Somersport eindig

27feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

Wys Meer

maart 2026

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

02mrt00:0023:59Wintersport Begin

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

05mrt00:0023:59Mini krieket: Rallim (TUIS)

06mrt00:0023:59Skool verdaag vroeër (Voorlopig)

06mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59TOETS

06mrt00:0023:59Skaak: Panorama

09mrt00:0023:59Leerderraadontbyt by HS JvR

10mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Mini krieket: Riverside (TBC)

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt(mrt 14)00:0015(mrt 15)23:59Dapper Stappers: Oornagstap (Langebaan)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

18mrt(mrt 18)00:0019(mrt 19)23:59Boekverkope

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt00:0023:59Gholfdag

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Ls Vredenburg (WEG)

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Netbal & Rugby: Ls Vredenburg (TUIS)

21mrt00:0023:59Netbal: Ls Hermanus (MNB)

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer