Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Klerebank, Nuus

Beste Ouer/Voog

Ons bly deeglik bewus van wat ons skool so uniek en uitnemend maak, die ou storie!

  • ‘n Ontspanne en gelukkige omgewing
  • Klein klasse en uitstekende akademiese onderrig
  • En ‘n Wees Jouself manier van doen en wees

Ter selfde tyd het ons ‘n verskerpte fokus op vernuwing ten einde ons skool op alle fronte aan te hou uitbou as dié Kaapse laerskool. So is ons leuse onlangs verander na Wees Jouself (u is weg!), wesenlike infrastruktuurontwikkeling is onderweg en die buitemuurse aanbieding en -prestasievlakke geniet groot aandag.

As deel hiervan het die beheerraad vele gesprekke gehad oor die moderniseer van ons skooldrag. Ons het met kundiges ontmoet, plaaslike en internasionale tendense ondersoek en ‘n balans tussen tradisie, wees jouself, netheid, bekostigbaarheid, omgewingsvriendelikheid en minder verlore goedere gevind. Daar word ook ‘n onderskeid tussen die grondslagfase (informeel) en die intersenfase (effe meer formeel) getref.

Ons glo ons kinders en ouers gaan vele voordele ervaar en mag selfs soggens ‘n paar minute later kan slaap.

Ons sal voor die einde van die kwartaal die nuwe kleredrag raamwerk publiseer en in die 4de kwartaal ‘n modeparade reël waartydens ons ouers die nuwe kleredrag in lewende lywe kan sien. Wees gerus dat 2023 ‘n oorgangsjaar sal wees, dus sal die nuwe kleredrag eers verpligtend vanaf 2024 wees.

Met opwindende en vriendelike groete,

Naas Beets en Marinda Brink

/ Algemeen, Nuus

Alhoewel ek in my vorige nuusbrief genoem het dat die buitemuurse wintersport op 9 September 2022 tot ‘n einde kom, het ons op Saterdag, 10 September, ons eie suksesvolle Rugby Sewestoernooi aangebied. Ter selfde tyd het ons o.12A en o.13A-Netbalspanne spreekwoordelik koning gekraai tydens die “Cape Town League Finals” in Kuilsrivier. Hartlike dank aan BSC wat ons o.11- en o.13-Rugby Sewestoernooi op Saterdag, 10 September, by die Conradieveld geborg het. Alhoewel die Cape Town 7’s ook in ons pragtige Moederstad oor die naweek plaasgevind het, het ouers van die volgende deelnemende skole in hul hordes by die Conradieveld opgedaag om die dag te ondersteun:

  • Laerskool Bastion
  • Laerskool Kampsbaai
  • Laerskool Milnerton
  • Laerskool Parkslands
  • Curro Durbanville
  • Laerskool Jan van Riebeeck

Selfs die weer het vir ‘n slag saam gespeel om die dag verder te komplimenteer. Opvallend was die sportmangees wat deur al die spanne aan die dag gelê is. Geen algehele wenners is op die dag aangewys nie, want die hooffokus van die dag was om ‘n baie lang winterseisoen op ‘n baie gepaste wyse af te sluit, en dit is presies wat Razelle en haar span met die puik dag reggekry het. Ek is so trots op die standaard van ons toernooi-aanbieding, aangesien uitnemendheid altyd ons fokus is.

Dan is dit my voorreg om die merkwaardige prestasie van ons o.12A- en o.13A-netbalspanne met die skoolgemeenskap te deel. Op Saterdag, 10 September, was daar sake in die verskillende ligas uitgespook om te bepaal watter span as die wenner van die onderskeie ligas aangewys word. Groot opwinding heers nog steeds met beide ons o.12A- en o.13A-netbalspanne wat goud verower het deur hul onderskeie liga-finales te wen. Hierdie merkwaardige prestasies kan slegs behaal word deur harde werk en toewyding van beide afrigters en spelers. Laat my assbelief toe om die afrigters van beide spanne, naamlik Ischké Felix hartlik geluk te wens met die puik pretasies. Baie geluk ook aan haar onderskeie o.12A (juf. Shahnee & juf. Heidre) en o.13A-ondersteuningspanne (juf. Shahneé en juf. Sharon) vir hul leeue aandeel in die sukses van beide spanne. Baie dankie aan al die betrokke ouers wat nie net getrou elke wedstryd en/of toernooi ondersteun het nie, maar ook dikwels gehelp het met die vervoer na wedstryde en toernooie. Hierdie is weereens ‘n bewys dat sport in die algemeen by Laerskool Jan van Riebeeck op die regte pad is en dat daar selfs meer geleenthede vir ons Jannies in 2023 beplan word. Ons beoog ook om die 2023 sportkalender so spoedig moontlik met julle te deel sodat julle lank voor die tyd ook jul beplanning kan doen en in die proses verseker dat ons Jannies vir al die opwindende sportdae en toernooie beskikbaar sal wees.

Gee my ‘n G, gee my ‘n E, gee my nog ‘n E en gee my ‘n S … hierdie kreet is vir seker iets wat die Jannies hierdie week ten volle uitgeleef het. GEES hardloop in die Jan van Riebeeckers se are! Dankie aan die leerderraad wat elke dag van hierdie week so besonders vir elke leerder en onderwyser gemaak het. Die gange het omtrent gegons met entoesiasme … opgewonde stemme is dit wat ons koester! Leerders en personeel kon dan aantrek volgens die onderstaande temas:

  • Maandag, 12 September: “Funky Socks”
  • Dinsdag, 13 September: Alternatiewe Tasse
  • Woensdag, 14 September: Gunsteling Filmkarakter
  • Donderdag, 15 September: “Funky” Haredag
  • Vrydag, 16 September: Pajamadag

Ons Jannies en onderwysers het beslis die ekstra myl geloop om behoorlik gees te vang en veral op Woensdag, 14 September, het daar baie bekende en gewilde filmkarakters by ons skool ‘opgedaag’ wat aan almal baie vermaak verskaf het.

Ek sluit dan af met die volgende aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Speak with honesty
Think with sincerity
Act with integrity.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons beplan ‘n spesiale oggend waartydens ons hulde aan al die oumas en oupas van Laerskool Jan van Riebeeck-leerders bring. Hou solank Vrydag, 14 Oktober 2022, in jou dagboek oop. Kaartjies is vanaf volgende week op Karri teen R150 per persoon beskikbaar.

/ Algemeen, Nuus

Opedag: 11 November
Die graad 1’s van 2023 besoek die laerskool. 

Piekniek: 11 November
Die graad 1’s en hul ouers/voogde van 2023 hou piekniek (18:00 – 20:00) op die Laerskool se sportveld.  Gebruik Nuwe Kerkstraat se ingang. 

/ Algemeen, Nuus

Vrouemaand het op 31 Augustus ongelukkig tot ‘n einde gekom, maar laat ons nooit vergeet die belangrike rol wat vrouens elke dag in die samelewing speel nie. Stadig maar seker raak die dae langer en die nagte korter, want gister moes ons streng gesproke Lentedag gevier het. Kapenaars weet dat Lentedag eerder nader aan 24 September in Kaapstad aanbreek, want Moeder Natuur het gewoonlik ander idees vir Kaapstad en omgewing wanneer dit by seisoensverandering kom. Die wete dat warmer en lekker sonskynweer om die draai lê, lig sommer ons gemoed al is dit koud en renerig die afgelope tyd.

Ek glo julle het almal die skielike grondverskuiwingsprojek agter die skool waargeneem met heelwat swaarvoertuie en masjienerie wat die afgelope tyd grond in en uit gery het. In ‘n baie kort tydjie is die onooglike heining langs die sportveldjie verwyder en al 12 geelhoutbome is suksesvol hervestig. Dit is ongelooflik die spasie wat onmiddellik geskep is. Ek is baie dankbaar aan ‘n spesifieke ouer (weldoener) wat vir ons help om die agterste klein sportveldjie te vergroot en te ontwikkel en dit op sy eie kostes. Hoe bevoorreg is ons nie dat hy nie net die projek befonds nie, maar ook aktief by die hele projek daagliks betrokke is. Die doel van die vergroting van die agterste sportveldjie is drieledig:

  1. Na voltooiing hoef ons nie meer die grondslagfase leerders vir sportoefeninge na die Conradieveld te vervoer nie. Dus is daar meer tyd om hulle direk na skool meer effektief af te rig, want soos julle weet, gaan daar heelwat tyd verlore met die op-en-af vervoer van leerders tussen die skool en die Conradieveld.
  2. Dit sal ons in staat stel om mini-hokkie en -rugbywedstryde op die nuwe veld te speel. Al die juniorspanne kan gelyktydig by die skool akkommodeer word indien ons sportdae aanbied.
  3. Ons vergroot ook in die proses die speelarea vir pouses.

Verlede Donderdagaand het ek saam met juf. Rentia (kunsjuffrou) die prysuitdeling van die MathArt kompetisie (Gr. 7 – 12) wat nasionaal deur Universiteit van Nelson Mandela jaarliks aangebied word, bygewoon. Die prestige aand is in die ArtsCape in samewerking met die WKOD gehou. Daar is 20 medaljes in die hele Wes-Kaap toegeken waarvan ons skool 8 (x1 goud, 4 silwer en x3 brons) daarvan ontvang het. Dit is ‘n merkwaardige prestasie en weereens ‘n trotse oomblik vir ons skool aangesien ons die aand ook ‘n spesiale toekenning vir die skool met die meeste medaljes tydens die kompetisie verwerf het.

Die volgende graad 7-leerders het silwer en goue medaljes vir hul kunswerke tydens die gala-aand ontvang:

  • Lara Basson (silwer) met kunswerk “Thoughts of language in Maths and blue”
  • Cara Swanepoel (silwer) met kunswerk “Relativity, Time, Space and Multiverses”
  • Luja Marx (silwer) met kunswerk “Circle of Life”
  • Liza Hitge (silwer) met kunswerk “Genetics by the numbers”
  • Mïlla Joubert (goud) met kunswerk “Communicate in the language of science”

Die volgende graad 7-leerders het brons medaljes ontvang wat ons tydens die saalperiode uitgedeel het:

  • Kate Mouton
  • Helene Greeff
  • Nell von Lieres
  • Adele Holtzhausen

Ek wil nie personeel graag uitsonder wat verjaar nie, maar ek dink ek sal my plig versuim indien ek nie noem dat Philip op Woensdag, 31 Augustus 2022, ‘n volle veertig jaar jonk geraak het nie. Die rede waarom ek Philip se verjaardag spesiaal in my nuusbrief noem, is omdat Philip vir ons skool so ‘n groot aanwins is en hy te alle tye as ‘n ware ambassadeur optree. Sy vriendelike geaardheid en bereidwilligheid om te help, is merkwaardig. Philip stel vir ons almal ‘n voorbeeld van bedagsaamheid en werklike omgee. Ons wens vir Philip ‘n baie geseënde nuwe lewensjaar toe. Mnr. Warren se graad 5-klas het ‘n baie spesiale kaartjie vir Philip gemaak om hom geluk te wens, maar ook hul waardering vir al sy omgee te wys.

Ek sluit dan weer af met die bekende woorde van Madiba wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“As I have said, the first thing is to be honest with yourself. You can never
have an impact on society if you have not changed yourself …
Great peacemakers are all people of integrity, of honesty, but humility.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Dit is so lekker om te reflekteer oor die afgelope Interskole sportnaweek tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Ek glo dat julle soos die personeel ook saam met jul kinders die heerlike interskole en interaksie met die Moorreesburgers terdeë geniet het.

Ons het die interskole met ‘n baie suksesvolle “Groot Brag” op Vrydagoggend in die saal afgeskop om sommer lekker gees te vang en terselfde tyd die wonderlike voorreg om aan sport deel te neem behoorlik te vier. Dit was natuurlik my eerste interskole by Laerskool Jan van Riebeeck en ek sal as trotse skoolhoof my plig versuim indien ek nie al ons Jannies, ouers, onderwysers en afrigters komplimenteer met hul beleefde optrede en onberispelike gedrag op en langs die sportvelde. Ons spelers het te alle tye goeie sportsmanskap aan die dag gelê. Ons wenspanne het grasieus uit die stryd getree en wanneer ons verloor het, het ons dit met waardigheid gedoen deur die beter span/ne op die dag se blad te skud en geluk te wens.

Die vraag is: speel ons om te wen? Die antwoord is ‘n duidelike JA, maar nie ten alle koste nie. Ons weet dat sport en om aktief te wees kinders help om bene en spiere te versterk, maar ons moet nie vergeet dat sport en veral spansporte onwetend ons leerders die wonderlikste lewenslesse en waardes leer nie. Dit moet, wat my betref, eintlik die fokuspunt rakende skoolsport wees dat ons leerders eerder leer van veerkragtigheid, spanwerk, geduld, verantwoordelikheid, dissipline, teleurstelling, respek, deursettiingsvermoë, leierskap, beheer van emosies, kameraadskap, ens. Die lys is eindeloos. Dus doen ek ‘n beroep op ouers/voogde wie se kinders nie tans skoolsport beoefen nie, om dit ernstig te oorweeg om by ‘n skoolsport aan te sluit.


Vrydagaand (19 Augustus) was natuurlik weer soos van ouds die jaarlikse “Quiz-aand”. Baie dankie aan Karien Zulch en haar span wat die gewilde en kompeterende aand met groot sukses gereël het. Die algemene kennis en kompeterende dinamika van ons ouers was merkwaardig, maar ek dink op die einde van die aand het die heerlike samesyn die finale sê gehad. Baie geluk aan Kees Snjiders en sy span (Marelise Snijders, Susan en De Wet van Rooyen, Elmarie en Jaco Erasmus, Marie en Christiaan Stimie) wat met die louere weggeloop het en as algehele wenners aangewys is.

Dit is dan my voorreg om vir Katia van Wyk en Karlien van der Walt hartlik geluk te wens met hul onderskeidelike derde en vyfde plekke na afloop van die Wes-Kaap se “Spelling BEE” kompetisie. Dit is ‘n baie groot prestasie aangesien die gewilde en moeilike spelkompetisie ‘n vlagskipgeleentheid vir die WKOD is. Ons is baie trots op jul puik prestasie.


Op Donderdag, 25 Augustus, het ons weer Laerskool Ellerton se markdag by ons skool aangebied. Daar was 8 pragtige stalletjies wat deur ons opgewonde Jannies baie goed ondersteun is. Dit was ‘n groot voorreg om hulle leerders, onderwysers en skoolhoof by ons te ontvang. Ons gaan poog om meer gereeld na behoeftige skoolgemeenskappe uit te reik en ‘n verskil in daardie leerders se lewens te maak. Baie dankie aan Stephanie le Roux wat nog steeds behulpsaam is met die uitreikprojekte. Ek glo ook deur ons leerders bloot te stel deur interaksie met leerders en gemeenskappe wat minder bevoorreg is, hul ook ‘n baie beter perspektief sal gee rakende die sosio-ekonomiese ongelykhede in ons land sodat ons jeug reeds op ‘n baie vroeë ouderdom kreatief na toekomstige oplossings kan kyk.

Ek sluit dan weer af met die onderstaande stelling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Sonder respek is liefde verlore …
Sonder omgee is liefde vervelig …
Sonder eerlikheid is liefde ongelukkig …
Sonder vertroue gaan liefde nie hou nie.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons maak die naweek weer soos van ouds gereed vir nog ‘n heerlike sportnaweek, maar hierdie keer is dit tuis. Die onlangse sportnaweek in Roberston was net ‘n lekker voorsmakie van gesonde kompeterende wedstryde, heerlike samesyn en sportmanskap.

Hierdie naweek is dit die tradisionele interskole tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Ons doen dit in samewerking met Hoërskool Jan van Riebeeck wat al hul fasiliteite aangebied het om die jaarlikse ‘derby’ aan te bied. Daar gaan stalletjies wees om heerlike lekkernye te koop. Ondersteun hulle gerus. Programme is reeds vroeg die week aan alle betrokke partye versprei. By voorbaat dankie dat julle dit saam met jul kinders sal bywoon en ondersteun. Ons moenie vergeet dat die Covid-pandemie ons vir ‘n baie lang tydperk verhoed het om heerlike sportdae en -naweke aan te bied nie.

Vanoggend het ons vir die eerste keer weer ‘n tipe ‘’Groot Brag’’ in die saal gehou om so ‘n bietjie gees te vang en saam as ‘n skool sportdeelname te vier. Ons skool se eerste spanne (o/13A’s) is deur hul onderskeie kapteine in die saal bekendgestel en ek het die wonderlike voorreg gehad om hul eerste span klere te oorhandig. Die opwinding is groot en aansteeklik. Hierdie spesiale geleenthede is juis dit wat kinders van hul laerskooldae omhels en onthou.

Ek wens al ons sportspanne die beste toe en by voorbaat dankie dat julle beleefd teenoor ons opponente gaan optree, hulle baie welkom laat voel en sportmanskap na die volgende vlak sal neem.

Graag deel ek ook met julle dat dat ons skool op Woensdag, 17 Augustus, ‘n ‘’Building Blocks’’ verifikasiebesoek deur die onderwysdepartement ontvang het. In gewone taal is dit ‘n oudit-besoek waartydens ons kurrikulumbestuur, -praktyke, -beplanning en akademiese, – uitslae en -analises geëvalueer word. Dit is dan my trotse voorreg om met julle te deel dat ons dit met vlieënde vaandels geslaag het. Laat my toe om al die opvoeders, vakhoofde, graadhoofde, departementshoofde, die Exco, die Beheerraad en Marinda (Adjunkhoof) te bedank vir al die harde werk en toewyding om seker te maak ons kernbesigheid, naamlik, die akademie, ‘n puik standaard handhaaf tot voordeel van al ons Jannies.

‘n Verdere bewys dat ons skool op akademiese gebied puik presteer, is die feit dat Katia van Wyk, Karlien van der Walt en Liza Hertzog gekeur is om op Saterdag, 20 Augustus 2022, aan die Wes-Kaap se ‘’Spelling BEE’’ deel te neem. Dit is ‘n baie groot prestasie aangesien hulle 1080 woorde, sowel as die definisies, moes leer. Hulle het dus baie ure spandeer om deur al die werk te kom. Die gewilde spelkompetisie wat ‘n vlagskipgeleentheid vir die WKOD is, vind te Rosebank Junior School plaas waar heelwat leerders kompeteer. Liza moes ongelukkig onttrek as gevolg van die interskole en ons beste wense vergesel Katia en Karlien.

Ek wil verder graag met ons dinamiese leerders spog. Ons Gr.7-leerders het vroeër vanjaar aan die Nelson Mandela se jaarlikse MathArt-kompetisie deelgeneem en baie goed presteer. Lees gerus meer hieroor onder die terugvoer-afdeling van die nuusbrief.

Ek sluit dan af met die onderstaande stelling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike sportnaweek toe. Ek sien uit om jou langs die sportvelde te sien.

“No legacy is as rich as honesty.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Vrydag, 2 September 2022, is Loslitdag!

Tema: I celebrate SA
Trek aan in trots Suid-Afrikaanse styl

Betaal R20 vir ‘n loslitdagplakker om Vrydag, 2 September, sivvies volgens die aan te trek ! Plakkers is vanaf Maandag, 22 Augustus, op die Karri-toep beskikbaar.

Fondse word ten bate van Paarl ontwikkelingskool ingesamel.

/ Algemeen, Nuus

Weens Dirkie Uys Sportdag en spesifiek die hokkieprogram wat reeds vanaf 14:00 begin, sal die skool eerskomende Vrydagmiddag vroeër verdaag.  Die skoolprogram word daarvolgens aangepas.

Graad 1 – 3 verdaag 12:45

Graad 4 – 7 verdaag 13:00

Die Bloubergbus vertrek 13:05

/ Algemeen, Nuus

Trek lekker BOLD, BRIGHT EN BEAUTIFUL aan en kom geniet ‘n heerlike ontbyt in goeie geselskap op Saterdagoggend, 3 Sept., om 9:30 te Welgemeendsaal, HS JvR.

Neem asb. kennis dat daar slegs 60 kaartjies beskikbaar is. Kaartjies is vanaf vandag op Karri teen R200 per persoon beskikbaar. Spring as jy die geleentheid wil bywoon!

Belangrike Datums

februarie 2026

21feb00:0023:59Krieket: o.7-o.9 (Van Riebeeck Strand)

21feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek

23feb00:0023:59Beheerraad-vergadering

24feb00:0023:59Atletiek: Panorama (o.7 - o.9)

24feb08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

25feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

26feb00:0023:59Mini krieket: Parklands (TUIS)

27feb(feb 27)00:0026(feb 26)23:59Adri Marais (Admin) verjaar

27feb00:0023:59Swem: Junior Kleure swemgala

27feb00:0023:59Somersport eindig

27feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

Wys Meer

maart 2026

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

02mrt00:0023:59Wintersport Begin

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

05mrt00:0023:59Mini krieket: Rallim (TUIS)

06mrt00:0023:59Skool verdaag vroeër (Voorlopig)

06mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59TOETS

06mrt00:0023:59Skaak: Panorama

09mrt00:0023:59Leerderraadontbyt by HS JvR

10mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Mini krieket: Riverside (TBC)

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt(mrt 14)00:0015(mrt 15)23:59Dapper Stappers: Oornagstap (Langebaan)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

18mrt(mrt 18)00:0019(mrt 19)23:59Boekverkope

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt00:0023:59Gholfdag

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Ls Vredenburg (WEG)

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Netbal & Rugby: Ls Vredenburg (TUIS)

21mrt00:0023:59Netbal: Ls Hermanus (MNB)

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer