Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Die kwartaal se Jannies vir Jesus begin weer volgende Donderdagoggend, 19 Oktober, om o7:15 in die saal. Almal is welkom!

/ Algemeen, Nuus

Ons vier Vrydag Tuindag!

  • Leerders mag Vrydag sivvies dra.
  • Graad 1 – 7-leerders kan Vrydag blommekransies dra wat hulle tuis maak.
  • Graad 1 – 3-leerders kan vanaf môre, 11 Oktober, vetplantsteggies en blomme uit die tuin uit skool toe bring om kransies vir die klasdeure te maak.
  • Indien ouers ‘n paar ekstra takkies, soos Ivy of enige ander loof, skool toe kan stuur vir leerders wat nie ‘n kransie uit ‘n tuin sal kan maak nie, sal dit waardeer word.
  • Ons het Die Burger genooi om Vrydag foto’s te neem. Indien daar ouers is wat nie graag wil hê hul kind moet in Die Burger verskyn nie, laat weet asb. vir Raché (rache@jvrprim.co.za).
/ Algemeen, Nuus

Na afloop van 11 besige en opwindende weke kom kwartaal 3 vandag tot ‘n einde met die sluit van die skole vir ‘n kort vakansie voordat ons die finale kwartaal van die jaar aanpak. Indien ons vinnig ‘n kort refleksie van die afgelope kwartaal sou doen, staan die volgende vir my uit:

  • Op Vrydag, 21 Julie, het Stephanie le Roux gereël dat 13 van ons behoeftige leerders se oë by Tomlinson Oogkundiges getoets word. Esna van der Walt en Suna Karsten (almal oud-ouers) het die oogtoetse gratis behartig. Ons is so dankbaar dat 9 van die 13 leerders ‘n pragtige bril ontvang het en ons kan alreeds in ‘n kort tydjie die positiewe impak daarvan op hul akademie sien.
  • Heelwat meer sportwedstryde en toernooigeleenthede is vir ons Jannies gedurende kwartale 2 en 3 geskep met 586 wintersportwedstryde (hokkie, netbal & rugby) wat plaasgevind het. Tydens die laaste wintersportnaweek (01 & 02 September) van die seisoen te LS Welgemoed, het 140 dogters netbal gespeel, 99 seuns rugby, 80 dogters hokkie en 80 seuns hokkie gespeel. Puik wintersportuitslae is ook die afgelope kwartaal behaal soos onder andere ons o.13A-spanne (netbal, rugby, dogtershokkie & seunshokkie) wat onderskeidelik hul wedstryde weg tydens die jaarlikse interskole teen LS Dirkie Uys te Moorreesburg gewen het. Baie geluk aan Frank van der Walt wat in die WP o.12A-rugbygroep opgeneem is. Baie geluk ook aan juf. Lucia en haar o.11-netbalspan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het. Graag wil ek al ons sportleerders loof vir hul toegewydheid en volgehoue deelname tydens die afgelope winterseisoen. Dan kan ek nie anders nie as om die afrigters hartlik te bedank vir hul opoffering, harde werk en toegewydheid tot voordeel van ons Jannies.
  • Op Vrydag, 25 Augustus, het die jaarlikse en gewilde Ouma- en Oupadag plaasgevind. Oumas en oupas het van heinde en verre gekom om die spesiale dag saam met hul kleinkind(ers) by ons pragtige skool te geniet. Die hoogtepunt van die dag was beslis die insiggewende toespraak deur ons gasspreker, naamlik Elsabé Daneel. Elsabé is nie net ‘n formidabele vrou en aktrise nie, maar ook ‘n oud-leerder en nou ‘n ouma by ons skool.
  • Tydens week 7 van die kwartaal het ons ‘n spesiale akademiese week gevier met die fokus op die KUNS om ‘n Jannie te wees! Die doel van die akademiese week was juis om ons leerders blootstelling aan leer op ‘n kreatiewe vlak te gee. Leer hoef nie noodwendig in die tradisionele sin van die woord byvoorbeeld slegs in die klaskamer plaas te vind nie. Daarom het die leerders aan nuwe, interaktiewe aktiwiteite deelgeneem om hulle juis te inspireer om buite die spreekwoordelike boksie te dink.
  • Op Woensdagaand, 30 Augustus, het die jaarlikse en gewilde Jannies Talent-aand plaasgevind. Weereens laat ons talentvolle Jannies ‘n mens stomgeslaan staan met hul unieke talente en selfvertroue. Weereens wil ek elke deelnemer hartlik gelukwens met hul puik individuele optrede.
  • Op Saterdag, 09 September, het 19 van ons leerders aan die jaarlikse WOW-Spelkompetisie se provinsiale rondte te Stellenbosch deelgeneem en soos oudergewoonte stof in die ander skole se oë geskop. Baie geluk aan die volgende vyf leerders wat vir die Nasionale Kompetisie op 07 Oktober gekwalifiseer het:
    • Graad 1: Wrensch Silvis (2de)
    • Graad 4: Ghia Perreira (3de)
    • Graad 5: Katryn Silvis (1ste) en Amelie van der Walt (2de)
    • Graad 6: Isabella Marais (4de).
  • Ons gr. 6- en 7-leerders het op akademiese gebied nog verder presteer deur die jaarlikse Melkbos Wiskunde Olimpiade vir die sewende agtereenvolgende jaar op Donderdag, 21 September, te wen. Dit is voorwaar ‘n merkwaardige prestasie. Baie dankie mnr. Leon en juf. Andri vir hul leeue aandeel in die verband.
  • Op kultuurgebied het ons leerders puik tydens die jaarlikse Eisteddfod en UNISA- klaviereksamens gevaar. Beide ons senior- en junior kore het ‘n puik optrede saam met Jak de Priester in die ikoniese Groote Kerk op 01 Augustus gehad. Ons skool se toneel- en dramagroep onder leiding van juf. Jana het die naweek van 15 – 17 September aan die Silwervaringfees te Laerskool Bastion deelgeneem. Hulle het puik gevaar en ons leerders het met die louere weggestap. Ons skool het ook die prys vir die beste teks gewen. Baie geluk, julle maak ons ongelooflik trots. Die volgende drie leerders het ook presteer met hul optrede in die kinderkoor vir die produksie Tosca by die Kunstekaap Opera Huis vanaf 12 –17 September:
    • Karu Rademeyer
    • Abigail Fourie
    • Jacob Venter
  • Die viering van Groen Vrydag om die Proteas tydens die Netbal Wêreldbeker te ondersteun asook al die “#Bok-Fridays” vanaf 08 September om die Springbokke se soeke na glorie om as 2023 wêreldbeker-kampioene bekroon te word, te ondersteun.
  • Ons moes ongelukkig die week afskeid neem van oom Steyn wat die einde van die kwartaal aftree. Oom Steyn was sedert 01 Januarie 1997 in ons diens en kan beskryf word as ‘n legende. Sy spesiale verhouding met leerders en ouers het veral uitgestaan en in die leerders se oë was hy eintlik die skoolhoof. Oom Steyn ons salueer jou vir 27 jaar se lojale busdiens aan die skool en ons wens vir jou ‘n wonderlike aftrede toe waar jy genoeg tyd sal hê om jou gunsteling tydverdryf te kan geniet, naamlik visvang. Ons gaan jou vriendelikheid en bedagsaam baie mis!

Bogenoemde is maar enkele hoogtepunte van die suksesvolle kwartaal. Ek glo dat julle ook saam met ons leerders en personeel na die kort, maar lekker Oktober-vakansie uitsien om net weer die spreekwoordelike batterye te herlaai voor ons die pylvak van die laaste kwartaal aandurf. Laat my asseblief toe om ons toegewyde personeel hartlik te bedank vir hul harde werk en toegewydheid, maar veral vir hul omgee-harte om seker te maak ons Jannies kry geleenthede om hul potensiaal te bereik. Graag wil ek my Bestuurspan (Exco) asook ons dinamiese Beheerraad hartlik bedank vir hulle insette en leeue aandeel om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck as een van die topskole in die land onderskei kan word. Mag ons die spesiale etos en kultuur om net jouself te wees by ons trotse skool nog tot in lengte van dae koester.

Laat my ook toe om Juf Suzaan en Gerrit geluk te wens met hul huweliksbevestiging wat môre gaan plaasvind. Ons wens vir hullle ‘n geseënde huwelik en ‘n blink toekoms saam.

Graag sluit ek af met ‘n dankbare hart teenoor ons ouers/voogde wat ons weereens die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Ek waardeer jul betrokkenheid en omgee by die skool asook in jul kinders se lewens. Betrokke ouers/voogde verseker suksesvolle skole wat altyd van krag-tot-krag sal gaan. Ek wens vir julle ‘n wonderlike vakansie toe. Veilig reis en ek sien uit om julle almal op 10 Oktober weer terug by die skool te ontvang.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers / voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 06 November 2023, om 18:00 in die Biblioteek sal plaasvind.

Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 23 Oktober 2023, tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees. lndien jy belangstel om die 2024 begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat. Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom.

Vind asb. aangeheg die amptelike kennisgewing van die 2024 begrotingsvergadering.

Vriendelike groete,
Naas Beets

KENNISGEWING VAN 2024 BEGROTINGSVERGADERING 06 NOV 2023
/ Algemeen, Nuus
  • Registrasie sluit 23 Februarie.
  • Stuur die bewys van betaling aan Rashard om jou bespreking te bevestig.
  • Gebruik asb. jou naam en Gholfdag as verwysing wanneer jy in die skool se rekening inbetaal.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy ‘n gaatjie of enige pryse wil borg.
  • Daar is slegs 12 4-balle beskikbaar.
  • Die kostes sluit baanfooie en ‘n ete na die tyd in.
  • Gholfkarretjies is bespreek en is vir jul eie rekening.
  • Kontak asb. vir Rashard indien jy enige vrae het: sport@jvrprim.co.za | 067 311 8914

/ Algemeen, Nuus

Vandag is dit weer “#Bok-Friday”. Die Springbokke se soeke na glorie loop beslis volgens plan met hul reuse oorwinning van 76 – 0 teen Roemenië. Die Bokke sit hul wêreldbeker-rugbyveldtog die naweek op Saterdag, 23 September, voort teen Ierland in Parys te Stade de France. Dit gaan ‘n titaniese stryd wees om te bepaal watter span as die wenner van poel B gaan wees. Saam met “#Bok-Friday” vier ons as skool ook Erfenisdag wat op Sondag, 24 September, plaasvind. Dit is dus belangrik dat jy vandag weer “#Bok-Friday” en Erfenisdag ten volle ondersteun deur jou springboktrui, of ‘n springbok t-hemp, net iets groen en goud of iets tradisioneel met trots aantrek om die Bokke en ons pragtige land te ondersteun. Mag die Bokke die naweek die Iere wys dat die Iere dalk die gunstelinge mag wees, maar die Bokke hou nie van verloor nie en nog minder hou hul ondersteuners daarvan!

Ons land spog met ‘n magdom kulture en ‘n mengelmoes van mense. Daarom vier ons jaarliks op 24 September Erfenisdag. Tydens die spesiale openbare vakansiedag vier ons as trotse Suid-Afrikaners ons kultuur en ons erfenis. Kom ons gebruik die dag om as ‘n trotse nasie ons wonderlike land, sy pragtige mense, diere en natuurskoon te waardeer. Erfenisdag is juis in 1996 ingestel om die kultuur en die unieke diversiteit van ons Reënboognasie te vier! Jy kan op die spesiale dag self besluit gebaseer op jou taal, kultuur en herkoms om iets te doen om jou eie erfenis te vier, asook om die geleentheid te gebruik om meer oor ander kulture en hul kosbare erfenis te leer. Omhels gerus die spesiale dag al is dit net met ‘n smaaklike vleisie op die kole.

Kwartaal 3 is besig om einde se kant toe te staan en akademies word dié kwartaal vir grade 4 tot 7 veral met take gekenmerk. As skoolhoof is ek in die gelukkige posisie dat die leerders graag by my kom spog met hul uitmuntende take. Die kwaliteit en detail van die take asook die kreatiwiteit wat daarmee gepaard gaan laat my dikwels sprakeloos. Wel gedaan aan al die leerders en onderwysers met die puik take en projekte wat die afgelope kwartaal afgehandel is.

Vandag eindig die buitemuurse program vir kwartaal 3. Baie geluk aan juf. Shahneé se o.13A-seunshokkiespan wat Vrydagaand, 15 September, die hokkietoernooi te Elkanah House gewen het. Liam Joubert het ‘n spesiale toekenning vir die meeste doele aangeteken, ontvang. Graag wil ons ook vir Jana Maree bedank wat die span as gevolg van beserings en siekte uitgehelp het. Dit was baie braaf en dapper van haar om teen die seunspanne te speel.

Ons skool se toneel- en dramagroep onder leiding van juf. Jana het die naweek van 15 – 17 September aan die Silwervaringfees te Laerskool Bastion deelgeneem. Hulle het puik gevaar en ons leerders het met die louere weggestap. Ons skool het ook die prys vir die beste teks gewen. Baie geluk aan die volgende leerders asook juf. Jana. Julle maak ons baie trots:

Zadie Loubser
Eddie Quixley
Neil Heyns
Dino Burger
Chrystal Conradie
Emma Jonker
Nevieke Bender
Samuel Wolff

Graag sluit ek af met die onderstaande aanhaling deur die ikoniese Madiba rakende erfenis. Ek wens vir julle ‘n wonderlike langnaweek toe. Geniet die meevallertjie en mag die Bokke wen!

“Our rich and varied cultural heritage
has a profound power
to help build our nation’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Neem asb. kennis dat daar hier en daar veranderinge gemaak is nadat dit einde verlede kwartaal in die nuusbrief verskyn het.

/ Algemeen, Nuus, Verlore Goedere

Alle verlore goedere wat nog nie afgehaal is nie, sal op Woensdag, 27 September, vanaf 07:15 – 15:30 in die biblioteek uitgestal word. Kom kyk asseblief indien daar iets is wat jy verloor het!

/ Algemeen, Nuus
  • Dinsdag, 26 September: Skool verdaag normale tye
  • Woensdag, 27 September: Skool verdaag normale tye
  • Donderdag, 28 September: Skool verdaag vroeër
    • 12:45 (Gr. 1 – 3)
    • 13:00 (Gr. 4 – 7)
  • Vrydag, 29 September: Skool sluit
    • 10:30 (Gr. 1 – 3)
    • 10:45 (Gr. 4 – 7)
/ Algemeen, Nuus

Markdag vind Donderdag, 28 September, plaas en dit is die gr. 4 – 6-leerders se beurt om verkope te doen.  Graad 7’s het verlede week hul Markdag gehad.

  • Tafels kan teen R15 per tafel op die Karri-toep bespreek word.
  • Tafelbesprekings sluit Dinsdag, 26 September.
  • Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word nie.
  • Verkope sal vanaf 11:45 tot 12:30 geskied.
/ Algemeen, Nuus

Oom Steyn is ons skool se opregte legende! Vir 26 jare het oom Steyn gesorg dat ieder en elk (Huppelland en Laerskool) aangery is tot waar nodig vir uitstappies, sport, toere, ens. Hy was bankier en regterhand vir soveel van ons wat al jare by die skool betrokke is. Ja, leerders het gereeld na oom Steyn as die skoolhoof verwys as bewys van die respek wat hy by soveel mense afgedwing het. Die man met die sterk handdruk wat so gereeld na ‘n vakansie vir elke klas kom groet het en so mooi vir elke onderwyser gevra het hoe ons vakansie was – soveel liefde en mooi is in oom Steyn se hart. Ons sê finaal vir oom Steyn op Vrydag, 29 September, totsiens waar hy ‘n wel verdiende aftrede sal geniet. Alles wat mooi is vir die nuwe lewensfase wat vir jou voorlê!

/ Algemeen, Nuus

Ons is so bevoorreg om twee JvR-babas hierdie jaar nog by ons laerskool te verwelkom – dié van Maricqe Coetzer en Michelle Compion (albei gr. 3-onderwysers). Ons het gedurende kwartaal 4 dus twee aflosonderwysers in hierdie twee onderwysers se klasse. Ons is dankbaar dat Anéne Loots ingestem het om in Maricqe en Marlize ter Borg in Michelle se klasse af te los. Ons het heelpartye onderhoude gevoer om geskikte onderwysers vir hierdie spesifieke klasse te vind.

Dan is dit ook lekker om te noem dat Laerskool Jan van Riebeeck (ingesluit Huppelland) hul onderwysers die geleentheid bied om by en van mekaar te leer. ‘n Derde juffrou by LS JvR (dié keer by Huppelland – Magdel Fourie, Hasieklas) verwag haar baba in Oktober en ons het besluit dat Madri Greyling (LS JvR se nasorghoof) die geskikte kandidaat sal wees om in Magdel se plek af te los. Madri is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres met hope energie wat die uitdaging met ope arms omhels. Ons is baie dankbaar vir haar entoesiasme. Dit beteken dat Dolinda Mfulo tydelik as nasorghoof sal instaan totdat Magdel in 2024 weer by Huppelland aansluit.

Ons wens die mammas wat op kraamverlof gaan baie sterkte en vreugde toe. Ons vergeet ook glad nie van die onderwysers wat tydelik in hul plekke aflos nie – baie sterkte. Ons sien uit om elkeen beter te leer ken.

/ Algemeen, Nuus

Die Bokke het hul wêreldbeker-rugbyveldtog goed afgeskop deur die Skotte 18 – 3 te klop tydens hul eerste wedstryd op Sondag, 10 September, te Stade De Marseille. Ek is seker daarvan dat dit almal se hoogtepunt van die naweek was. Dit is dus belangrik dat jy vandag weer “#Bok-Friday” ten volle ondersteun deur jou springboktrui, of ‘n springbok t-hemp of net iets groen en goud met trots aantrek om die Bokke te ondersteun in hul soeke na glorie. Mag die Bokke die naweek teen Roemenië vir al die ander spanne wys ‘waar Dawid die wortels gegrawe het’.

Op Vrydag, 04 September, het ek al ons gr. 1’s na HS Jan van Riebeeck vergesel om vir elke matrikulant ‘n spesiale kaartjie vir goeie eksamen-wense in die saal te oorhandig. Dit het ons gedoen net voordat hulle met Wiskunde en Wiskundige geletterdheid begin skryf het. Ons gr. 1’s het die pragtigste boodskappe geskryf wat ‘n kosbare glimlag op elke matrikulant se gesig veroorsaak het en ook sommer in die proses die eksamenstres verlig het. Een van die boodskappe het soos volg gelees: “Ek weet wiskunde is baie, baie moeilik, maar ek weet jy kan!”. Hierdie tipe van uitreik na die HS Jan van Riebeeck gaan ‘n jaarlikse instelling word. Volgens die gr. 1’s was dit die beste uitstappie van hul lewe, want hulle kon die ‘groot’ skool besoek. Ons wens HS Jan van Riebeeck se matrikulante alles van die beste vir jul rekord-eksamen toe asook die nasionale seniorsertifikaat-eksamen aan die einde van die jaar.

Op Saterdag, 09 September, het 19 van ons leerders aan die jaarlikse WOW-spelkompetisie se provinsiale rondte te Stellenbosch deelgeneem en soos oudergewoonte puik gevaar, Baie geluk aan die volgende vyf leerders wat vir die Nasionale kompetisie gekwalifiseer het:

Graad 1: Wrensch Silvis (2de)
Graad 4: Ghia Perreira (3de)
Graad 5: Katryn Silvis (1ste) en Amelie van der Walt (2de)
Graad 6: Isabella Marais (4de)

Ons wens vir hulle alle voorspoed en sterkte vir die nasionale rondte toe. Julle maak ons baie trots en ons hou styf duimvas. Baie dankie Ilse-Marié, Raché en Erick wat ons leerders vergesel het.

Baie geluk en sterkte aan die volgende drie leerders wat in die kinderkoor vir die produksie Tosca by die Kunstekaap Opera Huis vanaf 12 –17 September optree:

Karu Rademeyer
Abigail Fourie
Jacob Venter

Ons is baie trots op julle drie en ons weet dit het baie harde voorbereiding geverg.

Hierdie week het die kwartaallikse boekverkoping vanaf 11 – 12 September in ons biblioteek plaasgevind. Baie dankie aan al die leerders wat dit ondersteun het en geniet julle nuwe leesstof terdeë. Baie dankie Marlize vir al die puik reëlings om die dag moontlik te maak.

Alhoewel die weer net eenvoudig nie wil saam speel nie, want die lente het nog nie sy opwagting in die pragtige Moederstad gemaak nie, het ons die afgelope week alreeds met somersportoefeninge begin. Ons moedig al ons Jannies aan om aan ‘n somersport deel te neem en hope pret te hê.

Graag sluit ek af met die onderstaande aanhaling van Kirsten Armstrong (Olimpiese goue medaljewenner vir fietsry) met die fokus op dankbaarheid en positiewe denke. Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe.

“When we focus on our gratitude,
the tide of disappointment goes out and
the tide of love rushes in!”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Belangrike Datums

maart 2026

17mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt(mrt 19)00:0018(mrt 18)23:59Gholfdag - King David Mowbray

19mrt(mrt 19)00:0018(mrt 18)23:59Boekverkope

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

20mrt00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.13A Seuns & Dogters

21mrt(mrt 21)00:0020(mrt 20)23:59Netbal: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

23mrt10:3011:30Gr.7 Musiekkonsert

23mrt11:3012:30Gr.6 Musiekkonsert

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt(mrt 25)00:0024(mrt 24)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

26mrt(mrt 26)00:0025(mrt 25)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

27mrt(mrt 27)00:0026(mrt 26)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr14:1518:00Skaak: Middagkamp

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer