Oom Steyn is ons skool se opregte legende! Vir 26 jare het oom Steyn gesorg dat ieder en elk (Huppelland en Laerskool) aangery is tot waar nodig vir uitstappies, sport, toere, ens. Hy was bankier en regterhand vir soveel van ons wat al jare by die skool betrokke is. Ja, leerders het gereeld na oom Steyn as die skoolhoof verwys as bewys van die respek wat hy by soveel mense afgedwing het. Die man met die sterk handdruk wat so gereeld na ‘n vakansie vir elke klas kom groet het en so mooi vir elke onderwyser gevra het hoe ons vakansie was – soveel liefde en mooi is in oom Steyn se hart. Ons sê finaal vir oom Steyn op Vrydag, 29 September, totsiens waar hy ‘n wel verdiende aftrede sal geniet. Alles wat mooi is vir die nuwe lewensfase wat vir jou voorlê!