Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus
Ouerpraatjie: Carla de Beer

Carla de Beer kom op Dinsdag, 22 Oktober 2024 by ons kuier om met ouers te gesels oor tieners en die gebruik van sosiale media.
Koop jou kaartjie op Karri! Jy wil dit nie mis loop nie. 

/ Algemeen, Nuus

Respek is een van ons kernwaardes by Laerskool Jan van Riebeeck. Ons fokus op positiewe versterking en poog om die leerders te lei om daagliks hierdie waarde tydens alle skoolaktiwiteite (klas, speelgrond, kampe, uitstappies, wedstryde) uit te leef. Oor die algemeen leef ons Jannies hierdie waarde daagliks uit, maar daar is tog enkele leerders wat moet besef dat hul aksies spesifieke gevolge het.

Ons was ongelukkig genoodsaak om ‘n dissiplinêre proses op te stel in die geval waar ‘n leerder herhaaldelik oortree en nie gehoor gee aan vermaning nie. In so ‘n geval sal die registeronderwyser in die vervolg ‘n vorm oopmaak vir die spesifieke leerder sodat die oortredings deeglik aangeteken kan word. Indien die leerder se gedrag nie verander nie, sal die ouer/voog ‘n e-pos eers van die registeronderwyser en op ‘n latere stadium, indien nodig, van ‘n dissiplinekomiteelid ontvang. In hierdie e-pos sal die ouer/voog ingelig word van ‘n oortreding(s) en hul ondersteuning en hulp sal ook versoek word. Op hierdie stadium sal mnr. Beets die vorm onderteken en hy of die komiteelid ‘n gesprek met die leerder voer. Die leerder sal as straf ‘n tweede pouse (sal wel tyd kry vir eet en badkamer toe gaan) verbeur of ontneem word van ‘n skoolaktiwiteit bv. ‘n uitstappie of sportwedstryd. In uitsonderlike gevalle sal ‘n vergadering met die ouer(s)/voog(de), registeronderwyser, mnr. Beets en ‘n dissiplinekomiteelid belê word.

Tipiese oortredings wat op hierdie vorm aangebring sal word is: herhaaldelike versteuring van klasse, huiswerk wat herhaaldelik nie gedoen word nie, vloektaal, vandalisering van skooleiendom, bakleiery, onwelvoeglike gebruik van sosiale media, swak sportmanskap, oneerlikheid (tydens toetse/steel/jok), nalatigheid met skootrekenaars en ernstige disrespek teenoor ‘n personeellid of ‘n mede-leerder.

/ Algemeen

Kyk asseblief mooi na die kleredrag wat leerders Maandag moet saambring vir sportfoto’s.

Kliek hier om die PDF dokument oop te maak:

Kwartaal-4-fotodag-2024
/ Algemeen, Nuus

Ons is bevoorreg om vir Carla de Beer op Dinsdagaand, 22 Oktober, om 19:00 by ons skool te verwelkom.  Sy het 3 jaar gelede ‘n inligtingsessie by HS JvR aangebied waartydens sy belangrike inligting betreffende sosiale media se gebruik en gevare uitgelig het.  

Ons het dit goedgedink om haar weer te nooi aangesien sosiale media so vinnig ontwikkel.  Ons ervaar dat ons kinders nie die belangrikheid van korrekte gebruik asook die gevare agter die skerm van sosiale media verstaan nie.  Vir ons as ouers is dit nog meer belangrik om ingelig te bly.

Kom woon asseblief hierdie ouerinligtingsessie by.  Kaartjies sal op Karri beskikbaar wees.

Sy sal ook ‘n inligtingsessie vir alle graad 5-7-leerders gedurende daardie dag tydens skoolure aanbied wat geen kostes vereis nie. 

Vir enige navrae kontak gerus vir Marinda Brink marinda@jvrprim.co.za.

/ Algemeen, Nuus
Mediasentrum en biblioteek: Middae beskikbaar

Die biblioteek sal oop wees vir leerders wat wil kom lees, huiswerk of take doen. Sien die beskikbare tye hier onder:

 

/ Algemeen, Nuus

 Na afloop van elf besige en opwindende weke kom kwartaal 3 vandag amptelik tot ‘n einde met die sluit van die skole vir ‘n kort vakansie voordat ons die finale kwartaal van die jaar aanpak. Ek hoop en vertrou dat julle ook kwartaal 3 saam met jul kind/ers terdeë geniet het.  Dit is vir my ‘n riem onder die hart om daagliks te sien hoe gelukkig die leerders by die skool is. Hulle vrymoedigheid om daagliks by my kantoor te kom inloer om te groet of net om seker te maak dat ek, soos hulle dit stel: ‘’okay’ is’, is seker die beste byvoordeel wat ek, as skoolhoof, voor kon vra. 

As ons vinnig oor die afgelope kwartaal terug kyk en ‘n kort refleksie sou wou doen, staan die volgende vir my uit: 

  • Heelwat sportgeleenthede is vir die wintersporte (netbal, hokkie en rugby) die afgelope twee kwartale suksesvol gereël. Al het daar hierdie winterseisoen verskeie van die wedstryde, as gevolg van die gure weer uitgereën, is daar vanjaar ‘n rekord totaal van 743 wintersport-wedstryde gespeel. Dit is 157 wedstryde meer as gedurende 2023 en 215 wedstryde meer as 2022.  Dit is beslis ‘n pluimpie vir die sportkantoor. Baie geluk dan ook aan ons o/13A-dogtershokkiespan en ons o/7A-seunshokkiespan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het.  Baie geluk aan die kaptein van ons eerste dogtershokkiespan, Hila Hertzog, en hul afrigters mnr. Leon en juf. Suné met die merkwaardige prestasie. Sportdeelname en -prestasie het oor die afgelope 3 jaar aansienlik by ons skool verbeter. Ons sportplan en -visie is stadig maar seker besig om vrugte af te werp. Daar is vir seker nog baie ruimte vir verbetering en soos ons weet, word Rome ook nie in een dag gebou nie. 
  • Die aanbied van ‘n baie suksesvolle mini-sportdag (o/7 – o/9 rugby & netbal) op Saterdag, 03 Augustus. Vanjaar was dit ‘n perd van ‘n ander kleur, aangesien die sportdag hierdie jaar soveel groter was as in 2023 met 1 500 leerders wat aan 208 wedstryde deelgeneem het. Vir seker het ons skool nog nooit so ‘n groot sportbyeenkoms aangebied nie. Die dag was uiters suksesvol weens puik beplanning, veerkragtigheid en deeglike uitvoering! Dit is ‘n bewys dat ons skool ook groot sporttoernooie effektief kan aanbied tot voordeel van ons leerders. 
  • Die opening van die wêreldklas Zen Den waar daar gestreef word om ‘n veilige en kalm omgewing vir leerders wat sensories oorlaai of oorweldig voel, te skep. Ons doel met die Zen Den is om die nodige wegbreekruimte gedurende skooltyd te skep waar leerders nodig het om hulle sintuie te reguleer en van hul angstigheid ontslae te raak. Hulle innerlike kalmte kan hier herstel word, sodat hulle weer rustig kan raak om verder in die klaskamer te funksioneer. Die sentrum bevorder selfregulering, emosionele welstand en akademiese sukses deur ‘n holistiese benadering wat die uniekheid van elke leerder erken en ondersteun. Om op te som, kan Zen Den gesien word as ‘n ‘toevlugsoord’ waar leerders kan selfreguleer, herlaai en floreer. Hier wil ons ook leerders met unieke uitdagings rakende neurodiverse prosessering ondersteun en hulle met die nodige vaardighede bemagtig om die wêreld met selfvertroue vierkantig in die oë te kyk. 
  • Ons tweejaarlikse skoolkonsert is definitief nie net die hoogtepunt van die kwartaal nie, maar vir seker van die jaar, veral as ‘n mens die leerders se opinie moes kry oor dit wat vir hulle spesifiek die kwartaal uitgestaan het. Ons skoolkonsert is baie gewild en as gevolg van die aanvraag van kaartjies, is dit vanjaar oor ‘n tydperk van twee weke aangebied.   ‘’Somewhere over the Rainbow’ verdiskonteer ‘n puik produksie en elke item is aand-vir-aand luidkeels deur die gehoor toegejuig. Die liedjies wat vir elke graad en klas gekies is, is mooi afgewissel van moderne musiek tot musiek wat die oumas en oupas mee kon assosieër. Dus is daar vir oud en jonk voorsiening gemaak om die konsert terdeë te geniet. Die uitstekende beligting en klank, die asemrowende kostuums en professionele grimering het elke aand perfek afgerond. Ons streef in alles wat ons by die skool doen na uitnemendheid en dit is presies wat ook tydens die konsert gebeur het. Baie dankie aan al ons mammas se hulp met die grimering en maak van die ongelooflike kostuums. Die detail daarvan was verstommend. 
  • Op Saterdag, 14 September, het 19 van ons leerders aan die jaarlikse WOW-spelkompetisie se provinsiale rondte te Wellington deelgeneem en soos oudergewoonte stof in die ander skole se oë geskop. Baie geluk aan die volgende drie leerders wat vir die Nasionale Kompetisie op 28 September te Stellenbosch gekwalifiseer het: 
  • Graad 4: Maia du Toit 
  • Graad 6: Katryn Silvis en Amelie van der Walt  

Baie dankie juf. Ilse-Marie vir al jou hulp in die verband. 

  • Op kulturele gebied oefen biede die senior- en junior koor die afgelope kwartaal baie hard onderskeidelik onder die bekwame leiding van Leon Starker en mnr. Ben om slaggereed vir verskeie optredes gedurende volgende kwartaal te wees. Ons senior koor het veral die afgelope kwartaal baie hard aan stemtegnieke gewerk om helder koorklank voort te bring asook om stembou, gehoorontwikkeling, musiekwaardering en koordissipline aan te spreek. Ons sien baie uit na beide kore se optredes in kwartaal 4. 
  • Vandag ontvang elke leerder ook hul skoolrapport om erkenning aan hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal te gee. Dit was ‘n groot voorreg om elke rapport te kon teken met ‘n baie kort persoonlike boodskappie vir elke leerder. Graag wil ek vir al ons leerders en opvoeders spesiaal gelukwens en hartlik bedank vir die kollektiewe poging tot die suksesvolle akademiese-, kulturele- en sportprestasies tydens kwartaal 3. Vandag is die Top 10 Gr. 7-akademiese presteerders vir kwartaal 3 in die saal aangewys. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabetiese orde) wat elkeen ‘n spesiale sertifikaat ontvang vir hul harde werk en toewyding: 

    Daniella Boshoff 
    Izzy du Plessis 
    Hila Hertzog 
    Anna Louw 
    Isabella Marais 
    Michaan Naylor 
    Jessica Schincariol 
    Emma Snijders 
    Ané Swanepoel 
    Stella Zulch 

Bogenoemde is maar enkele hoogtepunte van ‘n baie suksesvolle kwartaal. Ek glo dat die hele skoolgemeenskap uitsien na die welverdiende vakansie, al is dit baie kort gaan dit help om die spreekwoordelike batterye te herlaai voor ons die pylvak van die laaste kwartaal aandurf.  

Op Sondag, 15 September om 14:00 het Cape Ballet Centre ‘n ongelooflike produksie, naamlik “Cirque Du Ballet’’ in die Baxter aangebied. Heelwat van ons skooldogters het aan die wêreldklas produksie deelgeneem. Ek was so bevoorreg om dit te kon bywoon met kaartjies wat die dogters spesiaal vir my en my vrou uit hul eie sakke gekoop het – dit was baie kosbaar! Opvallend was ook die ondersteuning van ons skoolgemeenskap tydens die vertoning met verskeie van ons mammas en dogters wat dit bygewoon het om die Jannie-deelnemers te ondersteun. Weereens ‘n bewys van die spesiale etos, ondersteuning, aanmoediging en omgee binne ons skoolgemeenskap. 

Laat my asseblief toe om ons toegewyde personeel hartlik te bedank vir hul harde werk en toegewydheid, maar veral vir hul omgee-harte om seker te maak ons Jannies kry geleenthede om hul volle potensiaal te bereik. Graag wil ek my Bestuurspan (EXCO) hartlik bedank vir hul harde werk en toegewydheid die afgelope kwartaal om die skool operasioneel uiters effektief te help bestuur. Hartlike dank aan ons dinamiese Beheerraad vir hul kosbare tyd en puik insette om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck van krag-tot-krag sal gaan. Laat my ook toe ons voorsitter van ons Beheerraad, Merwe Scholtz, hartlik geluk te wens met sy verjaardag van 19 September. Mag dit ‘n geseënde lewensjaar wees vol voorspoed en sukses. Baie dankie vir wat jy alles as Voorsitter van die Beheerraad vir ons skool doen en beteken! 

Graag sluit ek af met ‘n uiters dankbare hart teenoor ons ouers/voogde wat ons weereens die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Ek waardeer jul betrokkenheid en omgee by die skool, maar veral in jul kinders se lewens. Betrokke ouers/voogde verseker suksesvolle skole wat altyd van krag-tot-krag sal gaan. Mag ons die spesiale etos en kultuur om net jouself te wees by ons trotse skool nog tot in lengte van dae koester. Dus sluit ek met die volgende bekende aanhaling van G.K. Chesterton af en mag ons altyd ons spreekwoordelike dankbaarheidsbrille dra. 

Ek wens vir julle ‘n wonderlike vakansie toe. Veilig reis! Ek sien uit om julle almal op Dinsdag, 01 Oktober, weer terug by die skool te verwelkom. Dra asseblief my groetwense aan jul kinders oor. 

‘’When it comes to life 
the critical thing is  
whether you take things for granted  
or take them with gratitude.’’ 

Vriendelike groete, 
Naas Beets
SKOOLHOOF 

/ Algemeen, Nuus, Projekte

Here is a special message for the amazing students who gave such an amazing donation that came from their hearts. They are an example to each one of us.

We are incredibly grateful to have received your generous donation of dog and cat food, bedding, treats, and other essential items for the animals in our care. Your kindness and compassion have made a significant impact on the lives of the animals at Cape of Good Hope SPCA. Thanks to you, they will not only have full bellies but also warm and comfortable bedding, as well as some special treats to enjoy.

It is truly heartwarming to see young students like you taking action to make the world a better place for animals. Your donation shows that you care deeply about their well-being, and that makes all the difference in their lives. Every time they enjoy a soft bed or wag their tails in excitement for a treat, they are feeling the love and care you have shown them.

On behalf of our entire team and, of course, all the animals who are benefiting from your kindness, thank you. Your generosity and thoughtfulness mean the world to us, and we are truly inspired by your efforts.

Please know that your support has brightened many days for the animals and brought hope to their future. We are lucky to have such compassionate young people like you in our community.

With heartfelt gratitude,

MOYO NDUKWANA
Chief Executive Officer

Sien die oorspronklike brief HIER

/ Algemeen

Ons is opgewonde om ons ouma- en oupadag vanaf vandag op Karri te adverteer.  Nooi gerus ons mooi kinders se grootouers om hierdie oggend saam met ons te geniet. 

/ Algemeen, Nuus

Markdag sal op 19 September plaasvind. Hierdie keer kry die grondslagfase ‘n beurt om iets te verkoop. 

Geen klappers of lewende hawe mag verkoop word nie.
Dit begin om 10:00, ouers kan al van 09:30 kom regmaak.
Bespreek asseblief jou tafel op Karri.

/ Algemeen, Nuus

Augustus-maand het net te vinnig tot ‘n einde gekom terwyl Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen aan Kaapstad bekend te stel nie. Dit is ongelooflik dat ons die een kouefront op die ander kry wat groot hoeveelheid reënvalneerslae bring. Selfs die nuutste weervoorspelling toepassing sukkel om by te hou. Ons weet ook dat Lentedag tradisioneel orals in Suid-Afrika op 01 September gevier word, maar hier in die Moederstad gaan dit ons ongelukkig nog nie op 01 September beskore wees nie. Ek weet nie van julle nie, maar ek soek nou warmer weer met heerlike sonskyndae en bome vol pragtige lentebloeisels wat die hele omgewing ophelder. Kom ons hoop dat ons warm baadjies binnekort met warmer dae vervang sal word. 

Graag wy ek die grootste gedeelte van my nuusbrief dié week aan die nuwe leerontwikkelingsentrum wat op Maandag, 26 Augustus, amptelik sy deure oopgemaak het. Hierdie wêreldklas-sentrum met al sy moderne meubels, speelgoed en apparate is tot stand gebring as gevolg van die ruim skenking van Whitey en Annalise Basson asook Mari en Brynn Kushner. Ons is vir julle as familie baie dankbaar en ons is saam met julle baie trots op die merkwaardige ruimte. Na deeglike oorweging en konsultasie is daar op ‘n baie gepaste naam, naamlik Zen Den besluit. Die leerders is eens dat Zen Den ‘n baie “cool’’ naam en plek is. Die betekenis van Zen Den is soos volg:

  • Zen: Dit is die Japanese uitspraak van ‘n Chinese woord wat ‘n gevoel van rustigheid en balans binne jouself verteenwoordig.
  • Den: ‘n Plek waar ons leer om self slim keuses te maak. 

By die Zen Den word daar gestreef om ‘n veilige en kalm omgewing vir leerders wat sensories oorlaai of oorweldig voel, te skep. Hier kan leerders ondersteuning en rustigheid ervaar. Ons doel met die Zen Den is om die nodige wegbreekruimte gedurende skooltyd te skep waar leerders nodig het om hulle sintuie te reguleer en van hul angstigheid ontslae te raak. Hulle innerlike kalmte kan hier herstel word, sodat hulle weer rustig kan raak om verder in die klaskamer te funksioneer. Die sentrum bevorder selfregulering, emosionele welstand en akademiese sukses deur ‘n holistiese benadering wat die uniekheid van elke leerder erken en ondersteun. Om op te som, kan Zen Den gesien word as ‘n ‘toevlugsoord’ waar leerders kan selfreguleer, herlaai en floreer. Hier wil ons ook leerders met unieke uitdagings rakende neurodiverse prosessering ondersteun en hulle met die nodige vaardighede bemagtig om die wêreld met selfvertroue vierkantig in die oë te kyk. Ouers/voogde is welkom om die ongelooflike sentrum te kom besigtig. Ek glo ons skool is stadig maar seker besig om homself van ander skole te onderskei deur onder andere wêreldklas fasiliteite vir ons leerders te skep danksy ondersteuning van donateurs en weldoenders. Baie dankie ook aan Stephen Hitchcock (Stretch Architects), ‘n ouer en Beheerraadslid vir jou aandeel in die ontwerp van Zen Den. Laat my toe om veral vir Mari Kushner hartlik te bedank vir haar leeue-aandeel tot die totstandkoming van Zen Den. Mari, ons waardeer al jou kosbare tyd, finansiële bydraes en jou besonderse estetiese oog rakende die fynere afronding van die merkwaardige sentrum.

Vandag sluit ons die lang wintersportseisoen met ‘n sportnaweek tuis teen Laerskool Welgemoed af. Vanmiddag word al die hokkiewedstryde aangebied terwyl netbal- en rugbwedstryde môre sal plaasvind. Daar sal verskeie kosstalletjies by die skool en Conradieveld wees met smaaklike disse te koop. Vanaf Maandag, 02 September, is dit konserttyd! Daar is die laaste paar weke baie hard geoefen om vanjaar ‘n konsert, naamlik ’’Somewhere over the Rainbow’’, aan te bied wat jou vir seker sal meevoer. Ons Graad 7-leerders kry vanjaar elkeen ‘n geleentheid om as hoofkarakter op te tree. Ons weet dat dit vir hulle ook ‘n hoogtepunt sal wees. Kaartjies verkoop op die oomblik soos soetkoek. Tyd hardloop nou vinnig uit. Ek hoop van harte almal het al hul kaartjie gekoop, want mis jy die konsert, gaan jy vir seker baie spyt wees. Die skoolkonsert gaan beslis weer skooltrots en –gees aanwakker. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat so hard aan die kostuums werk. Ons is julle baie dankbaar en weet dat dit asemrowend gaan lyk. 

‘n Skoolkonsert bied vir ons leerders net soveel lewenslesse buite die vier mure van die klaskamer as wat byvoorbeeld sportwedstryde doen, naamlik om te leer om effektief as ‘n span saam te werk en te volhard. Verder bevorder dit die leerders se selfvertroue en kweek dit ‘n gesonde werketiek. Kom ons wees eerlik: om op ‘n verhoog voor ‘n gehoor van meer as 350 mense op te tree, definitief intimiderend vir die meeste mense sal wees. Die skoolkonsert bied dus ‘n geleentheid vir leerders om moedig voor ‘n gehoor op te tree, ‘n vaardigheid wat hy/sy nog baie in hul lewe nodig sal kry. Geniet die konsert, lekker saamsing en mag dit al jul verwagtinge oortref!

Ek sluit dan die week weer af met nog ‘n bekende aanhaling rakende dankbaarheid, dié keer deur Arianna Huffington.  Ek wens vir elkeen ‘n wonderlike naweek toe en geniet die sportnaweek teen Laerskool Welgemoed!

“Living in a state of gratitude 
is the gateway to grace.’’ 

Vriendelike groete,
Naas Beets 
SKOOLHOOF 

/ Algemeen, Konsert, Nuus

Konsertreëlings:

Volg hierdie skakel om die volledige konsertreëlings te sien:
https://bit.ly/konsertreëlings2024

Konsertkaartjies:

Bespreek by die skakel hier onder:

Kaartjies vir 2-11 September 2024
https://qkt.io/vBCzZL

Grand Finale Kaartjies – 12 September 2024
UITVERKOOP

Vir enige navrae kontak vir Megan per e-pos by:
megan@jvrprim.co.za

Belangrike Datums

maart 2026

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt00:0023:59Dapper Stappers

17mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt(mrt 19)00:0018(mrt 18)23:59Gholfdag - King David Mowbray

19mrt(mrt 19)00:0018(mrt 18)23:59Boekverkope

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

20mrt00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.13A Seuns & Dogters

21mrt(mrt 21)00:0020(mrt 20)23:59Netbal: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer