Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus
Pieter Rademeyer het in Februarie die geleentheid gehad om, as deel van die Alma Nel-drama-ateljee-groep, in die RSG-program, Kiskenades, op te tree. Hy het die rol van ’n avontuurlustige seun in dié episode, wat eersdaags uitgesaai word, gespeel. 
 
Pieter het vandeesweek die goeie nuus ontvang dat RSG nou vir hom ’n permanente kontrak aangebied het om verder as ‘stemkunstenaar’-akteur interessante rolle op dié Afrikaanse radiostasie te vertolk. 
 
Jy maak ons baie trots Pieter. Welgedaan!
 
/ Algemeen, Nuus

Neem asseblief kennis dat Donderdag, 27 Maart 2025, Markdag is. Dit is Intersen se beurt om te verkoop.

Tafels bespreek:

???? Karri sal Donderdag oopmaak wanneer die nuusbrief uitgestuur word, sodat tafels bespreek kan word.

???? Dit kos R20 per tafel.

Karri sluit Woensdag, 26 Maart 2025.

Moet dit nie misloop nie! ????

/ Algemeen, Nuus

Om Lekkergoedland so lekker as moontlik te maak, het ons verskillende speelgoed nodig. Ons sal dit so baie waardeer as jy van jou speelgoed kan skenk waarmee jy nie meer speel nie. 

Jy kan jou speelgoed by mnr. André Lourens se klas afgee. 

/ Algemeen, Nuus
Kaperjolle braaikompetisie: Inskrywings

Dis weer tyd vir die Jannies om te kook in die Kaperjolle braaikompetisie! Ons tema hierdie jaar is Lekker Jannies Vol Resepte of kom ons noem dit eerder – kom eet by Liplek Jan van Restaurant

Die tema is dan toonaangewend vir die reëls:

·         gebruik ten minste 2 bestanddele / disse wat begin met die letters LJVR;

·         die idee is nie om beperkend te wees nie, maar kreatief met woordspel en kos;

·         jy moet ten minste ‘n gedeelte van jou gereg oor die kole gaarmaak;

·         jou kos moet proehappie grootte wees, sodat almal van alles kan proe

Om jul so ‘n hupstoot te gee en daai kreatiewe sappe te laat vloei, dink ons aan kos soos; lamskoftas, jasmynrys, jambalaya, Javaanse kerrie, vetkoek, vlapampoen, vlakvark, ribbetjies en roorsterkoek… of as jy nou regtig nie weet nie dan sommer Jannie-se-burgerrol!

Skryf asseblief teen Vrydag, 4 April 2025, in deur by hierdie WhatsApp groepie aan te sluit, waar verdere reëlings kommunikeer sal word.

/ Algemeen, Nuus
Kaperjolle: 12 April 2025

Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! ????

Wat kan jy verwag?

???? Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek, pizza en Woodstock Brewery se food truck. Volg die skakel om die spyskaart te sien: SPYSKAART.

???? Lekkergoedland: Bederf jou soettand.

???? Musiek: Om jou in die regte bui te kry.

???? Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4 – 7).

???? Speletjies:

  • Die vierkant-speletjies is vir alle kinders en sluit in nootgolf, kussinggevegte, boontjiesak-teiken, ringgooi, Nerf-geweer-teikenskiet en vele meer.

  • Graad 4 – 7 het ’n aparte speelarea op die tennisbane met Jenga, handjietennis, foosball en meer.

  • Daar is ook ’n eksklusiewe area net vir Gr. 6’s en 7’s.

???? Kroeg: Yskoue bier en wyn vir volwassenes.

???? Braaikompetisie: Wie braai die beste in die dorp? Skryf asseblief jou span in!

???? Datum: 12 April 2025 ⏰ Tyd: 12:00 – 18:00 ???? Plek: Laerskool Jan van Riebeeck (klein veld)

Hierdie is die perfekte geleentheid om jou familie en vriende te bederf met hope pret en vermaak. Kom skep herinneringe wat julle vir altyd sal koester!

Toegang:

????‍????‍????‍???? Volwassenes: R100 – sluit proe-geleenthede in by die braaikompetisie én ’n stem vir die wenner in.
???? Juniorkinders (Graad R – 3): R100 – Eindelose vermaak met speletjies in die vierkant.
???? Seniorkinders (Graad 4 – 7): R140 – Toegang tot al die speletjies én die spookhuis.

???? Moet dit nie misloop nie – ons sien jou daar! ????

 
/ Algemeen, Nuus
Individuele- en klasfoto's: Bestellings oop

Individuele- en klasfoto’s is nou beskikbaar by hierdie skakel: LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK FOTO’S
Wagwoord: JVR2020

Sien verdere inligting hier onder:

/ Algemeen, Nuus

Wat is Nippers?

Nippers is ‘n junior program wat ontwerp is om kinders, gewoonlik tussen die ouderdom van 5 en 14 jaar, aan strandredding en strandveiligheid bekend te stel. Dit is ‘n prettige en opvoedkundige aktiwiteit waar kinders leer oor oseaanbewustheid, brander toestande en basiese noodhulp. Hulle neem ook deel aan verskeie strand- en wateraktiwiteite, soos swem, plankroei en strandresies. Die uiteindelike doel is om selfvertroue te bou, lewensvaardighede aan te leer en hulle voor te berei op toekomstige rolle as strandredders.

‘n Paar graad 4-seuns het vroeër vanjaar aan die WP-kampioenskappe vir Stilwater Nippers deelgeneem. Jan Jurie Fourie het ‘n goue en ‘n silwermedalje verower, terwyl Lukas Loubser ‘n bronsmedalje ingepalm het. Ons is ongelooflik trots op hierdie twee manne wat so uitstekend presteer het!

/ Algemeen, Nuus
Kyle het aan die karate-uitdunne deelgeneem en tweede plek verower in beide Kata en Kumite, en sodoende silwermedaljes in albei behaal. Dit beteken dat hy gekwalifiseer het vir sy WP-kleure in karate en deel van die Wes-Kaap-span sal wees wat in Mei aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.
 
Welgedaan Kyle! Jy maak ons sommer baie trots.
 
/ Algemeen, Nuus
Veilingsdinee: 7 Junie 2025

Ons nooi julle graag na hierdie jaar se opvoedingstrust veilingsdinee fondsinsameling.

Die veiling vind plaas op 7 Junie by die Mount Nelson Hotel.

Daar is beperkte kaartjies so rsvp asb. by die onderstaande skakel om teleurstelling te vermy:
https://forms.gle/mtH1mY7RqxdsFTYL7

Vriendelike groete,

Die 2025 Veilingkomitee

/ Akademie, Algemeen, Nuus, Rekenaars
Digitale Geletterdheid: Wat het ons in kwartaal 1 geleer?

Hierdie kwartaal in Digitale Geletterdheid het ons oor ‘n paar interessante aspekte van rekenaars en digitale toestelle gepraat. Een van die temas wat die meeste uitgestaan het, was die Graad 5’s se gebruike van die internet. Hier het die leerders geleer wat die voordele van die internet is, hoe om veilig te wees wanneer jy aanlyn werk en ook wat die gevare van aanlyn speletjies en toepassings is.

Ons het nie net teorie geleer nie, maar ook prakties op die tablette gewerk. Een van die lesse wat uitgestaan het, was toe die Graad 3’s ‘n tikvaardigheid-aktiwiteit gedoen het. Dit was so mooi om te sien hoe hulle mekaar gehelp het, as een sukkel om ‘n spesifieke letter te vind. Hulle het baie hard gekonsentreer om op die sleutelbord te tik en seker te maak hul tik met die regte vingers op die regte knoppies.

Ons sien uit na nog ‘n klomp lekker temas vir Kwartaal 2 in Digitale Geletterdheid.

 

/ Algemeen, Nuus
Lion's Club Paaseierskenkings

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 11 April, skool toe gebring word (neem asb. kennis van die veranderde sluitingsdatum).

/ Algemeen, Kuns en Kultuur, Nuus

Gerhard Conradie en sy suster het saam ‘n kortfilm geskiet, Alma Oppad, wat by die Silwerskerm-filmfees vertoon gaan word! Dit sal later vanjaar op kykNET wees. Chrystal vertolk die rol van Alma, Gerhard speel haar broer, Laudo Liebenberg is die pa, en Amalia Uys die ma.

Welgedaan Gerhard! Jy maak ons trots.

/ Algemeen, Nuus
Waterbuffel - Burgerfees: 14 Maart 2025

Kom beleef die Waterbuffel – Burgerfees – ‘n dag van lekker kos, musiek, samesyn en pret!

Sluit by ons aan vir ‘n wonderlike middag vol smullekker burgers, musiek en ‘n fantastiese atmosfeer! Kom probeer die nuwe gesondheids-rooivleis van Babylonstoren in ‘n smaaklike burger. Die Waterbuffel – Burgerfees beloof die lekkerste burgers, wyn en ‘n paar verrassings vir die hele gesin. Jy kan ‘n wegneemete bestel of saamkom kuier op die mini-sportveld agter die skool vanaf 16:00. Danksy die ruim skenking van Babylonstoren kos die burgers slegs R50 elk!

Gevriesde patties ook te koop:
Indien jy die aand bywoon gaan jy eerste kans kry om gevriesde patties te koop.

???? Datum: 14 Maart 2025

Tyd:

    • Wegneemetes: 11:45 – 12:30 (kom haal jou burger by die skool)
    • Aandete: 16:00 – 20:00

???? Ligging: Mini-sportveld by Laerskool Jan van Riebeeck

Wat kan jy verwag?

  • Heerlike burgers met gesondheids-rooivleis van Babylonstoren

  • Gelukkige trekking: Vir elke burger wat jy koop, kry jy ‘n kans om ‘n prys te wen!

  • SnapScan-kroeg vir maklike betalings

  • Snoepie wat oop sal wees vir die kinders

  • Fantastiese samesyn saam met die skoolgemeenskap

Ons soek nog hulp met voorbereiding en by die fees. Vul asb. jou naam in by ‘n tydsgleuf op die diensbeurtlys indien jy bereid is om te help :
VUL HIER IN

Vriendelike Burgerfees-groete,
Susan Derksen
OOV Voorsitter


/ Algemeen, Nuus

Christiaan Cronje het deelgeneem aan die Gertjie van der Merwe – Spartan Wars Wrestling Toernooi op Saterdag, 22 Februarie 2025. Dit was sy eerste toernooi van die jaar. 

Hy het ‘n silver medalje in sy ouderdomsgroep verower. Welgedaan Christiaan!

 
 

Belangrike Datums

maart 2026

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Mini krieket: Riverside (TBC)

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt00:0023:59Dapper Stappers

17mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt(mrt 19)00:0018(mrt 18)23:59Gholfdag - King David Mowbray

19mrt(mrt 19)00:0018(mrt 18)23:59Boekverkope

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

20mrt00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.13A Seuns & Dogters

21mrt(mrt 21)00:0020(mrt 20)23:59Netbal: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer