Kategorie: Akademie

/ Akademie, Nuus

Dis ‘n KUNS om ‘n jannie te wees …

Gedurende 25 Aug. – 2 Sept. 2023 vier ons die KUNS van jannie-wees. Dit verg omtrent ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie in murg-en-been te wees. Tydens hierdie week staan die ‘akademiese rooster’ soos ons dit ken, stil. Ons wyk van die verpligte KABV-kurrikulum af en gebruik ‘n lekker wye tema (Die KUNS van jannie-wees) om op verskeie areas met ons kern besigheid waarmee ons skool spog en uiters trots is nl. AKADEMIE te integreer. Ons bied die geleentheid aan ons personeel en ouers om betrokke by hierdie week te wees. Hierdie holistiese week sal baie pret en leersame geleenthede verseker. Om blootstelling en leergeleenthede aan leerders te bied sonder dat hulle besef dat hulle met akademie en leer besig is, is die KUNS.

Ons het ‘n soortgelyke week vier jaar gelede aangebied waartydens die klem op Sport in Akademie geplaas is. As gevolg van die sukses van aktiwiteite van daardie week het ons skool besluit om die daaropvolgende jaar hokkie as ‘n formele sport by ons skool aan te bied.

Die idee met vanjaar se Akademiese week is nie noodwendig om iets nuut na afloop van die week by die skool te implementeer nie, maar eerder om Akademie met verskillende leerareas rondom die woord KUNS te integreer. Om daardeur ons skoolgemeenskap te verryk en verder te bou aan die unieke, besondere kultuur wat Laerskool Jan van Riebeeck van ander skole onderskei. Die balans waarna ons skool jaarliks streef, word hiermee gevier, want dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n Laerskool Jan van Riebeecker te wees!

Ek rig ‘n ope uitnodiging aan jou as ouer/voog om betrokke by hierdie week se program te raak – as toeskouer, deelnemer of selfs aanbieder. Hou asb. hierdie ruimte dop, want daar sal weekliks verdere inligting rondom al die bedrywighede van die week geplaas word.

Vir nou is twee goed belangrik:

  1. Hou die datum op jou kalender oop en raak gerus saam met ons opgewonde!
  2. Indien jy voel dat jy graag betrokke wil raak, kontak my gerus (Marinda Brink: marinda@jvrprim.co.za). Enige talent, inligting, diens wat jy aan ons leerders kan oordra of jou kennis van ‘n spesifieke onderwerp wil deel, sal ‘n reuse bydrae by ons program kan maak. Dis altyd so lekker indien daar ‘n ouer/voog is wat iets vir ons leerders kan leer of demonstreer of aanbied. Enige voorstel is welkom. Voorbeelde om aan te dink: Dis ‘n KUNS om kuns te waardeer; die Geskiedenis van KUNS; Dis ‘n KUNS om jouself te beskerm, te beveilig; Om gesond te bly, is ‘n kuns; Dis ‘n KUNS om (interessante sport/vaardigheid) te bemeester; Om te kan skryf, is ‘n KUNS, om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak is ‘n KUNS, ens.

Onthou dat ons fokus is om af te wyk van die gewone en om ander, interessante inligting te deel deur heerlike aktiwiteite en leergierige blootstelling te beplan.

Hier volg ‘n lys van bedrywighede wat reeds vir die week beplan is:

  • Vrydag, 25 Aug: Ouma- en oupadag met Elsabe Daneel as gasspreker (Die KUNS om in die onthou-gange van ouma en oupa te wandel). Kaartjies binnekort op Karri te koop. (Vir die grootouers)
  • Woensdag, 30 Aug:
    • Gr. 6 & 7-leierskappraatjie met Lindie Strydom as gasspreker (Die KUNS om leierskap te ontwikkel)
      (Vir ons senior leerders)
    • Jannies Talent (Die KUNS om talente te ontwikkel) – kaartjies binnekort op Karri te koop
      (Vir die gesin)
  • Donderdag, 31 Aug: Personeelopleiding (Sensoriese integrasie en die KUNS om dit aan te spreek (vir die onderwysers)
  • Vrydag, 1 Sept: Loslit-dag (Die KUNS van omgee) Kaartjies binnekort op Karri te koop (vir die leerders)
  • Vrydag en Saterdag (1 – 2 September): Sportafsluiting: Sport vs Laerskool Welgemoed. Inligting volg later.
  • Saterdag, 2 Sept.: Damesontbyt met Lindie Strydom (en nog ‘n verrassing) (Die KUNS van vrou-wees) Kaartjies binnekort op Karri te koop.

*Joga vir ons leerders word reeds ook beplan en sal oor verskeie dae aangebied word.

/ Akademie, Nuus

Neem kennis dat ons in die eerste week van kwartaal 3 die skakel sal stuur sodat ouers afsprake met onderwysers kan maak. Dagboek solank die datums waarop dit sal plaasvind.

/ Akademie, Nuus

Hoe om belonings te gebruik / How to use rewards (deur Marike Badenhorst, LS JvR Opvoedkundige sielkundige)

Dit is eksamen en is vir baie ouers en leerders ‘n senutergende tyd. Dikwels voel ouers hul kinders het net daai ekstra bietjie motivering nodig. Dit is nie verkeerd om jou kind te beloon nie, maar dit is belangrik hóé om dit doen. Hier is ‘n paar riglyne:

  1. Wees baie spesifiek en sorg dat kind presies weet hoe om dit te verdien / Be clear about rewards and how to earn them
    Wees spesifiek wanneer jy jou kind wil beloon. In plaas van “ jy kan langer televisie kyk” sê eerder “jy kan ‘n halfuur langer televisie kyk”. Maak ook seker dat jou kind presies weet wat hy/sy moet dóén. In plaas van “maak jou kamer aan die kant”, sê eerder“hang jou klere op, pak jou speelgoed weg en maak jou bed op.”
  2. Prys jou kind se GEDRAG / Praise BEHAVIOUR instead of traits
    Prys en gee erkennig aan jou kind se GEDRAG. Wanneer jou kind goed doen in ‘n vraestel, prys hom vir sy/ haar harde werk eerder as vir haar intelligensie/ hoe slim sy is. Wanneer jou kind begin glo dat hy ‘n toets deurgekom het omdat hy slim/ intelligent is, wat beteken dit dan wanneer jou kind swak presteer? Ook, deur gedrag te prys soos harde werk sal lei tot nóg harde werk, maar iets soos intelligensie is buite jou kind se beheer.
  3. Beloon jou kind gereeld en wees konsekwent /Give rewards regularly and be consistent
    Probeer om nie een groot belonging te gee vir iets waarvoor hulle lank moet wag nie. Hou by kleiner, gereelde belonings. Dit is vir enige kind moeilik om te wag, wat die belonging minder effektief maak. Gereelde belonings sal jou kind gemotiveerd hou.
  4. Moenie ‘n beloning wegneem vir ‘n ander reël wat oortree word nie / Don’t take away earned rewards
    Om ‘n belonging weg te neem wat klaar verdien is, mag jou kind moedeloos maak en laat voel hy sien nooit positiewe resultate vir sy gedrag nie.
  5. “Catch your child doing good”
    Sit jou ooraktiewe kind stil? Maak ‘n punt daarvan dat jou kind weet jy het dit raakgesien, ongeag hoe klein dit ookal is. En: doen dit gereeld, minstens twee tot drie maal ‘n dag. Die beste manier om swak gedrag hok te slaan, is om die teenoorgestelde, goeie gedrag raak te sien en te beloon.
  6. Druk altyd deur / Always follow through
    Indien jy jou ooreenkoms altyd deurvoer, kry jou belonings oor tyd geloofwaardigheid.
  7. Stel bereikbare doelwitte / Set achievable goals
    Indien jou kind glo hy/sy gaan dit in elk geval nie kan bereik nie, hoekom sal hy/sy eers probeer? Die goue reël hier is dat jou kind minstens ‘n “7 uit 10” kans het om sukses te behaal. 
/ Akademie, Nuus

Marike Badenhorst (skoolsielkundige) het hierdie week vinnig by die graad 7-klasse kom inloer en hierdie waardevolle inligting met hulle gedeel sodat hulle hul vraestelle op die regte manier kan aanpak. Ons deel graag hierdie wenke met almal (kliek HIER om die PDF-weergawe af te laai). Voorwaar iets om te hou wat leerders tot matriek kan gebruik.

Sterkte met al die eksamen-/assesseringvoorbereiding. Onthou: ons kinders voel ons as ouers se angs en spanning aan en reageer dan daarop. Benader die eksamen as ‘n gewone toets.

/ Akademie, Nuus

Sien asb. die belangrike inligting rakende die organisasie en logistiek tydens die eksamen/assessering: 1 – 14 Junie 2023

Donderdag, 1 Junie – Gr. 7’s begin met eksamen. Skryf in hul registerklasse vanaf 07:45 – 10:10 asook 10:30 – 12:25 (Wiskunde x 2 vraestelle). Res van die skool ruil normaal.

Vrydag, 2 Junie – Gr. 7’s skryf eksamen 07:45-10:10 in hul registerklasse. Res van die skool ruil normaal.

Maandag, 5 Junie – Woensdag, 14 Junie: (Gr. 4-7)

  1. Konsessie-leerders gaan direk na lokale en bly daar tot eerste pouse.
  2. Skryfsessie: 07:45 – 10:10 (begin so gou moontlik skryf om te verseker almal het genoeg tyd)
    *’n spesiale reëling sal in plek gestel word indien daar om 08:00 – 10:00 ‘n kragonderbreking mag wees. Leerders mag ‘n kopliggie of ander liggie bring om op hul lessenaar te sit tydens beurtkrag.
  3. Gr. 6 en 7-klasse word in ses onderskeie klasse verdeel om eksamenfokus en -dissipline te handhaaf. Hierdie ‘nuwe’ klasse gaan direk na die onderskeie eksamenlokale en sal na eerste pouse by hul registerklasse aanmeld.
  4. Almal verdaag na eerste pouse na hul registerklasse. Geen klasruiling sal vir gr. 1 – 7 tydens hierdie eksamentydperk (5 – 14 Junie) plaasvind nie.
  5. Sportoefeninge gedurende skooltyd:
    • Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word.
    • Toesig sal in graadverband georganiseer word afhangend van hoeveelheid leerders wat nie die bepaalde dag oefen nie. Geen leerders sal sonder toesig gelaat word nie. Graadhoofde moet opname doen en dit kommunikeer.
    • Graad 4 – 7’s oefen: 10:30 – 11:30
    • Graad 1 – 3’s oefen: 11:45 – 12:50
    • Leon, André en Rashard is hierby betrokke.
    • Oefendae: Let Wel dat die oefeninge verpligtend is vir spelers wat by ‘n span betrokke is.
      • Maandag: Netbal / Rugby
      • Dinsdag: Hokkie / Landloop
      • Woensdag: Netbal / Rugby
      • Donderdag: Hokkie
  6. Musiekoefeninge gedurende skooltyd: Geen musiekonderrig sal voor eerste pouse plaasvind nie. Kore oefen volgens die rooster:
    • Maandae – Junior koor
    • Donderdae – Senior koor
  7. Skool verdaag vanaf Woensdag, 31 Mei, om 13:00 (gr. 1-3) en 13:15 (gr. 4-7). Periode 7 val outomaties weg.

  8. ONTHOU: Alle vraestelle sal met leerders bespreek word. Dis deel van die leerproses. Leerders moet weet waar hulle foute gemaak het. Aangesien Afrikaans, Engels en Wiskunde vakke is wat deurlopend is, word die vraestelle van hierdie vakke vir ondertekening huis toe gestuur – dit mag dalk eers volgende kwartaal geskied a.g.v. die sporttoer.

/ Akademie, Biblioteek, Nuus

Ons is vreeslik opgewonde oor Jaco Jacobs wat ons op Maandag, 22 Mei, kom besoek. Die praatjie sal om 12:45 plaasvind en van Jaco se boeke sal na die tyd te koop wees. Indien leerders belangstel om ‘n boek te koop, moet hulle asseblief Maandag kontant saambring. Boekpryse wissel tussen R50 (boeke vir jonger leerders) en R250. Ons kwartaallikse boekverkope sal dan ook op die 25ste en 26ste Mei (volgende Donderdag en Vrydag) in die biblioteek plaasvind. Sien julle daar!

Kliek HIER vir die volledige pryslys.

/ Akademie, Nuus

Ons is so trots op ons leerders (en ouers) wat so getrou aan hul akademie werk. In ons strewe na uitnemendheid gee ons soveel moontlik aandag aan dit wat ons leerders nodig het om hul akademiese reis so maklik moontlik aan te durf. Ons is opgewonde oor ons sistemiese uitslae van 2022 wat baie goed teenoor ons distrik en provinsie reflekteer, maar weet dat ons nog meer moet doen om ons leerders te ondersteun. Ons akademiese fokus vir die res van die jaar sal berus op: 1) Lees om te leer; EN 2) Interaktiewe leer.

  1. Lees om te leer:

Om met begrip te lees en om kennis toe te pas, raak al hoe moeiliker. Hierdie vaardigheid word in alle leerareas benodig. Hoe beter ‘n leerder se leesvermoë is, hoe beter vind leer plaas. Die aanvraag na ekstra individuele hulp en leesondersteuning word al hoe meer. Daarom dat ons skool besluit het om ‘n leesintervensieprogram saam te stel wat deur die hele skool gevolg sal word.

  1. Interaktiewe leer:

Interaktiewe leer vind plaas om verskeie metodes van leer aan te moedig. Digitale leer d.m.v. tegnologiese toestelle is ‘n aspek om interaktiewe leer te bevorder. Ons leerders leer op allerhande maniere en ons wil dit bevorder. Ons poog om wêreldburgers op te voed wat kreatief moet kan dink en probleme oplos, lekker gemaklik moet kan kommunikeer en op hul voete moet dink en redeneer.  Leer en die ontdek van inhoud in verskeie leerareas staan nie alleen in silo’s nie, maar word geïntegreer oor vakgebiede om die werk baie meer relevant en lewendig te maak. Leerderbetrokkenheid is die antwoord tot leer – hoe om dit aan te moedig en te behou.  Leerders moet nuuskierig gemaak word sodat leergierigheid gevestig word. Die fokus is hier op die opvoeders en die manier hoe lesse aangebied word.

/ Akademie, Nuus

Ons is opgewonde om hierdie jaar weer in persoon aan die WOW Spelfees deel te neem!

Alle leerders sal hul graad se spellys ontvang. Hierdie spellyste is ook op die webtuiste beskikbaar. Die grondslagfase en graad 4-7 Afrikaanse onderwysers sal vir die leerders wys watter woorde hulle vir die interne spelkompetisie moet leer. Ons interne spelkompetisie sal 21 Julie 2023 in die vorm van ‘n geskrewe speltoets plaasvind. Daarna sal ‘n aantal leerders in elke graad gekies word om aan die Kring/Distrik Spelfees deel te neem.

/ Akademie, Nuus

Al ons graad 6 en 7-leerders het aan die eerste rondte van die Horizon Wiskundekompetise deelgeneem. Dit is vir ons wonderlik om te sê dat 39 graad 7’s en 13 graad 6’e deur is na die volgende rondte. Die volgende rondte is op 13 Mei. Meer besonderhede rakende die tyd en plek sal volgende week aan die leerders voorsien word. Baie geluk aan ons graad 6 en 7-leerders wat so puik presteer het.

/ Biblioteek, Nuus

Ons is vreeslik opgewonde oor Boek Buddies wat ons die 11de Mei (volgende Donderdag) kom besoek. Boek Buddies kweek ’n liefde vir lees deur uittreksels uit die nuutste Afrikaanse kinderboeke op ’n interessante en interaktiewe manier op te voer. Op hierdie manier word leerders se belangstelling geprikkel en moedig ons hulle aan om self die boeke klaar te lees. Beide ’n junior- en seniorvertoning word aangebied, en die opvoerings sal Donderdag tydens skooltyd plaasvind. Boek Buddies vra R15 per leerder om die vertoning by te woon, en kan vanaf vandag op die Karri-toep betaal word. Leerders wat R15 betaal, is ook meer as welkom om Donderdag met funky socks skool toe te kom. Betalings sluit op Woensdag, 10 Mei. Ons hoop julle is saam met ons opgewonde, sien julle daar!

/ Akademie, Nuus

Kliek HIER of op die foto vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.

/ Akademie, Nuus

Met sterre in die oë en hoop in ons harte is ons besig om akademie by ons lieflike skool stadig maar seker te vernuwe om leerders stelselmatig vir die nuwe manier van onderrig voor te berei. Ons het verlede jaar besluit om die biblioteek- asook die kodering & robotika kurrikulum aan te pas en woema daarin te blaas. Dankie aan Marlize en Suné wat daagliks hul bes probeer om alle leerders (gr. R-7) tydens hierdie onderskeie vakke te onderrig. Ons sien werklik daarna uit om te sien hoe die vakke ‘lewe’ kry.

Media en Geletterdheidsentrum (vorige biblioteek) – Marlize ter Borg

Ons is ongelooflik opgewonde om die ‘nuwe’ media en geletterdheidsentrum se ontwikkeling en potensiaal dop te hou en sien uit na wat vir hierdie vakgebied voorlê. Wat voorheen as tradisionele biblioteek gedien het, is nou omskep in ‘n moderne ruimte waar leerders steeds hul liefde vir lees, taal en stories kan uitleef, maar ook rekenaar- en ander tegnologiese vaardighede kan aanleer. In samewerking met die Robotika en Koderingklas, hoop ons om kreatiwiteit, innoverende denke en ‘n liefde vir tegnologie by leerders te kweek. Hierdie klas verskil egter van dié van Robotika en Kodering, aangesien ons op meer algemene rekenaarvaardighede en programme soos Microsoft Word, Excel, Canva, ensomeer fokus. Verder raak ons ook aan onderwerpe soos digitale burgerskap en bypassende temas soos aanlyn veiligheid, kuberboelies en jou digitale voetspoor. Hierdie vaardighede kan natuurlik ook in ander vakke toegepas word, en kan op hierdie manier leerders se akademiese vordering in ander vakgebiede ondersteun. Ons doelwit is om leerders met die nodige vaardighede toe te rus sodat hulle die veranderende, tegnologiese wêreld met selfvertroue kan aandurf.

Kodering en Robotika – Suné Swanepoel

Nuuskierigheid, verwagtinge en groot opwinding is die gedrewe fokus wat na nuwe konsepte en verkennings van verskillende soort onderwerpe in ons Kodering en Robotikaklas lei.

Ons klaskamer is omskep in ‘n opvoedkundige ‘speelkamer’ en die leerders is aktief by die leerproses betrokke. Dis ‘n riem onder die hart om te sien as leerders besef dat hulle hul (werk) kodes kan verander om ‘n spesifieke uitkoms te bereik indien die aanvanklike uitkoms wat hulle bereik het, foutief was. Die hoofdoel is om ‘n veilige ruimte vir leerders te skep om selfversekerde, verantwoordelike, bekwame en kreatiewe gebruikers van inligting en kommunikasie deur middel van tegnologie te gebruik, te word. Blootstelling aan verskillende soort geleenthede waar hulle gemotiveer word om hul eie kreatiwiteit te gebruik sodat hul probleme kan op los, is waarna ons verder strewe. Daar is groot planne om hierdie vak te laat uitstyg.

Kyk gerus hierdie VIDEO om te sien wat die afgelope kwartaal in die Kodering en Robotikaklas plaasgevind het.

/ Akademie, Biblioteek, Nuus

Aan die begin van hierdie week het die televisie-aanbieder en aktrise, Chrystal Donna Roberts, met die graad 4 tot 7-leerders kom gesels. Chrystal is veral bekend vir haar rolle in televisiereekse soos Fynskrif en Fraksie, asook die 2017 film, Krotoa. Ons was verskriklik opgewonde om haar by die skool te ontvang. Sy het onlangs haar debuut as skrywer gemaak met die jeugroman Speurder Sammi, en het meer oor hierdie verhaal en die skryfproses daaragter met ons gedeel. Dit was heerlik om te hoor hoe Chrystal haar liefde vir stories deel, asook die wete dat geen droom ooit te groot is om na te jaag nie. Die leerders was absoluut gaande oor Chrystal – sy is plat op die aarde, het ‘n warm, oop gemoed en is beslis iemand by wie die leerders kon aanklank vind. Ons sien uit om haar gou weer te nooi!

/ Akademie, Nuus

Beste Graad 5-Ouer

Kom woon asseblief die graad 5-inligtingsessie op 29 Maart om 18:00 in die skoolsaal by rakende die gebruik van die skootrekenaars wat alle gr. 5’s aan die begin van kwartaal 2 sal ontvang. Die volgende sal bespreek word:

  • Leerders en ouers se verantwoordelikheid t.o.v. die skootrekenaars.
  • Hoe dit in die klaskamer gebruik gaan word.
  • Bespreking van ‘n dokument wat ouers moet onderteken en terugstuur skool toe.
/ Akademie, Biblioteek, Nuus

Neem asseblief kennis dat daar volgende Donderdag en Vrydag (die 23 en 24ste Maart) weer ‘n boekverkope in die biblioteek sal plaasvind. Stuur asseblief ’n geldjie saam skool toe indien jou kind belangstel om ’n boek te koop. Verkope sal tydens skooltyd tot en met 15:30 plaasvind en beide leerders en ouers is welkom om ’n draai te kom maak. Ons is opgewonde om julle almal daar te sien!

Belangrike Datums

februarie 2026

14feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek

16feb(feb 16)00:0015(feb 15)23:59Krieket: o.13B vs Reddam House Durbanville (WEG)

16feb(feb 16)00:0015(feb 15)23:59Krieket: o.13A vs Reddam House Durbanville (WEG)

16feb07:3008:30Sosiale media-gesprek met Carla de Beer (vir ouers)

17feb00:0023:59Interskole Atletiek

17feb00:0023:59Krieket: o.13B vs Bishops (WEG)

17feb18:0018:00Hs JvR - Opedag (Gr.6&7)

18feb(feb 18)00:0017(feb 17)23:59Krieket: o.11B vs Bishops (TUIS)

18feb(feb 18)00:0017(feb 17)23:59Krieket: o.11A vs Bishops (WEG)

18feb00:0023:59Fotodag (Klas-, individuele- en familiefoto's)

18feb00:0023:59Mini krieket: Curro Burgundy (TUIS)

19feb(feb 19)00:0018(feb 18)23:59Huppelland Klasbraai

19feb00:0023:59Jannies vir Jesus

19feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

19feb00:0023:59Anthea Gravett (Onderwyser) Verjaar

19feb00:0023:59Krieket: o.13B vs Kampsbaai (TUIS)

19feb00:0023:59Krieket: o.13A vs Edgemead (WEG)

20feb00:0023:59TOETS: NWT & NW

20feb00:0023:59Klasbraai

20feb00:0023:59Sone Atletiek - Vygieskraal

20feb10:3013:00Tennis: Rusiwa Primary (o.13A & B Dogters)

21feb00:0023:59Krieket: o.7-o.9 (Van Riebeeck Strand)

21feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek

23feb00:0023:59Beheerraad-vergadering

24feb00:0023:59Atletiek: Panorama (o.7 - o.9)

24feb08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

25feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

26feb00:0023:59Mini krieket: Parklands (TUIS)

27feb00:0023:59Swem: Junior Kleure swemgala

27feb00:0023:59Somersport eindig

27feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

Wys Meer

maart 2026

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

02mrt00:0023:59Wintersport Begin

05mrt00:0023:59Mini krieket: Rallim (TUIS)

06mrt00:0023:59Skool verdaag vroeër (Voorlopig)

06mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59TOETS

06mrt00:0023:59Skaak: Panorama

09mrt00:0023:59Leerderraadontbyt by HS JvR

10mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Mini krieket: Riverside (TBC)

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt(mrt 14)00:0015(mrt 15)23:59Dapper Stappers: Oornagstap (Langebaan)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

18mrt(mrt 18)00:0019(mrt 19)23:59Boekverkope

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt00:0023:59Gholfdag

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Ls Vredenburg (WEG)

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Netbal & Rugby: Ls Vredenburg (TUIS)

21mrt00:0023:59Netbal: Ls Hermanus (MNB)

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer