Ons is opgewonde om hierdie jaar weer in persoon aan die WOW Spelfees deel te neem!

Alle leerders sal hul graad se spellys ontvang. Hierdie spellyste is ook op die webtuiste beskikbaar. Die grondslagfase en graad 4-7 Afrikaanse onderwysers sal vir die leerders wys watter woorde hulle vir die interne spelkompetisie moet leer. Ons interne spelkompetisie sal 21 Julie 2023 in die vorm van ‘n geskrewe speltoets plaasvind. Daarna sal ‘n aantal leerders in elke graad gekies word om aan die Kring/Distrik Spelfees deel te neem.