Februarie-maand het gister skielik sy onverwagse opwagting gemaak, want die aanbreek van 01 Januarie 2024 voel vir my soos gister. Seker soos ‘n mens bietje ouer word, kom ek weereens tot die besef dat tyd besonders vinnig verby vlieg en vir niemand wag nie. Dus indien jy vanjaar beplan om nog iets spesiaal te doen, moenie wag nie liewe vriende, doen dit sommer onmiddellik! Graag wil ek almal hartlik bedank vir al die mooi verjaardagwense wat ek sedert Vrydag, 26 Januarie ontvang het. Ek het op Sondag, 28 Januarie verjaar, maar is reeds vanaf Vrydag, 26 Januarie, tot in die spreekwoordelike afgrond deur die leerders en personeel bederf. Ek wens julle as ouers/voogde kon die spesiale dag by die skool saam met my beleef. Dit was so kosbaar. Die leerders se opregte omgee en kreatiewe verjaarsdagwense, sal ek verewig koester. Op Saterdag, 27 Januarie, is die tweede Ouer- en kindsportdag vanaf 07:30 by die Conradieveld aangebied. Ek kon ongelukkig eers vanaf 11:00 by die spesiale sportdag aansluit aangesien ek, Marinda en Raché vanaf 08:00 die oggend by die Oude Molen Tegniese Skool departementele opleiding moes ontvang. Dit was wonderlik om te sien dat selfs teen 11:00 die oggend, hoeveel ouers/voogde saam met hul kinders nog steeds aktief aan die sportdag deelgeneem het. Alhoewel dit sommer lekker warm was, het ons ouers/voogde en leerders met hope entoesiasme deelgeneem. Die opgewondenheid...
Lees Verder