Skrywer: Suzaan Burger
Uitreik van die maand
Ons vier vanjaar Boomplantdag en Lentedag saam op 2 September:
Lees VerderUitreike en Welwillendheidsprojekte
Ons fokus vir die jaar se uitreike is om ons eie gemeenskap te ondersteun en te dien. Ons grootste en steeds deurlopende projek is die kospakkie-projek aan die gesinne in ons eie gemeenskap. Ons het gedurende die Grendeltyd begin om kospakkies twee weekliks aan 15 gesinne te gee. Die projek is nog volstoom aan die gang. Vandat die skole weer heropen het, verskaf ons daagliks aan 27 leerders broodjies en vrugte. Hierdie projek is moontlik gemaak en word deur die OOV en die betrokke ouers van die skool bestuur. Baie dankie dat ons altyd op ons OOV en ouers kan staatmaak. Die dankbaarheid op die gesigte van die leerders wat die kos ontvang, is onbeskryflik. Die volgende projekte is tydens MANDELA-DAG aangebied: • Klippe is geverf om die tuin van Monte Rosa aftreeoord te versier. • Nie-bederfbare produkte is deur die leerders skool toe gebring en kospakkies is opgemaak en oorhandig aan gesinne wat dit benodig. Huppelland se Gr.0’e en 00’e het ook hierby bygedra. • Graad R’e het vir ons skryfbehoeftes ingesamel vir Prestwich Street Laerskool. • Ons graad 7’s het aan die begin van die jaar boeke ingesamel wat ons op Mandela-dag aan Laerskool Ellerton se biblioteek geskenk het. Bemarking van bogenoemde projekte is op die skool se WEBTUISTE beskikbaar. Baie dankie vir al julle ondersteuning en vrywilligheid om te help. Dit word baie...
Lees VerderOOV-Voorsitter 2021
Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2021. Stuur gerus nominasies direk aan Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor ‘n paar weke ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal...
Lees VerderOuerbesoeke
Daar sal ouerbesoekgeleenthede beskikbaar wees vir die grondslagfase (8 & 9 Sept.) en vir die intersenfase (8 – 10 Sept.) waartydens agterstande, vordering (akademies, emosioneel, ens.) bespreek kan word. ‘n Afspraak sal slegs 15 minute wees en slegs een ouer/voog van ‘n gesin mag ‘n onderwyser op ‘n slag besoek. Afsprake word d.m.v. ‘n Google Form gemaak. Sien punt nr.4 hieronder. Reëlings: 1. Ingang sal vanaf Nuwe Kerkstraat se hek toegelaat word. Ouers sal nie die Kloofstraat-ingang kan gebruik nie. 2. Daar sal onderskeie siftingstasies wees om die nodige veiligheidsregulasies te respekteer. Die grondslagfase sal by die klas waar die afspraak plaasvind, gesif word. Die intersensiftingstasies sal in die parkeerarea naby juf. Marianna Oosthuizen se klas wees asook in die vierkant by die admingebou se ingang. 3. Indien dit nie moontlik is om ‘n afspraak met ‘n onderwyser te maak nie, sal ons dit verwelkom om self ‘n alternatiewe reëling met die spesifieke onderwyser te tref. 4. Kliek op die Google Form om ‘n afspraak te maak: GRONDSLAGFASE AFSPRAKE / INTERSENFASE AFSPRAKE 5. Ongelukkig sal geen kinders binne die skool toegelaat word terwyl die ouerbesoeke plaasvind nie aangesien ons die hoeveelheid mense binne die skool beperk. Nasorgleerders mag wel by die nasorg wag totdat hulle afgehaal word soos die natuurlike prosedure...
Lees VerderJannies-gesprekke: Interessante artikels
Hierdie week het ons drie interessante en relevante artikels op die webtuiste gelaai: ARTIKEL 1 kyk na depressie by kinders en adolessente, watter gedrag moet kommer wek en wat is die kriteria voor ‘n diagnose van depressie gemaak kan word. ARTIKEL 2 handel oor die impak wat internetspeletjies op die kind se ontwikkeling het en die gevare van moontlike verslawing. ARTIKEL 3 bespreek die interaksie tussen kognisie en emosie en die groot rol wat ‘n kind se gemoedstoestand by memorisering speel, probleemoplossing, werksgeheue en...
Lees VerderMusieklesse
Daar is nou weer ‘n paar plekke beskikbaar vir klavier- of blokfluitlesse. Indien iemand belangstel, kontak juf. Helecia Groenewald by helecia@jvrprim.co.za.
Lees VerderSkoolhoofsake
Met Oosie wat Vrydag weg is, vul ons die posisie eers tydelik. Dit is met groot lekkerte dat ons vandag die leisels oorgee aan ons waarnemende skoolhoof Marinda Brink. Soos julle weet is Marinda ’n Jannie in murg en been – dinge sal soomloos voortgaan. Met haar ongekende omgee en inisiatief, weet ons die skool is in goeie hande. Dankie Marinda. As julle haar wil kontak: marinda@jvrprim.co.za of maak sommer ‘n afspraak by die kantoor. Die aanstelling van die nuwe skoolhoof is nog nie amptelik nie – die proses lê nou by die WKOD (Wes-Kaapse onderwysdepartement). Daarom kan ons nog nie amptelik daaroor kommunikeer nie. Sodra die WKOD hul goedkeuring gee, sal julle dadelik in kennis gestel word. Dit sal ook die aanvangsdatum van die nuwe skoolhoof se termyn bepaal. Lekker week! Die...
Lees VerderCovid-regulasies
Dit is heerlik om al die leerders terug by die skool te hê. Ons fokus bly egter om die COVID-regulasies te volg en leerders en personeel konstant bewus te maak om hul maskers te dra, te onsmet, hande te was en om hul afstand te hou. Ons wil graag die volgende onder jul aandag bring: *Indien jy positief vir Covid-19 getoets word, moet jy die skool in kennis stel en jou kind(ers) moet vir die kwarantyntydperk van 10 dae by die huis bly. (Hierdie 10 dae periode begin op die dag waarop die positiewe uitslag ontvang word). *Indien jy enige simptome ervaar en self-isoleer, moet jy ook die skool in kennis stel en jou kind(ers) vir die kwarantyntydperk van 10 dae by die huis hou. (Hierdie 10 dae periode begin op die eerste dag waarop simptome getoon word). Sien asb. die skool se COVID-beleid (die beleid verskyn eersdaags op die webtuiste). Leerders sal nog steeds die geleentheid kry om alle werk deur Google Classroom te voltooi indien skoolbywoning nie moontlik is nie. Ons wil verseker dat alle leerders ‘n regverdige kans op goeie akademie ontvang. Dit is vir ons baie belangrik om die skoolomgewing so veilig moontlik te hou. Dankie vir die ondersteuning en...
Lees VerderLeerderraad sê totsiens vir mnr. Oosthuizen
Meneer laat my altyd lag en skool gaan nie dieselfde sonder meneer wees nie. Ek gaan meneer baie, baie mis. – Jana Brink Dankie vir al meneer se moeite en vrolikheid. Die skool gaan nie dieselfde wees sonder meneer nie. – Armand Meyer Dankie dat meneer die beste hoof was wat meneer kon wees. Die hele skool gaan meneer mis. – Lourens van der Walt Ons hoop meneer gaan ‘n heerlike jaar verder hê en dat meneer ons net soveel sal mis soos ons vir jou sal mis! – Emma Bartel Baie dankie vir alles wat meneer vir almal gedoen het. Die skool sal nooit weer dieselfde wees sonder meneer se sweeties nie. -Stella Malan Meneer sal altyd ‘n Jannie wees en ons is trots om te sê meneer was ons skoolhoof. Ons gaan meneer nooit vergeet nie. -Christian Viljoen Ek sal nooit die 7 jaar by JvR met die beste hoof wat ek ooit voor kon vra, vergeet nie. Ek en die hele skool gaan meneer baie mis. – Cayle Stoltz Die skool sal nie dieselfde wees sonder meneer hier nie. Ons gaan meneer mis by sportdae, Jannies Talentaande en veral in die kantoor met meneer se sweetie blik! Die laaste sewe jaar was ‘n groot voorreg om meneer as ons skoolhoof te hê, ons almal gaan meneer mis. – Ella-Mari le Roux Baie dankie vir al die...
Lees VerderDie Beheerraad se brief aan mnr. Oosthuizen
Beste Oosie In ons soeke na ‘n nuwe skoolhoof het ons besef hoe uniek jy regtig is. ‘‘Wees jouself’’ is iets wat jy geleef het – daarom dat dit so maklik gekom het vir personeel en die leerders. Dit is jou grootste nalatenskap na 26 jaar. Jy ken jou Jannies by die naam. Jou lojaliteit aan jou personeel was opvallend. Boonop is jy die enigste skoolhoof wat ons ken wat sy kattebak vol wyn laai as die ouers aan die werskaf is by ’n funksie en sorg dat glase vol is. En vir kinders, lekkergoed slip in jou kantoor. Ons skool se atmosfeer is lig en lekker – jy het dit so gemaak. Jy verdien nie hierdie vreemde koebaai nie, want afstand is nie jou ding nie. Jy maak jou hande vuil en sorteer dinge uit. Jy staan langs die rugbyveld en jy sit in die voorste ry by die konsert. Jy het baie veranderinge met kalmte bestuur in ’n tyd van ongekende omwentelings in die land en onderwys. Tegelykertyd het jy nooit met intimidasie gelei nie – jy is inklusief en het jou span altyd betrek. Wat ons ook gaan mis, is jou liefde vir ‘n lekker storie en ‘n grap. Jy is ‘n vriend van menige by hierdie skool. Dankie vir jou omgee en energie vir so ‘n lang tyd. Jy, Marianna, Jana en Willem het ’n...
Lees VerderSnoepie: Aanlynbestellings
Vanaf 1 September sal die snoepie aanlyn-bestellings neem. Die snoepie sal egter nie vir algemene verkope oop wees nie. Niemand sal op die dag enigiets kan koop nie. Die bestelvorm sal elke Donderdag d.m.v. die Karri-toep uitgestuur word vir die volgende week se bestellings. Slegs etes, broodjies, water en koeldrank sal verkoop word. Alle bestellings sal by die klasse afgelewer word en leerders hoef nie na die snoepie te gaan...
Lees VerderVideo: Mnr. Oosthuizen se laaste oomblikke as skoolhoof
Kliek op die foto vir ‘n video van mnr. Oosthuizen se laaste oomblikke as skoolhoof van Laerskool Jan van Riebeeck
Lees VerderTrotse Jannie
Name and surname: Chloë Nikiforos Grade: 5S Where do you live?: I live in Oranjezicht with my family. Favourite subject: English with Mrs Wright. I love it because English is my home language and I enjoy writing fictional essays. I also love reading. Roald Dahl is my favourite author and The BFG is my favourite book. I am a Trotse Jannie, because I enjoy playing netball. I am a shooter and can’t wait to be on the netball court again. For me the teachers at Jan van Riebeeck are the best thing about the school. They are always so...
Lees Verder