Dit is heerlik om al die leerders terug by die skool te hê. Ons fokus bly egter om die COVID-regulasies te volg en leerders en personeel konstant bewus te maak om hul maskers te dra, te onsmet, hande te was en om hul afstand te hou. Ons wil graag die volgende onder jul aandag bring:

*Indien jy positief vir Covid-19 getoets word, moet jy die skool in kennis stel en jou kind(ers) moet vir die kwarantyntydperk van 10 dae by die huis bly. (Hierdie 10 dae periode begin op die dag waarop die positiewe uitslag ontvang word).
*Indien jy enige simptome ervaar en self-isoleer, moet jy ook die skool in kennis stel en jou kind(ers) vir die kwarantyntydperk van 10 dae by die huis hou. (Hierdie 10 dae periode begin op die eerste dag waarop simptome getoon word).
Sien asb. die skool se COVID-beleid (die beleid verskyn eersdaags op die webtuiste).

Leerders sal nog steeds die geleentheid kry om alle werk deur Google Classroom te voltooi indien skoolbywoning nie moontlik is nie. Ons wil verseker dat alle leerders ‘n regverdige kans op goeie akademie ontvang.

Dit is vir ons baie belangrik om die skoolomgewing so veilig moontlik te hou. Dankie vir die ondersteuning en samewerking.