Daar sal ouerbesoekgeleenthede beskikbaar wees vir die grondslagfase (8 & 9 Sept.) en vir die intersenfase (8 – 10 Sept.) waartydens agterstande, vordering (akademies, emosioneel, ens.) bespreek kan word. ‘n Afspraak sal slegs 15 minute wees en slegs een ouer/voog van ‘n gesin mag ‘n onderwyser op ‘n slag besoek. Afsprake word d.m.v. ‘n Google Form gemaak. Sien punt nr.4 hieronder.

Reëlings:
1. Ingang sal vanaf Nuwe Kerkstraat se hek toegelaat word. Ouers sal nie die Kloofstraat-ingang kan gebruik nie.
2. Daar sal onderskeie siftingstasies wees om die nodige veiligheidsregulasies te respekteer. Die grondslagfase sal by die klas waar die afspraak plaasvind, gesif word. Die intersensiftingstasies sal in die parkeerarea naby juf. Marianna Oosthuizen se klas wees asook in die vierkant by die admingebou se ingang.
3. Indien dit nie moontlik is om ‘n afspraak met ‘n onderwyser te maak nie, sal ons dit verwelkom om self ‘n alternatiewe reëling met die spesifieke onderwyser te tref.
4. Kliek op die Google Form om ‘n afspraak te maak: GRONDSLAGFASE AFSPRAKE / INTERSENFASE AFSPRAKE
5. Ongelukkig sal geen kinders binne die skool toegelaat word terwyl die ouerbesoeke plaasvind nie aangesien ons die hoeveelheid mense binne die skool beperk. Nasorgleerders mag wel by die nasorg wag totdat hulle afgehaal word soos die natuurlike prosedure is.