Met Oosie wat Vrydag weg is, vul ons die posisie eers tydelik. Dit is met groot lekkerte dat ons vandag die leisels oorgee aan ons waarnemende skoolhoof Marinda Brink. Soos julle weet is Marinda ’n Jannie in murg en been – dinge sal soomloos voortgaan. Met haar ongekende omgee en inisiatief, weet ons die skool is in goeie hande. Dankie Marinda. As julle haar wil kontak: marinda@jvrprim.co.za of maak sommer ‘n afspraak by die kantoor.

Die aanstelling van die nuwe skoolhoof is nog nie amptelik nie – die proses lê nou by die WKOD (Wes-Kaapse onderwysdepartement). Daarom kan ons nog nie amptelik daaroor kommunikeer nie. Sodra die WKOD hul goedkeuring gee, sal julle dadelik in kennis gestel word. Dit sal ook die aanvangsdatum van die nuwe skoolhoof se termyn bepaal.

Lekker week!

Die Beheerraad