Ons fokus vir die jaar se uitreike is om ons eie gemeenskap te ondersteun en te dien.

Ons grootste en steeds deurlopende projek is die kospakkie-projek aan die gesinne in ons eie gemeenskap. Ons het gedurende die Grendeltyd begin om kospakkies twee weekliks aan 15 gesinne te gee. Die projek is nog volstoom aan die gang. Vandat die skole weer heropen het, verskaf ons daagliks aan 27 leerders broodjies en vrugte. Hierdie projek is moontlik gemaak en word deur die OOV en die betrokke ouers van die skool bestuur. Baie dankie dat ons altyd op ons OOV en ouers kan staatmaak. Die dankbaarheid op die gesigte van die leerders wat die kos ontvang, is onbeskryflik.

Die volgende projekte is tydens MANDELA-DAG aangebied:
• Klippe is geverf om die tuin van Monte Rosa aftreeoord te versier.
• Nie-bederfbare produkte is deur die leerders skool toe gebring en kospakkies is opgemaak en oorhandig aan gesinne wat dit benodig. Huppelland se Gr.0’e en 00’e het ook hierby bygedra.
• Graad R’e het vir ons skryfbehoeftes ingesamel vir Prestwich Street Laerskool.
• Ons graad 7’s het aan die begin van die jaar boeke ingesamel wat ons op Mandela-dag aan Laerskool Ellerton se biblioteek geskenk het.

Bemarking van bogenoemde projekte is op die skool se WEBTUISTE beskikbaar.

Baie dankie vir al julle ondersteuning en vrywilligheid om te help. Dit word baie waardeer.