Vanaf 1 September sal die snoepie aanlyn-bestellings neem. Die snoepie sal egter nie vir algemene verkope oop wees nie. Niemand sal op die dag enigiets kan koop nie.

Die bestelvorm sal elke Donderdag d.m.v. die Karri-toep uitgestuur word vir die volgende week se bestellings. Slegs etes, broodjies, water en koeldrank sal verkoop word. Alle bestellings sal by die klasse afgelewer word en leerders hoef nie na die snoepie te gaan nie.