Meneer laat my altyd lag en skool gaan nie dieselfde sonder meneer wees nie. Ek gaan meneer baie, baie mis. – Jana Brink
Dankie vir al meneer se moeite en vrolikheid. Die skool gaan nie dieselfde wees sonder meneer nie. – Armand Meyer
Dankie dat meneer die beste hoof was wat meneer kon wees. Die hele skool gaan meneer mis. – Lourens van der Walt
Ons hoop meneer gaan ‘n heerlike jaar verder hê en dat meneer ons net soveel sal mis soos ons vir jou sal mis! – Emma Bartel
Baie dankie vir alles wat meneer vir almal gedoen het. Die skool sal nooit weer dieselfde wees sonder meneer se sweeties nie. -Stella Malan
Meneer sal altyd ‘n Jannie wees en ons is trots om te sê meneer was ons skoolhoof. Ons gaan meneer nooit vergeet nie. -Christian Viljoen
Ek sal nooit die 7 jaar by JvR met die beste hoof wat ek ooit voor kon vra, vergeet nie. Ek en die hele skool gaan meneer baie mis. – Cayle Stoltz
Die skool sal nie dieselfde wees sonder meneer hier nie. Ons gaan meneer mis by sportdae, Jannies Talentaande en veral in die kantoor met meneer se sweetie blik! Die laaste sewe jaar was ‘n groot voorreg om meneer as ons skoolhoof te hê, ons almal gaan meneer mis. – Ella-Mari le Roux
Baie dankie vir al die wonderlike jare by Laerskool Jan van Riebeeck. Ons gaan meneer nooit vergeet nie en ons hoop meneer geniet hierdie nuwe fase. Meneer is die beste skoolhoof wat enigiemand nog ooit voor kon gevra het. Ons gaan meneer baie mis. – Sebastian Boshoff
Baie dankie dat meneer altyd so gaaf is met almal, ek gaan meneer baie mis en die skool gaan nie dieselfde wees sonder meneer nie. Die sewe jaar wat ek al in die laerskool is, was die sewe beste jare van my lewe. – Klara von Lieres
Ons gaan meneer baie mis en sal nooit van meneer vergeet nie. Meneer was die beste en ek hoop dat meneer se aftree-jare met liefde en vrede gevul sal wees. – Onela Roxo