Skrywer: Suzaan Burger
Klerebank: Skoolhemde met wapens
Kliek HIER vir skoolhemde met wapens reeds aangewerk.
Lees VerderJvR Kunsveiling 2020
Bespreek nou vir volgende week – vul jou naam HIER in. As jy sukkel of vrae het, kontak asseblief vir Karien Zulch by 0834450980 of by jvrveiling2020@gmail.com. Die katalogus sal vroeg volgende week beskikbaar wees en die aanlynveiling sal einde Oktober...
Lees VerderSkrywer skenk vir ons biblioteek
Die Kaapse skrywer, Philip de Vos, het onlangs ‘n lekker klomp boeke aan ons biblioteek geskenk. Van die boeke, wat deur hom vertaal is, is Moeps die Mops (Aaron Blabey) en Hoe die Gons Kersfees gesteel het (Dr. Seuss). Hier is hy en sy hond, Brinji, met van die...
Lees VerderFotodag: 19 Oktober 2020
Reëlings: As gevolg van die fotodag sal daar GEEN LO-prakties op Maandag, 19 Oktober, wees nie. Leerders moet asb. betyds by die skool wees, want ons begin al om 08:00 met die neem van die foto’s. Leerders mag slegs somerdrag dra. Maak asb. seker dat jou kind(ers) se hare en naels netjies en skoon is. Die laaste dag vir fotobestellings is Maandag, 9 November...
Lees VerderPlastiek melk- en koeldrankdoppies
Baie dankie vir die ongelooflike reaksie! Ons het reeds so baie doppies ontvang dat julle vir eers maar ‘n blaaskans kan vat. Die wat wel nog doppies by die huis het, kan dit in die loop van volgende week na die kunsklas...
Lees VerderOp- en aflaai van leerders
Aangesien die leerders op ons skoolterrein op- en afgelaai word, voel hulle (en ons almal) veilig en meer ontspanne en hou nie noodwendig padveiligheid en -reëls in ag nie. Hierdie ‘veilige’ gevoel wat ons as vanselfsprekend aanvaar, kan so maklik in ‘n onnodige besering ontaard. Moedig asseblief jou kind(ers) aan om slegs van die voetoorgang gebruik te maak wanneer hulle op- of afgelaai word en dat niemand oor die ‘pad’ mag hardloop nie. Die onderwysers sal met sy/haar registerklas ‘n gesprek hieroor voer. Baie dankie vir die versigtigheid waarmee jy bestuur en dat ons leerders se veiligheid prioriteit geniet. Ek doen ‘n beroep op elkeen om asseblief nie op die teer te parkeer wanneer leerders op- en afgelaai word nie en dat alle motoriste en veral die vloei van ons skoolverkeer gerespekteer sal...
Lees VerderRedenaars 2021
Ek is tans besig met die redenaarsbeplanning vir 2021. Ek het hierdie week begin om vir die leerders wat belangstel briewe uit te deel. Indien jy graag wil hê jou kind moet aan redenaars deelneem, stuur hulle gerus na my toe om ‘n brief te kry. Kontak my gerus vir enige navrae. Andri Baird:...
Lees VerderEeufees-kompetisie
Ons pragtige skool word op 31 Januarie 2021 100 jaar oud. Ons wil graag ‘n geskikte naam vir die viering van die skool se verjaardag vind. Stel ‘n naam vir Laerskool Jan van Riebeeck se Eeufees voor en ontwerp jou eie embleem. Benamings moet teen 16 Oktober 2020 ingehandig word. Daar is ‘n lekker prys op die spel! KLIEK HIER om in te...
Lees VerderTuindag 2020
Ons herinner julle dat Woensdag, 7 Oktober, se sivvies wegval. Leerders sal volgende week slegs op die 9de sivvies kan dra. Kliek op die foto vir ‘n oulike video wat jou wys hoe om ‘n blommekransie te maak.
Lees VerderTrotse Jannie
Naam en van: Adrian du Pokoy Graad: 6B Waar woon jy?: Ek woon in Oranjezicht saam met my ma en my ouma. Ek was voorheen in Laerskool Goodwoodpark. Gunsteling vak: PSW is my gunsteling vak. Ek hou daarvan om van die verskille in mense se persoonlikhede te leer. Dit help my om die mense om my beter te verstaan. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek het goeie maniere, is positief en ek is lief vir...
Lees VerderOOV-voorsitter 2021
Baie geluk aan Ria Hertzog wat as OOV-voorsitter vir 2021 aangewys is. Dit was nie nodig om ‘n verkiesing te hou nie aangesien daar geen ander nominasies was nie. Ons weet dat hierdie raakvatter die taak uitstekend sal aanpak! Baie dankie vir jou bereidwilligheid en...
Lees VerderGr.7-Fondsinsameling: Opgradering van die Johan Oosthuizen-klubhuis
‘n Fondsinsamelingsprojek word gehou met die doel om die Johan Oosthuizen-klubhuis op te gradeer en alle ouers/voogde word vriendelik versoek om ons inisiatief te ondersteun. FONDSINSAMELING_ OPGRADERING VAN KLUBHUIS...
Lees VerderJvR-Spelfees
INLIGTING INSKRYWINGSVORM SPELLYSTE
Lees VerderOktober is kunsmaand!
Ons welbekende veiling maak sy Covid-buiging in ‘n nuwe gedaante! Oudergewoonte skenk ons ongelooflike kunstenaar-ouers en hul kunsvriende die jaar meer as 20 werke wat opgeveil gaan word – uiteraard aanlyn. Almal kan gratis bie – ouers en vriende van die skool is welkom. Besonderhede rondom die aanlynveiling sal later in Oktober gedeel word met ’n PDF van die werke wat beskikbaar sal wees. Daar is ook ‘n spesiale voorskou beskikbaar vir die wat in lewende lywe wil kom kyk. Kunstenaar en kurator Liza Grobler gaan informele rondleidings hou middel Oktober – en dit in Woodstock, die tuiste van Kaapstadkuns. Die adres is Albertstraat 139, Woodstock. Daar is drie tydgleuwe per dag vir groepe van agt beskikbaar. Die datums is Dinsdag 13 tot Vrydag 16 Oktober en begeleidings is om 15:00, 16:30 en 18:00. Kom geniet die spesiale geleentheid saam met vriende – ons gaan oudergewoonte regstaan met wyn. Maskers is ononderhandelbaar. BESPREEK HIER VIR DIE TYD WAT JOU PAS. Werke is beskikbaar van Liza Grobler, Norman O’Flynn, Barbara Wildenboer, Claudette Schreuders, Anton Kannemeyer, John Murray, Kilmany-Jo Liversage, Varenka Paschke, Conrad Botes, Pierre Liversage, Adeline Joubert, MJ Lourens, Ilené Bothma, Sophia van Wyk, Roelien Brink, Henk Serfontein, Wonder Marthinus, Frans Smit, Swain Hoogervorst, Catherine Ocholla, One, Vanessa Berlein, Alexia Klompje en David Bloomer. Vir nog inligting, kontak Karien Zulch by karien@zulch.co Alle gelde is ten bate van die Jan...
Lees VerderInterim-beheerraadverkiesing
Baie geluk aan Esri Marais wat as beheerraadslid verkies is. Baie dankie aan elkeen wat aan hierdie aanlynverkiesing – ‘n eerste vir ons skool – deelgeneem het. Die volgende beheerraadverkiesing vind gedurende die eerste kwartaal van 2021...
Lees Verder