Aangesien die leerders op ons skoolterrein op- en afgelaai word, voel hulle (en ons almal) veilig en meer ontspanne en hou nie noodwendig padveiligheid en -reëls in ag nie. Hierdie ‘veilige’ gevoel wat ons as vanselfsprekend aanvaar, kan so maklik in ‘n onnodige besering ontaard. Moedig asseblief jou kind(ers) aan om slegs van die voetoorgang gebruik te maak wanneer hulle op- of afgelaai word en dat niemand oor die ‘pad’ mag hardloop nie. Die onderwysers sal met sy/haar registerklas ‘n gesprek hieroor voer. Baie dankie vir die versigtigheid waarmee jy bestuur en dat ons leerders se veiligheid prioriteit geniet. Ek doen ‘n beroep op elkeen om asseblief nie op die teer te parkeer wanneer leerders op- en afgelaai word nie en dat alle motoriste en veral die vloei van ons skoolverkeer gerespekteer sal word.