Baie geluk aan Ria Hertzog wat as OOV-voorsitter vir 2021 aangewys is. Dit was nie nodig om ‘n verkiesing te hou nie aangesien daar geen ander nominasies was nie. Ons weet dat hierdie raakvatter die taak uitstekend sal aanpak! Baie dankie vir jou bereidwilligheid en toewyding.