Skrywer: Suzaan Burger

Kaperjolle 2024 is om die draai!

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00, by die Laerskool ‘n Pretdag vir oud en jonk! Straatkos-kompetisie – kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder) Kosstalletjies: Chip ‘n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling op Karri), en Oompa Loompa Treats Lekkergoedland Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges “Quad” speletjies Spookhuis Uitspan-zone vir groter kinders Musiek Kroegarea Kaartjies is reeds op Karri beskikbaar! Betaal vooraf die volgende: Betaal teen Dinsdag, 16 April, vir die voorafbestelde etes: R165.00 – Wagyu “smash” kaasburger met tjips R150.00 – Panko gekrummelde hoenderburger en tjips R150.00 – Falafel shawarma en tjips R160.00 – Hoender shawarma en tjips (Daar sal wel alternatiewe ete opsies soos pizza’s en boereworsrolle wees.) Teen Donderdag, 18 April: R100.00 – Toegangfooi vir volwassenes (sluit straatkoskompetisie-proe en beoordeling in, teen die agtergrond van “live” musiek): Sitplek aan die tafels is beperk, so kom vroeg! R230.00 – Kinder vermaak “combo” gee onbeperkte speeltyd in die area waarop die “combo” van toepassing is, byvoorbeeld spookhuis, en nog vele meer (meer besonderhede volg). R80 – graad 6 en 7 eksklusiewe “chill” zone Kaperjolle Straatkos-kompetisie: SKRYF ‘N SPAN IN! ons hou dan mos van lekkerlip kos, kom kook bietjie bos aan jou eie straatkos Kliek op die foto hier onder vir die reëls van die kompetisie en ‘n skakel na ‘n WhatsApp-groep om in te skryf. Kaperjolle Wit...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Parow-Oos: 6 Maart 2024

Die eerste liga wedstryd van die seisoen het begin! Baie geluk aan elke span. 0.7 A – verloor 0-2 0.7B – verloor 0-2 0.8A – verloor 1-3 0.8B verloor 0-2 0.9A wen 16-0 0.9B verloor 3-8 0.10A wen 5-3 0.10B gelykop 2-2 0.11A verloor 6-7 0.11B wen 5-1 0.12A wen 16-2 0.12B wen 5-2 0.13A wen 13-11 0.13B wen...

Lees Verder

Jan Kas Tweedehands

Jan Kas verkoop tweedehandse skoolklere! Hoe dit werk: Ouers wat tweedehandse klere het wat te klein is vir hul kind(ers) en bereid is om dit aan die skool te skenk, kan die gewaste klere na Jan Kas toe bring of saam met leerders skool toe stuur (na Suzaan Coetzee se kantoor toe). Merk asb. die sak waarin jy dit stuur met “donasie” indien moontlik. Tweedehandse items wat nog in ‘n goeie toestand is, sal deur die skool teen ‘n laer prys aan ouers verkoop word. Dit sal op die aanlyn winkel wees, gemerk as tweedehandse klere (kies gerus die Tweedehandse-filter) om te sien watter items en groottes tweedehands beskikbaar is. Ouers kan dit dan aanlyn of fisies in die winkel kom koop. Tweedehandse klere kan ongelukkig nie omgeruil word nie. Ouers aanvaar dat tweedehandse items moontlik ‘n haakplekkie of merkie op kan hê. Kyk asseblief uit vir die titel en simbool wat tweedehandse items van nuwe items onderskei. Klere wat a.g.v. hul toestand nie verkoop kan word nie, sal op ander maniere hergebruik word. Ons is besig om ‘n platform te ontwikkel, waar ouers items wat hulle nie wil skenk nie, maar eerder verkoop, kan adverteer. Ander ouers kan dan met die verkoper in verbinding tree om reëlings te tref vir die koop daarvan. Meer besonderhede hieroor sal later...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 8 Maart 2024

Ons gr. 7’s en 5’e het vanaf 28 Februarie – 01 Maart 2024 en die gr. 6’e vanaf 04 – 06 Maart die jaarlikse en gewilde skoolkampe bygewoon. Die gr. 5 – 7-leerders het die skoolkampe terdeë geniet en kon seker nie wag om al die interessante kampstories met julle as ouers/voogde en die ander gesinslede te deel nie. Natuurlik was hulle doodmoeg van die min slaap, die onbekende avontuur en al die opwinding. Tydens die kampe kon ons junior stadsjapies heerlik die natuur verken terwyl hulle in spanne moes saamwerk. Skoolkampe bou beslis karakter, verbeter kommunikasievaardighede, vereis deursettingsvermoë en ontwikkel leiereienskappe. Ons leerders het oorgenoeg te ete en te drinke ontvang, maar het verseker hul ouers/voogde se smaaklike en tuisgemaakte kos asook die gemak van hul ouerhuise gemis. Ek glo hulle waardeer en is ook sommer weer van vooraf dankbaar vir al die wonderlike voorregte wat hulle baie keer as vanselfsprekend aanvaar. Die afgelope naweek het ons o.13A-rugbyspan aan die Hoërskool Hopefield Rugbydag op Saterdag, 02 Maart 2024, deelgeneem. Ons seuns het puik gevaar en wen beide wedstryde teen Jurie Hayes Primêr 20 – 5 asook 10 – 5 teen Hopefield Primêr. Wel gedaan, seuns en baie geluk aan ons afrigters, mnre. Erick en André, met die voorseisoenprestasies. Julle maak ons trots. Ons wens vir julle ‘n suksesvolle seisoen toe en mag dit vandag en môre goed tydens...

Lees Verder

Jan Kas: Skoonmaak van vlekke op wit van hemde

Ons het twee weke gelede ‘n nuusbrokkie in die nuusbrief geplaas oor middels wat kan help om vlekke of merke uit die wit van die skool-/sporthemde te kry. Ons het nog ‘n paar produkte getoets en het gevind dat hierdie produk die beste gewerk het – Blixem Water Base Degreaser. Dit is tans op TakeAlot teen ‘n spesiale prys...

Lees Verder

Tennisuitslae: 21 Februarie – 6 Maart 2024

Die afgelope twee weke het ons Seuns B en Gemengde B-span ons skool in verskeie wedstryde verteenwoordig. Die spelers toon uitstaande sportmangees en positiwiteit gedurende uitdagende wedstryde. Ons is trots op elke speler wat die skool se naam hoog hou gedurende hul spel met uitstaande gedrag op die tennisbaan. Die uitslae beloop soos volg: 21 Februarie 2024 Seuns B vs. Laerskool Kenridge, verloor 5-1 21 Februarie 2024 Seuns B vs. Laerskool Welgemoed, verloor 0-6. Gemengde B span vs. Laerskool CBC Parklands, verloor 0-6. 28 Februarie, 2024 Seuns B vs. Laerskool Mikro, verloor 2-4. 6 Maart 2024 Seuns A vs....

Lees Verder

Hoe leer ek my kind om verantwoordelikheid vir hul foute te aanvaar?

Jou kind het ‘n fout gemaak of iets verkeerd gedoen. Wat is vir hulle dié ergste? Om dit te erken en bereid te wees om die gevolge te dra. Ongeag jou pogings om die waarde van eerlikheid by jou kind te vestig, mag hy/sy enige iets doen om nié verantwoordelikheid te aanvaar nie. Hoekom nie? Hier volg moontlike redes waaraan ons as volwassenes nie altyd aan dink nie: Vrees vir kritiek/verwerping: Jou kind mag bang wees om jou/die onderwyser/vriende teleur te stel. Deur nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie, hoop hulle om die negatiewe gevolge te ontduik wat mag volg. Hoe wil ek hê moet ander my sien? Kinders, net soos volwassenes, wil gesien word as goed, bekwaam en eerlik. Daarom “beskerm” hulle hierdie beeld deur die blaam op iemand te verskuif of te ontken hulle is skuldig. Hulle glo hulle gaan dan nie gekonfronteer word of iemand nie teleurstel nie. Om die gevolge te vermy: Deur die blaam op ander te plaas, hoop die kind hy/sy gaan die gevolge vryspring wat hy/sy weet gaan volg en waarvoor hy/sy nie kans sien nie. Gebrek aan emosionele regulering: Soms is die emosies wat mag volg – skaamte, skuldgevoelens/ verleentheid – vir die kind nét te veel om te hanteer. Om die blaam te verskuif, gebruik hulle hierdie verdedigingsmeganisme om nié hierdie uitdagende emosies in die oë te kyk nie. So,...

Lees Verder

2024 Beheerraadsverkiesing vir Termyn 2024 – 2027

Neem asb. kennis dat ons slegs vyf benoemingsvorms vir die 2024 Beheerraadsverkiesing teen die sperdatum van 04 Maart 2024 ontvang het.  Daar is net vyf vakatures vir die ouerkomponent van die Beheerraad daarom hoef die volgende nie meer plaas te vind nie: Die eerste benoemingsbekragtigingvergadering op Dinsdag, 05 Maart 2024, om 18:00 in die saal hoef, nie meer te geskied nie. Daar sal ook nie meer op Maandag, 18 Maart 2024 gestem hoef word nie. Dus baie geluk aan die volgende ouers wat die 2024 – 2027 ouerskomponent van die Beheerraad sal verteenwoordig: Merwe Scholtz Susan van der Walt Marié Cruywagen Stephen Hitchcock Hugo van den Heever My beste wense vergesel hulle en ek sien baie uit om die volgende drie jaar saam met hulle die skool na nog hoër hoogtes te lei.   Vriendelike Groete   Naas Beets...

Lees Verder

Fotodag: 12 Maart 2024

Klasfoto’s Individuele foto’s Familiefoto’s – broers en susters word saam afgeneem. Indien julle so ‘n foto wil hê, kan leerders na die saal gaan sodra daar afgekondig word dat familiefoto’s geneem gaan word. Kleredrag: Nuwe JvR-kleredrag. Dogters wat nog nie die nuwe rompies het nie, mag hul skorts...

Lees Verder

Skaakuitslae: 2-3 Maart 2024

Ons leerders het 2 en 3 Maart aan die tweede rondte van die skaak WP-proewe deelgeneem. Chris Derksen, Emma Snijders en Christina du Toit dring na die volgende rondte deur waar hulle die WP sal verteenwoordig. Baie geluk,...

Lees Verder

Welwillendheid 2024

Indien jy belangstel om by die skool se welwillendheid betrokke te raak of te help, sluit gerus by die welwillendheid-groep in die WhatsApp Community aan wat ons binnekort gaan skep. Die doel van die komitee is om te help met welwillendheidprojekte en om op die groep reëlings te tref indien behoeftige leerders van ons skool iets...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 1 Maart 2024

Baie dankie aan al ons ouers/voogde, leerders en opvoeders wat Vrydagaand, 23 Februarie, die gewilde klasbraai by die Conradieveld bygewoon het. Ouers/voogde en leerders het in groot getalle opgedaag, want die weer het perfek saamgespeel om die aand nog meer spesiaal te maak. Graag wil ek my dankbaarheid uitspreek, want met die ligging van ons sportveld met die ikoniese Tafelberg as agtergrond, die statige Leeukop en die bekende Seinheuwel wat ons omring, maak die Conradieveld ‘n idilliese sportgrond. Dit was vir die personeel ook heerlik om saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Amptelik was dit ook ons gr. 1-ouers/voogde se eerste klasbraai en opvallend was die heerlike samesyn terwyl daar nuwe vriendskappe gesmee is. Ons skoolgebou en terrein is sedert Woensdag, 28 Februarie, baie stil aangesien ons gr. 7’s en 5’e weg is op kampe (onderskeidelik by Franschhoek en SOS). Ons gr. 7’s en 5’e is reeds vanaf Maandag so opgewonde en kon net nie meer wag dat Woensdag moes aanbreek nie sodat hulle na die kampe kon vertrek. Skoolkampe bied die ideale geleentheid om leerders uit ‘n bekende en gemaklike omgewing te neem en bloot te stel aan ‘n onbekende natuuromgewing wat gestruktureerd, veilig en vriendelik is. Terwyl hulle die natuur verken, word hul karakter gebou, kommunikasievaardighede verbeter, spanwerk verbeter en emosionele- en leiereienskappe ontwikkel, Dit is net ‘n wen-wen situasie vol tonne pret waar hulle...

Lees Verder

Krieketuitslae: 27 en 28 Febr. 2024

Baie geluk aan al ons krieketspelers met die volgende puik uitslae. 27 Februarie 2024: o.8A JvR teen Llundudno JvR – 65/1 Llundudno – 39/2 JvR wen met 26 lopies o.8B teen Houtbaai JvR – 56/2 Houtbaai 43/3 JvR wen met 13 lopies o.9A teen Llundudno JvR – 47/4 Llundudno – 36/3 JvR wen met 11 lopies 28 Februarie 2024: Kampsbaai kolf eerste en teken 120/3 aan na 15 beurte JvR 120/2 na 15 beurte Wedstryd eindig gelykop. Baie geluk aan Damian Daniels wat 27* lopies bymekaar gemaak...

Lees Verder

Sistemiese Toetse 2023 Verslag

Ons gr. 3’s en 6’e van verlede jaar het ons weereens trots gemaak met die aflê van die sistemiese toetse wat deur alle Wes-Kaap leerders in gr. 3, -6 en -9 geskryf word. Dit is belangrik om altyd in ag te neem dat die leerders wat kwalifiseer vir konsessies, wat deur die WKOD goedgekeur word, saam met die res van die leerders hierdie toetse moet skryf. Hulle ontvang dus geen ondersteuning bv. voorlesers of transkribeerders soos wat hulle onder normale omstandighede tydens formele assesserings ontvang nie. Vir die graad 3-leerders is tyd ‘n groot uitdaging tydens die sistemiese toetse. In die grondslagfase word daar geen tydsbeperking tydens formele assesserings toegepas nie. Wanneer leerders die sistemiese toetse skryf, word daar egter verwag dat hulle die toets binne ‘n uur voltooi. Ons resultate is indrukwekkend, al word die leerders onder druk geplaas. Volg gerus hierdie skakel vir die uitslae. Sistemies...

Lees Verder

Beheerraadverkiesing 2024: Benoemingsvorm

Liewe Gr. R – 7-Ouers, Neem asseblief kennis dat julle vanaf vandag (Maandag, 26 Februarie) toegang tot ‘n benoemingsvorm (nominasies – Addendum B) het om ‘n ouer(s) by die skool voor te stel wat bereid is om hom-/haarself beskikbaar vir die 2024 BR-Verkiesing te stel. Benoemings sluit op Maandag, 04 Maart, om 13:00 en alle getekende benoemingvorms (nominasies) moet fisies dan by die adminkantoor (Jodene) ingehandig word. Neem ook asseblief kennis dat die benoemingsvorms (Addendum B) ook in harde kopie by die adminkantoor beskikbaar is. Maak asseblief seker die benoemingsvorm is deur die volgende persone onderteken: Voorsteller Sekondant Kandidaat Baie dankie vir julle dringende aandag en aksie. Vriendelike groete Naas Beets SKOOLHOOF BR VERKIESING 2024 - ADDENDUM...

Lees Verder

Musiekkonserte: 18 en 19 Maart 2024

Dit is amper tyd om musiekkonsert te hou! Op 18 en 19 Maart 2024 kry elke leerder wat ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om van die geleentheid gebruik te maak. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband plaasvind. Sien asseblief die datums en tye hier onder. Ons nooi alle ouers uit om te kom luister en saam met ons jou kind se vordering te vier. Die graad 6 en 7-musiekleerders sal in kwartaal 2 ‘n geleentheid kry om hulle stukkies in ‘n konsert te speel. Maandag, 18 Maart: 08:00-08:30  Grade 1P, 1S, 1T, 2C, 2T Maandag, 18 Maart: 08:45-09:15  Grade 2U en 3C Maandag, 18 Maart: 09:30-10:15  Graad 3E en 3TB Dinsdag, 19 Maart: 08:00-08:30  Graad 4C, 4H, 4LR Dinsdag, 19 Maart: 08:45-09:15  Graad 5F Dinsdag, 19 Maart: 09:30-10:15  Graad 5S en...

Lees Verder

Zone-Atletiekbyeenkomsuitslae: 21 Febr. 2024

Woensdag, 21 Februarie, het 20 van ons atlete aan die Zone-atletiekbyeenkoms te Vygieskraal deelgeneem. Die byeenkoms lewer reeds baie goeie atlete op en is die tweede groot byeenkoms voordat leerders die geleentheid kry om moontlik by die WP-kampioenskappe deel te neem. Om te kwalifiseer vir die WP-kampioenskappe moet jy in die top 4 in die baanitems eindig en top 3 in die velditems. Die volgende leerders het almal gekwalifiseer om volgende week Woensdag, 28 Februarie, aan die WP-kampioenskappe deel te neem: Delmar Benecke, 1ste 800m Maia du Toit, 1ste 70m H Jana Olivier, 1ste diskus en 2de gewigstoot Stella Zulch, 1ste spiesgooi Carter Shoeman, 1ste gewigstoot en 3de diskus Frank van der Walt, 1ste gewigstoot en 2de diskus Daniella Boshoff, 2de 200m H en 4de 75m H Jeanne van Heerden, 3de diskus Ellen van Heerden, 3de gewigstoot Ons wil die atlete gelukwens met hul pragtige uitslae by die Zone-kampioenskappe. Reëlings rakende volgende week se byeenkoms sal direk met die ouers gekommunikeer...

Lees Verder