Jan Kas verkoop tweedehandse skoolklere!

Hoe dit werk:

  1. Ouers wat tweedehandse klere het wat te klein is vir hul kind(ers) en bereid is om dit aan die skool te skenk, kan die gewaste klere na Jan Kas toe bring of saam met leerders skool toe stuur (na Suzaan Coetzee se kantoor toe). Merk asb. die sak waarin jy dit stuur met “donasie” indien moontlik.
  2. Tweedehandse items wat nog in ‘n goeie toestand is, sal deur die skool teen ‘n laer prys aan ouers verkoop word.
    • Dit sal op die aanlyn winkel wees, gemerk as tweedehandse klere (kies gerus die Tweedehandse-filter) om te sien watter items en groottes tweedehands beskikbaar is.
    • Ouers kan dit dan aanlyn of fisies in die winkel kom koop.
    • Tweedehandse klere kan ongelukkig nie omgeruil word nie.
    • Ouers aanvaar dat tweedehandse items moontlik ‘n haakplekkie of merkie op kan hê.
    • Kyk asseblief uit vir die titel en simbool wat tweedehandse items van nuwe items onderskei.
  3. Klere wat a.g.v. hul toestand nie verkoop kan word nie, sal op ander maniere hergebruik word.
  4. Ons is besig om ‘n platform te ontwikkel, waar ouers items wat hulle nie wil skenk nie, maar eerder verkoop, kan adverteer. Ander ouers kan dan met die verkoper in verbinding tree om reëlings te tref vir die koop daarvan. Meer besonderhede hieroor sal later volg.