Skrywer: Suzaan Burger

Klerebank: Somerbestellings

Somerbestellings: Fabrieke maak oor ‘n maand, vir ‘n hele maand toe en winterbestellings word reeds einde Januarie geplaas. Hiermee versoek ek dat ouers asseblief hul somerbestellings finaliseer sodat ek kan sien of daar nog ‘n behoefte aan sekere items is en waar moontlik, sal ek dit bestel. Swemklere: Second Skins bly hul eie afleweringsdatums mis. Die huidige datum is 17-19 November. Dit affekteer dogters grootte 36 en die nuwe Gr.1-bestellings. Rashvests is lank gelede afgehaal van die webtuiste. Dit is donkerblou met ‘JvR’ geborduur (second skins). Dit is nie ‘n verpligte item nie en ek gaan nie voorraad onnodig aanhou nie. Dit is nou weer beskikbaar vir ongeveer R245. Ek het vir ‘n paar ouers bestel wat hiervoor gevra het. Indien iemand nog belangstel, kan jul nog bestel tot en met Woensdag, 17 November. Tree asseblief in verbinding deur ‘n e-pos na jvrklerebank@gmail.com te stuur of loer alternatiewelik by die klerebank in. Klerebanktye: Tye is steeds voor skool op Maandae en Woensdae, en na skool op Dinsdae en Donderdae 13:30 – 14:20. Ek bly soms later oop omdat my eie kinders aan sport deelneem. Indien jy ‘n alternatiewe tyd wil afspreek, tree asseblief in verbinding met...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Kwartaal 4 is ‘n besige kwartaal wat onder andere eksamen, finale assesserings, prysuitdelings, afskeid neem en laaste van laastes insluit terwyl Vader Tyd nie stil staan nie. Vrees vir eksamen (kontroletoetse) is al vir baie jare ‘n realiteit en hierdie tyd kan moontlik stresvol vir ‘n gesin wees. Daarom wil ek ‘n ernstige beroep op julle plaas om by die huis ‘n omgewing wat bevordelik vir leer is, te skep. Help jul kinders om vroegtydig te beplan om met eksamenvoorbereiding te begin. Verder is dit net so belangrik om ook tyd vir bietjie ontspanning te skeduleer so tussen die studietye. Navorsing toon dat kinders hoër punte behaal waar ouers/voogde by hul studie en opvoeding betrokke is. Indien jy as ouer/voog ook angstig raak tydens eksamen, doen bietjie introspeksie. Besin dalk oor jou eie ervaring sodat jy nie jou onverwerkte angs onbewustelik aan jou kind/ers oordra nie. Dit was ‘n moeilike jaar na die geweldige impak van die 3de vlaag van Covid-19 infeksies en daarom kan leerders moontlik meer angstig wees vir die komende eksamen as voorheen. Help gerus jou kind om betyds ‘n studierooster op te stel en sodoende eksamenstres te bekamp. Maak hulle veral rustig met die wete dat ‘n eksamen eintlik maar net ‘n groot toets is, iets waarmee hulle baie bekend is. Verlede Vrydag het ons Holderstebolderdag gevier en leerders kon vir R5 enige iets snaaks...

Lees Verder

Nasionale uitslae van die Radikale Redenaars kompetisie

Twee van ons leerders, Pieter en Karu Rademeyer het omtrent uitgeblink tydens hierdie jaar se Radikale redenaars kompetisie. Die uitslae is soos volg: Pieter – Graad 2J Afrikaanse redenaars – 6de Lees: Poësie – 6de Reading: Poetry – 5de Hy is in al drie afdelings 1ste in die Wes-Kaap. Slegs die provinsiale wenner het deurgedring na die finaal toe en is nasionaal geplaas. Karu – Graad 4C Lees: Poësie – 5de (1ste in Wes-Kaap) Afrikaanse redenaars, Lees: Prosa en Reading: Poetry – al drie afdelings 2de in Wes-Kaap Slegs die provinsiale wenner het deurgedring finaal toe en is dus nasionaal geplaas. Baie geluk julle twee! Ons is vreeslik trots op...

Lees Verder

Nina Lubbe kompeteer by Goju Kai nasionale kampioenskap

Nina Lubbe in Gr.5F neem Saterdag aan die Goju Kai Nasionale kampioenskap as ‘n lid van die WP-span deel. Sy neem aan die Kata, Kumite en die Unison Kata items deel. Deelnemers het die geleentheid om by dié toernooi te kwalifiseer om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat aan die internasionale Karate-Do Goju Kai kampioenskap in Japan in 2022, gaan deelneem. Die dogter saam met haar op die foto is Saoirse Abrahams. Sy is deel van die Unison Kata span. In Unison neem drie spanmaats deel en Nina is die kaptein van hul span. Sy doen reeds karate vandat sy 5-jaar oud is en het tans ‘n bruinbelt. Baie sterkte...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het die meevallertjie van ‘n lekker langnaweek geniet en getrou jul merkie op die munisipale verkiesingsdag, 1 November, in jul onderskeie kiesafdelings gemaak. Ek hoop en vertrou dat julle darem nie te lank in rye gestaan het nie. Die Kaapse weer bring maar altyd ‘n bietjie van ‘n uitdaging wanneer ‘n mens buite in lang rye moet staan. Ek en my vrou het geduldig in ‘n lang ry by Laerskool Tamboerskloof gestaan en was verlig om na 1 uur 10 minute ons kruisie te kon trek. Heelwat ouers het ook hul jong kinders saamgebring om die proses te ervaar. Dit was lekker om vir Isabella en Elisabet saam met hul ouers Esri en Albertus in die lang ry te sien en ons kon mekaar darem vertroos dat dit darem nie te lank gaan duur nie. Op Dinsdag, 2 November 2021, het ek as skoolhoof ook die wonderlike voorreg gehad om vir die eerste keer sedert my aanstelling met die hele Intersenfase (Gr. 4 – 7 leerders en opvoeders) ‘n formele saalbyeenkoms te hou. Marinda het vir ons Jannies ‘n pragtige boodskap gebring waartydens sy hulle verseker het dat hulle nooit hul waarde as Jannies moet onderskat nie. Sy het haar potloodsakkie met die inhoud gebruik om haar boodskap prakties te verduidelik. Die rooi pen het net so ‘n belangrike funksie soos die uitveër. Of jy nou...

Lees Verder

Prysuitdeling 2021: Spesiale toekennings

Leerders wat gedurende die jaar besondere prestasies in sport en kultuur behaal het en dalk in aanmerking kan kom vir spesiale pryse, het die week vorms ontvang wat hulle moet voltooi. Hierdie vorms moet voor of op 12 November 2021 by juf. R. Hanekom ingehandig word. Die vorm is aangeheg indien jou kind nie ‘n vorm geneem het nie. Slegs leerders wie se vorms betyds ingehandig word, sal ‘n kans staan om ‘n spesiale toekenning te ontvang. Kliek HIER vir die WORD weergawe indien jy dit elektronies wou invul, of laai hierdie PDF af: Veelsydigheid gr.4-7 Nov...

Lees Verder

Musieklesse 2022

Indien daar nuwe leerders is wat belangstel in klavier- of blokfluitlesse vir 2022, doen asb. skriftelik aansoek by juf. Groenewald by helecia@jvrprim.co.za. Daar sal ‘n paar plekkies volgende jaar oop wees.

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL BIED AAN: “AMERICAN BALLET: PERFORMANCE AWARDS” Kom ondersteun ons JvR-dansers asb. en geniet die pragtige oorspronklike Ballette van Mignon Furman. Sidwell Roman (AAB Ballet eksaminateur) is ons beoordelaar. Saterdag, 13 November 2021, om 13:30 in JvR skoolsaal Toegang: R60 vir volwassenes, R40 kinders Die volgende dansers gaan deelneem aan die gewilde Ballet kompetisie. Sterkte dansers en geniet! PRE 1 Zada Schlebusch, Natalie Lawson, Kelly Jacobs, Miekela Myburgh LEVEL 1 Heidie van Heerden, Olivia Lemmer, Noah Karusseit LEVEL 2 Jana v Gijsen, Lea Loubser, Bardot Dettmer, Sadie Gillmer, Danielle Fourie, Bella Naylor, Quinn du Toit, Anabella Boshoff, Gabriella Buckenham, Ella Grey LEVEL 4 Kerala Allewell, Karlien vd Walt, Klara Steyn, Michaan Naylor, Lea v Dyk, Isabella Marais, Daniella Boshoff LEVEL 5 Emma Liebenberg, Lumarie Fourie, Juliette Visser, Amelie Visser, Lara Basson Een van ons oud-dansers, Mia Neethling, het die naweek by die KunsteKaap (ArtsCAPE) as “Wendy” in die produksie Peter Pan opgetree. Ons is baie trots op...

Lees Verder

Dapper Stappers Gr. 4-7, 13 November

Ons gaan vroeg in volgende week ‘n Google Form aan al die Gr.4-7-ouers uitstuur sodat jy kan aandui of jy en jou kind(ers) op 13 November saam met ‘n paar onderwysers ‘n roete in Cecilia Forest wil gaan stap. Dagboek solank die datum en kyk uit vir die vorm volgende...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

So bereik ons die einde van die mooiste, mooiste maand met November wat sy afwagting wil maak. In die Moederstadkonteks is die koms van November eintlik soos die aanbreek van die langverwagte Lente. Die weer is besig om te verander met heerlike sonskyndae wat gekomplimenteer word met betowerende blomme- en fynbosgeure. Hierdie naweek is dan ook ‘n ‘onbeplande’ langnaweek met die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing wat op Maandag, 1 November, geskied. Dus is Maandag, 1 November 2021, in die Staatskoerant as ‘n publieke vakansiedag gepubliseer. Gaan maak gerus jou kruisie om ‘n verskil te maak. Verlede Saterdag is die tennis te Ceres noodgedwonge uitgestel na die Sondag as gevolg van die ongure weer wat die tennispret op Saterdag kom bederf het. Ons o/13 seuns- en dogterspan is na Ceres vergesel deur ouers, naamlik Ria Hertzog en Karien Zulch, en het hul puik van hulle taak as spanbestuurders gekwyt. Ons dogterspan het brons tydens die toernooi verower deur Laerskool Gene Louw vir 3de en 4de plek te klop. Welgedaan dogters en baie dankie Ria en Karien vir julle waardevolle leiding. Verlede Vrydag het ons ook ons skool se nuwe unieke sosiale platform, naamlik JvR-Kiek, bekend gestel. Baie dankie aan Marié Cruywagen, die meesterbrein en skepper van die spesiale platform. Opvoeders gaan foto’s en/of video’s van wat alles op ‘n daaglikse basis by die skool plaasvind, daarop plaas. Toegang is net vir...

Lees Verder

Spelfees-wenners

Woensdag, 27 Oktober, het die deelnemers van die interne spelkompetisie ons stomgeslaan met hul uitmuntende spelvaardighede. Die kompetisie tussen deelnemers het almal op hul tone gehad, maar daar kon natuurlik net een wenner wees. Baie geluk aan die volgende leerders wat elk die eerste plek in die spelfees behaal het.Ons bars van trots! Gr. 1: Maia du Toit Gr. 2: Jenna Erasmus Gr. 3: Amelie van der Walt Gr. 4: Isabella Marais Gr. 5: Katia van Wyk Gr. 6: Adele Holtzhausen Gr. 7: Mieke...

Lees Verder

Grondslagfase Skryfbehoeftes

Dit is tyd om die skryfbehoeftes vir 2022 te beplan! Die grondslagfase het vir graad 1 tot graad 3 ‘n pakket bymekaar gesit. Dit is beskikbaar op die Karri-Toep. Die sluitingsdatum vir bestellings is: 25 November 2021. Die pakket sal in jou kind se nuwe klas wag wanneer die skool op 19 Januarie 2022 begin. Dit sal verseker dat almal slaggereed is om die jaar te begin. Pryse: Graad 1 (2022): R664, 00 Graad 2 (2022): R560,00 Graad 3 (2022): R663,...

Lees Verder

Donderdag, 4 November, skooltye

Die skool sal op Donderdag, 4 Nov., om 12:45 vir gr. 1-3 en 13:00 vir gr. 4-7 sluit. Die skoolbus vertrek om 13:15. Geen buitemuurse aktiwiteite sal deur die skool aangebied word nie. Nasorg sal steeds...

Lees Verder

Prysuitdeling 2021

Aangesien ons nou vlak 1 van die grendelstatus handhaaf, sal ons hierdie jaar onderskeie graadgroepe gedurende skooltyd in die skoolsaal byeen roep om erkenning aan elkeen se harde werk gedurende die jaar te gee. Ons wil die prysuitdelingsgeleenthede so informeel moontlik hou. Kom woon gerus jou kind se prysuitdelingsgeleentheid by: Gr. 1 – Vrydag, 3 Des, om 8:30 Gr. 2 – Vrydag, 3 Des, om 10:45 Gr. 3 – Vrydag, 3 Des, om 12:00 Gr. 4 – Dinsdag, 7 Des, om 9:00 Gr. 5 – Dinsdag, 7 Des, om 11:00 Gr. 6 – Donderdag, 9 Des, om 9:00 Gr. 7 – Donderdag, 9 Des, om...

Lees Verder

JvR-Kiek Bekendstelling

Die skool stel graag aan julle bekend, JvR-Kiek! Dit is ons skool se eie “sosiale media” sodat ons vinnig en maklik foto’s van dit wat in die skool gebeur met ouers kan deel. Slegs ouers van die skool sal toegang tot die foto’s hê. Volg asb. die volgende stappe om in te teken: Volg hierdie skakel: kiek.jvr.digital Username: Tik jou e-pos wat in die skool se stelsel is in. Password: Baie belangrik! – As jy vergeet het wat jou wagwoord vir die skool se webtuiste is, kies asb. SKEP ‘N NUWE WAGWOORD. Volg hierdie video instruksies om jou wagwoord te verander. Teken nou by kiek.jvr.digital in met jou e-posadres en die wagwoord wat jy geskep...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

So eindig die eerste week van die laaste kwartaal op ‘n hoogtepunt met kompeterende vertoontenniswedstryde tussen twee skoolhoofde met beperkte tennisvaardighede voor ‘n opgewonde skare van ouers en leerders wat luidkeels op ‘n Vrydagmiddag aanmoediging verskaf het. So jammer dat die reën die dubbelwedstryd kom bederf het en ongelukkig moes dit afgestel word weens veiligheidsredes. Graag wil ek die skoolhoof van Hoërskool Jan van Riebeeck, Pieter Rademeyer, en sy span asook Yurich Daniels hartlik bedank vir die wonderlike inisiatief. Baie dankie vir al ons ouers en my “fan club” (onderwysers en Jannies) wat die wedstryd bygewoon het om my te ondersteun asook al ons ouers / voogde wat ‘n finansiële bydrae tot die inisiatief gelewer het. Hiermee wil ek die skoolgemeenskap verder verseker dat die laer- en die hoërskool vir nog menigte geleenthede saam hande gaan vat om die goeie verhouding tussen die twee puik skole vir die toekoms te verseker. Dit is vir ons as voederskool uiters belangrik dat die Hoërskool JvR ook van krag-tot-krag sal gaan. Hierdie afgelope week het die buitemuurse program suksesvol afgeskop. Ons Jannies is baie opgewonde om hul gunsteling somersportkode weer te kan beoefen. Die eerste krieketwedstryde het gister tuis teen Reddam House ASB o/13 plaasgevind terwyl van ons leerders op Saterdag, 23 Oktober 2021, aan die Handri Westmann o/13 Tennistoernooi te Ceres gaan deelneem. Ons beste wense vergesel hulle en baie dankie...

Lees Verder