Skrywer: Suzaan Burger

Musiekkonserte

Die musiekkonserte vir gr. 4 – 7 vind op 21 Junie in die saal plaas.   08:30   gr. 4 en 5 10:45    gr. 6 en 7   Almal is welkom om dit by te woon. Die Seniorkoor sal aan die einde van elke konsert...

Lees Verder

Skooltye vir die volgende paar weke

Woensdag, 1 Junie  Graad 7’s verdaag vroeër: 13:15 Die res van die skool volg die tye van ‘n normale skooldag. Donderdag, 2 Junie (eksamen begin vir graad 7) Graad 7’s verdaag vroeër: 13:15 Die res van die skool volg die tye van ‘n normale skooldag. Vrydag, 3 Junie – Woensdag, 15 Junie (eksamen vir graad 4 – 7 van 6 – 15 Junie) Graad 1 – 3 verdaag om 13:00 Graad 4 – 7 verdaag om 13:15 *Bus vertrek om 13:20 *Skoolsport sal vanaf 11:45-12:45 plaasvind.  ‘n Spesiale rooster is saamgestel. *Nasorg gaan...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

In die vorige week se nuusbrief het ek na onder andere dankbaarheid verwys wat ons so dikwels miskyk, maar met my arrivering vroeg op ‘n bitterkoue Saterdagoggend, 21 Mei 2022, te Laerskool F.D. Conradie in die pragtige dorpie Prince Alfred Hamlet, het die gevoel van dankbaarheid my onmiddellik onarm. Die idilliese landskap en die driehoekige wintersportdag by F.D. Conradie was presies wat ons as stadsjapies nodig gehad het. Hulle vriendelike ontvangs en gasvryheid van die platteland is kosbaar. Die koue oggend met wit gerypte sportvelde het soos die spreekwoordelike lelike eendjie in ‘n pragtige swaan van ‘n sonskyndag verander. Graag wil ek Mnr. Labuschagne, die skoolhoof van F.D. Conradie, sy personeel en ouers hartlik bedank vir die puik georganiseerde dag met smullekker eet- en drinkgoed wat vanaf vroegoggend beskikbaar was om die koue te verdryf. Ek het natuurlik heeltemal geswig onder die vars tuisgebakte plaasbrood met die heerlikste tuisgemaakte konfyte uit die kontrei. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat in groot getalle die spesiale dag ondersteun het. Die samenhorigheidsgevoel onder ons ouersgemeenskap is merkwaardig. Selfs ouers wie se kinders nie eers op die dag deelgeneem het nie, het spesiaal deurgery om die Jannies te ondersteun. Baie geluk aan ons spanne wat die dag so puik gevaar het. Die plattelandse skole het weer eens getoon dat hulle hoogs kompeterend is en nooit onderskat moet word nie. Ek glo ons...

Lees Verder

Mandeladag 2022

Ons wil hierdie kwartaal graag Ellerton en Prestwich Laerskole se voedingskemas ondersteun. Hierdie leerders kom elke dag met honger mae skool toe. Kom ons kyk of ons as Jannies genoeg kos kan insamel om hierdie skole in ons gemeenskap te ondersteun. Jy is welkom om die onderstaande items na jou kind(ers) se registerklas te stuur. Elke graad is verantwoordelik vir die insameling van die volgende items: Graad 1: Pilchards in tamatiesous (blikkies) Graad 2: Rys Graad 3: Samp (droog in sakkies) Graad 4: Bruin lensies (droog in sakkies) Graad 5: Sugar beans (droog in sakkies) Graad 6: Soja mince Graad 7:...

Lees Verder

Leerders presteer in die Radikale Redenaarskompetisie

Karu (gr. 5) en Pieter (gr. 3) Rademeyer het aan die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem. Beide kwalifiseer vir die Wes-Kaapse streeksfinaal en behaal die volgende posisies in die Wes-Kaap: Pieter (Graad 3-afdeling) Afrikaanse Redenaars – 6de Lees: poësie – 2de Karu (Graad 5-afdeling) Afrikaanse Redenaars – 3de Lees: poësie – 2de Lees: prosa – 1ste Karu dring deur na die nasionale finaal in die Lees: Prosa-afdeling wat op 22 Oktober in Gauteng plaasvind. Baie geluk met hierdie puik...

Lees Verder

Drama kennisgewing

Liewe Drama-ouers/voogde Daar sal ongelukkig geen privaat dramaklasse op Vrydag, 3 Junie, en Maandag, 6 Junie, plaasvind nie. Jana is by die Eisteddfod wat dan by die skool plaasvind, betrokke.  Die dramatye sal tydens die eksamen (8 – 15 Junie) aangepas word: Maandag: 13:30 – 14:30 graad 1 – 3 (graad 4 – 7 val weg) Woensdag: 13:00 – 14:00 graad 4 – 7 (graad 1 – 3 val weg) Vrydag: 13:00 – 14:00 graad 1 – 3 en 14:00 – 15:00 graad 4 –...

Lees Verder

Veiling 2022

Die veiling is nou uitverkoop! Baie dankie aan almal wat kaartjies gekoop het. Soos julle weet, is die doel van die veiling om fondse vir die skool in te samel. Die projek waarvoor hierdie jaar se veilingopbrengs geoogmerk is, is die 100-jaar vierkant. Kliek op die foto vir die video. Indien jy nog ‘n skenking tot die veilingfondse wil maak, is jy meer as welkom. Betalings kan as volg gemaak word: Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust Bank: Investec Rekeningnommer: 10011436695 Takkode: 580105 Verwysing: Veilingskenking-Naam en van Bewys van betaling kan aan coreen.scholtz@gmail.com gestuur...

Lees Verder

Rugbywedstryd: O/11 en O/13 teen Porterville, 28 Mei (TUIS)

SPANNE: 0/11 en O/13 FORMAAT: 0/11 A (15-a-side) O/13 A (15 -a-side) PLEK: Conradieveld TYD: 09:00 SPORTDRAG: • RUGBYTRUI EN BLOUBROEK • Skoolsweetpak (gemerk) • Indien spelers ‘n sweetpak dra moet hulle tekkies dra REëLINGS: Die eerste wedstryd begin om 09:00 (0/11’s) gevolg deur die 0/13’s. Na die afloop van die twee wedstryde ontvang elke speler ‘n worsrol en koeldrank. Alle verigtinge sal om 11:30 voltooid wees. Slegs spelers wat op die onderstaande lyste verskyn, speel Saterdag. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0/11’s 1.Ben Schoeman 2.Rudi Badenhorst 3. Conrad Slabber 4. Carter Schoeman 5. Nicolas Marais 6. Samuel Marais 7.Ben Esterhuizen 8. Frank van der Walt 9. Phumi Salimani 10. Ruben Eksteen 11. Leo Conradie 12. Nils le Roux 13. Delmar Benecke 14. Aswhin Laban 15. Riano Goliath 16.Adriaan Bredenkamp 17. Francois Boshoff 18. Lourens Crafford 19. Gabriel van Dyk O/13’s A 1. Shaye Swarts 2. Waldo Engelbrecht 3. Pierre-Jacques Smit 4. Jan-Willem Silvis 5. Albert Griesel 6. John Gillmer 7. Sam Ward 8. Werner Steyn 9. Adan Eksteen 10. Dawid-Wiese Viljoen 11. Dax Liversage 12. Sebastian Senekal 13. Liam Joubert 14. Jean Petrie 15. Marais Groenewald 16. Daniel Welgemoed 17. Nicolas Grutter 18. André Marais 19. Gustav Pansegrouw Kliek HIER vir die Google Form indien jou kind se naam hierbo...

Lees Verder

Rugbywedstryde o/7 – o/13 teen Goodwood Park, 25 Mei (TUIS)

SPANNE: O/7 A & B ; O/8 A & B; 0/9 A; 0/11 A & O/13 A & B FORMAAT: O/7 A (10-side) O/7 B (10-side) O/8 A (10-side) O/8 B (10-side) O/9 A (10-side) O/11 A (15-a-side) O/13 A & B (15 -a-side) PLEK: Conradieveld WEDSTRYDE: Sien program SPORTDRAG: • RUGBYTRUI EN BLOUBROEK • Skoolsweetpak (gemerk) • Indien spelers ‘n sweetpak dra moet hulle tekkies dra Slegs spelers wat op die onderstaande lyste verskyn, speel Woensdag. Net hierdie leerders se ouers moet asb. die vorm voltooi. 0/7’s Benjie Ntloko Jan Jurie Fourie Lukas Loubser Mateo Pereira Nicolaas Boshoff Pieter Derksen William Molenaar Nicolaas Smith Mathias Barkhuizen Luc Durand Jonah Greyling Henry Jordaan Finley Le Roux Dirk van Eeden Daniel Bredenkamp Aiden Cronje 0/8’s Timo Schlebusch Willem Viljoen Stef Nel Luc Zietsman Sebastian Zietsman Luyolo Luphondo Sion Botha Karl Von Lieres Luke Sieberhagen Arjen Faling Noah Karruseit Thomas Holtzhausen Emile Mwanza Almero De Vries Ely Grootboom Kent Chimukuyu Dirk De Jager Micah Nikiforos Bernard Lindeque Jacob Venter 0/9’s Zander Smit Pieter Rademeyer Jake van der Walt Daniel Opperman Rall Robertson Rafa Lamprecht Jacque du Toit Dane Botha Chris Derksen Kohl Kushner Luka Lonte Liam de Plessis Henrie Reeder Jacques Theron James van der Walt Nicolaas van As Reuben Janse van Rensburg Rupert Janse van Rensburg o/11’s 1.Ben Schoeman 2.Rudi Badenhorst 3. Conrad Slabber 4. Carter Schoeman 5. Nicolas Marais...

Lees Verder

Hokkiewedstryde Seuns o/9 – o/13 teen Kenridge, 26 Mei (TUIS)

SPANNE: Seuns: O/9 A en 0/9B; o/10 A en 0/10B; 0/11A ; 0/12A en 0/13A PLEK: Conradieveld WEDSTRYDE: Sien program SPORTDRAG (Seuns): • Vlootblou kortbroek en JVR rugbytrui (ontvang by skool) • Lang blou kouse met oranje streep (beskikbaar by klerebank) • Shin gaurds (dis BAIE belangrik vir veiligheid) • Tekkies (GEEN sokker toks) • Skoolsweetpak (gemerk) Ons wil versoek dat alle spelers met mondskerms begin speel vir veiligheid. PROGRAM Slegs spelers wat op die onderstaande lyste verskyn, speel Donderdag. Net hierdie leerders se ouers moet asb. die vorm voltooi. O/9 ( Juf. Maricqe Coetzer ) A-span (6 aan ‘n kant) 1. Jake van der Walt 2. John Bremridge 3. Daniel Opperman 4. Pieter Rademeyer 5. Dane Botha 6. Jamie Jordaan B-span (6 aan ‘n kant) 1. Deacon Nguala 2. James van der Walt 3. Rupert Janse van Rensburg 4. Benji Ward 5. Johan Redelinghuys 6. Louis Greeff-Cronjé O/10 ( Juf. Annami Gerber) A- span ( 6 – aan -‘n – kant) 1. Jack Dawes 2. Francois Boshoff 3. Juan Cruywagen 5. Vincent Oosthuizen 5. Johannes Mouton 6. Ruben de Ridder 7. Luke Willows 8. Leo Wiese B- span ( 6 – aan -‘n – kant) 1. Christiaan Greyling 2. Joshua van den Berg 3. Silas Groenewald 4. Luke Willows 5. Nicolas Marais 6. James Marais 7. Gabriel van Dyk O/11 (Juf. Mardry Wright) 1. Ruben Eksteen 2. Adriaan...

Lees Verder

Hokkiewedstryde o/9 – o/13 teen Kenridge, 26 Mei (WEG)

SPANNE: Dogters: O/9A en 0/9B ; O/10 A ; O/11 A ; O/12 A en 0/13A PLEK: Laerskool Kenridge VERTREKTYD: 14:15 TERUG BY SKOOL: ±17:30 WEDSTRYDE: Sien program SPORTDRAG (Dogters): • Blou skort en oranje JVR-hempie (geen moue) • Lang blou kouse met oranje streep (beskikbaar by klerebank) • Shin gaurds • Tekkies (GEEN sokker toks) • Skoolsweetpak (gemerk) Ons wil versoek dat alle spelers met mondskerms begin speel vir veiligheid. PROGRAM Slegs spelers wat op die onderstaande lyste verskyn, speel Donderdag. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. O/9 A – span ( 6 – aan -‘n – kant) 1. Annabella Boshoff 2. Jana Nel 3. Cato Terblanche 4. Lea Loubser 5. Quinn du Toit 6. Morgan Smit B-span 1. Anna Rabie 2. Elle Jehle 3. Aiyana Alfredo 4. Mia-Lynn Podesta 5. Joan van Vreden 6. Mila Malan O/10 ( Juf. Marianne Conradie) A – span (6 – aan – ‘n – kant) 1. Chanelle van Wyk 2. Jeanne van Heerden 3. Anna Viljoen 4. Stella Pansegrouw 5. Cara Nel 6. Klara Wessels 7. Katryn Silvis O/11 (Juf. Helene Slabbert) 1. Emma Snijders 2. Stella Zulch 3. Ané Swanepoel 4. Bailey Thomson 5. Leah de Kock 6. Anna Louw 7. Daniella Boshoff 8. Hila Hertzog 9. Klara Ohloff O/12 (Juf. Andri de Villiers) 1. Klara Maree 2. Mieke Bremer 3. Katia van Wyk 4. Lida-Mari...

Lees Verder

Netbalwedstryde o/9 – o/13 teen Sunningdale, 25 Mei (WEG)

SPANNE: O/9 A, B & C; O/10 A & B; O/11 A & B ; O/12 A & C; O/13 A & C PLEK: Laerskool Sunningdale VERTREKTYD: 14:00 [O/9 – O/13] (Vanaf die skool) TERUG BY SKOOL: ±17:15 SPORTDRAG: • Netbalrompie en oranje JVR-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) PROGRAM: Volg die skakel vir die program, onthou die tye kan effens op die dag verskil.: Slegs spelers wat op die onderstaande lyste verskyn, speel Woensdag. Net hierdie leerders se ouers moet asb. die vorm voltooi. O/9 O/9 A-span Jana Nel Cato Terblanche Anabella Boshoff Bella Naylor Karla Louw Ghia Pereira Andree Steyn O/9 B-span Joan van Vreden Anouk van der Linde Lily van Zyl Cailyn Visser Anna Rabie Mia-Lynne Podesta Zelmonique Wilson O/9 C-span Olivia Blackmore Solange Stevens Ella van der Walt Anya Maritz Elle Malan Quinn Du Toit Morgan Smit Sara Conradie O/10 Ons wil graag vir almal ‘n speelkans gee. Weet dat jy dalk net ‘n halwe wedstryd gaan speel. O/10 A-Span D: Jeanne van Heerden HD: Amelie van der Walt AV: Sarah Roff S: Stella Pansegrouw VV: Chanelle van Wyk HV: Cara Stoltz V: Annalene Viljoen R: Katryn Silvis O/10 B Span Abigail Fourie Katryn Silvis Abigail Theron Karla Muller Lula Joubert Zani Scholtz Sadie Gillmer Elisabet Marais Danielle Fourie Ruby Taylor Phia Fouché O/11 O/11 A Span Jana...

Lees Verder

Inligtingsgeleentheid in verband met vaardigheidskole

‘n Inligtingspraatjie rakende leerders se toekoms in terme van vaardigheidshoërskole word op Saterdag, 11 Junie, om 09:00 tot 10:30 in die skoolsaal deur WKOD-beamptes aangebied. Ouers wat belangstel, kan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) voor of op 3 Junie in kennis...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek voel vandag besonders geseënd en dankbaar weens die feit dat dit in alle opsigte relatief met die skool baie goed gaan. Ons kernbesigheid, naamlik akademie het weer onlangs met die bekendmaking van die 2021 WKOD se sistemiese uitslae bevestig dat ons baie trots kan wees op die akademiese standaard wat ons jaar in en jaar uit handhaaf. Effektiewe kwaliteitsbestuurpraktyke word gereeld hersien om te verseker dat ons Jannies kwaliteit onderrig en ondersteuning ontvang. Ons is werklik geseënd met passievolle opvoeders en ondersteuningspersoneel wat kollektief werk sodat ons Jannies hulle volle potensiaal kan bereik. Ons personeel loop die spreekwoordelike ekstra myl, want opvoeding is vir hulle ‘n passie eerder as ‘n beroep. Die dankbaarheid loop ook verder oor as ek sien hoe goed dit met die skoolsport gaan, veral met die uitdagings as gevolg van die Covid-19 pandemie oor die laaste 2 jaar. Ek verwys nie net na die puik sportuitslae die afgelope tyd nie, maar ook na die ongelooflike deelname deur ons leerders aan al die geleenthede wat daar vir hulle geskep word. Ons leerders geniet die spansportaktiwiteite en raak skoon angstig as die weer begin dreig om oefeninge, wedstryde of toernooie in die wiele te ry. Sportkodes soos skaak en landloop is weer besig om momemtum te kry. Ek was aangenaam verras toe ek op Vrydagmiddag, 13 Mei, by die skaakwedstryde wat by ons skool in die...

Lees Verder