Skrywer: Suzaan Burger

Skooltye: Vrydag, 19 Augustus

Weens Dirkie Uys Sportdag en spesifiek die hokkieprogram wat reeds vanaf 14:00 begin, sal die skool eerskomende Vrydagmiddag vroeër verdaag.  Die skoolprogram word daarvolgens aangepas. Graad 1 – 3 verdaag 12:45 Graad 4 – 7 verdaag 13:00 Die Bloubergbus vertrek...

Lees Verder

Damesontbyt, 3 September

Trek lekker BOLD, BRIGHT EN BEAUTIFUL aan en kom geniet ‘n heerlike ontbyt in goeie geselskap op Saterdagoggend, 3 Sept., om 9:30 te Welgemeendsaal, HS JvR. Neem asb. kennis dat daar slegs 60 kaartjies beskikbaar is. Kaartjies is vanaf vandag op Karri teen R200 per persoon beskikbaar. Spring as jy die geleentheid wil...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ons wil die res van die maand nog steeds eer en erkenning gee aan al ons kosbare vroue in ons samelewing. Vrouens speel ‘n kardinale rol nie net in hul huise nie, maar ook in hul gemeenskappe. Hulle is altyd diensbaar om te verseker dat hul gemeenskappe vooruitgaan en ontwikkel. Ons salueer julle as vrouens vir alles wat julle vermag het en by voorbaat dankie vir die kosbare rol wat julle elke dag binne ons skoolgemeenskap speel. Ek glo en vertrou dat elke vrou in ons skoolgemeenkap op Dinsdag, 09 Augustus, behoorlik bederf is. Ek glo dat julle ook met blydskap waargeneem het dat die geslote kringtelevisie kamerastelsel klaar geïnstalleer is. Die nuutste sekuriteitstegnologie word hier ingespan en die kameras bewaak die hele skool se heinings, -mure en -toegangshekke. Verder word al die kameras deur ‘n sekuriteitsfirma 24/7 gemonitor en indien enige ‘onwelkome gas’ dit durf waag om sy/haar voete sonder toestemming op ons perseel te sit, word daar onmiddellik alarm gemaak en die gewapende eenheid kom onmiddellik uit. Verseker gee dit vir ons almal gemoedsrus dat ons leerders, ouers en personeel wat op enige gegewe oomblik op die perseel mag wees, veilig en beskerm sal wees. Augustusmaand by ons skool word ook gekenmerk deur die begrotingsproses. Die EXCO, begrotingsbestuurders in samewerking met die personeel, is hard aan die werk om die eerste weergawe van die 2023 konsepbegroting teen...

Lees Verder

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Eisteddfod-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders se prestasies by Hoërskool Jan van Riebeeck se Eisteddfod: Daniela Boshoff – Prosa – Goud Pieter Rademeyer – Voordrag – Goud Hannah de Stadler – Voordrag – Goud Antjie Samuel – Voordrag – Goud Karu Rademeyer – Voordrag – Goud Karu Rademeyer – Prosa – Goud Emma van Bijon – Dwarsfluit – 78% Ruben Eksteen – Saksofoon –...

Lees Verder

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Drama-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die drama-afdeling van die Hoërskool se Kunstefees deelgeneem het! Pieter Rademeyer – Poësie: Voordrag A+ Hanna de Stadler – Poësie: Voordrag A+ Karu Rademeyer – Poësie: Voordrag A++ Antjie Samuel – Poësie: Voordrag A++ Karu Rademeyer – Prosa: Voordrag A+ Daniella Boshoff – Prosa: Voordrag...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Augustus-maand het skielik sy vriendelike opwagting gemaak. ‘n Baie spesiale maand inderdaad! Vir die meeste mense is Augustus seker maar net nog ‘n maand, maar Augustus-maand is vrouemaand en ek wil spesiaal die maand aan al ons kosbare vrouens in ons skoolgemeenskap wy. Dit is belangrik dat ons die vroue in ons lewens spesiaal eer en erkenning gee vir die waardevolle rol wat hulle in ons lewe en die samelewing speel. Op Dinsdag, 09 Augustus, vier ons weer Nasionale Vrouedag. Die eerste Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika is op 09 Augustus 1994 gevier. Die spesiale dag van die skoner geslag gedenk die nasionale optog van vroue in 1956 waartydens hulle petisie aangeteken het teen wetgewing wat swartmense verplig het om ‘n pasboek te dra. Die doel van die pasboek was om die beweging van swartmense gedurende die apartheidsera te beheer en te beperk. Simbolies gedenk Vrouedag die rol wat vroue gespeel het om die mure van diskriminasie af te breek wat onderskeid getref het tussen mense op grond van hulle ras. In vandag se tye word daar so baie gepraat en gepleit vir vroueregte, diskriminasie teen vroue asook geweld teen vroue. Dit voel vir my asof dit eenvoudig op dowe ore val, want daagliks hoor jy van stygende getalle van aanrandings en selfs moorde op vroue, maar bittermin vervolging geskied. Weereens besef ons die wonderlike voorreg wat ons het om...

Lees Verder

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Uitslae

Van ons leerders het aan die Kunstefees deelgeneem en uitstekend gevaar: Thomas Holtzhausen – Klavier – 80% Markus van Vuren – Klavier – 95% Sabine Barnard – Klavier – 82% Ruben de Ridder – Klavier – 90% Leah de Kock – Klavier – 95%, 95%, 95%, 96% Lisa van As – Klavier – 85% , 85% Karu Rademeyer – Klavier – 84% Karu Rademeyer – Sang – 84% , 87% ,92% Pieter Rademeyer – Kitaar – 75% Susie Samuel – Klavier – 82%, 85%, 96% Daniela Boshoff – Sang – 85%, 90% Thomas Boshoff – Sang – 85% Ons is baie trots op julle! Baie...

Lees Verder

Leerders wys hul talente in die naaldwerkklas

Juf. Conradie en juf. Burger het in kwartaal 2 met naaldwerkklasse vir leerders begin. 5 Graad 4-leerders het elke Woensdag bymekaar gekom om te werk aan verskeie naaldwerkprojekte. Hulle mees onlangse voltooide projek is ‘n bucket hat. Hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt! Baie geluk aan die volgende leerders: Gabriella Buckenham, Nell du Toit, Klara Wessels, Cara Nel en Kyle...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo met twee weke van die kwartaal agter die rug het elke huishouding in ons skoolgemeenskap weer sy spreekwoordelike natuurlike ritme en skoolroetine gevind. Verskeie sportwedstryde en -oefeninge het ook die afgelope week plaasgevind ter voorbereiding vir die sportnaweek te Laerskool Robertson wat vandag met hokkie afskop en môre met die netbal- en rugbywedstryde eindig. Ek hoop om julle ook by die heerlike sportnaweek te sien. By voorbaat dankie vir hierdie ondersteuning. Bo en behalwe die verskeie sportwedstryde waaraan ons Jannies oor die naweek gaan deelneem, is daar natuurlik die kosbare plattelandse gasvryheid, lekkernye en samesyn om na uit te sien. Diegene wat hierdie geleentheid gebruik as ‘n wegbreek om saam met vriende en/gesinslede te spandeer, moet die pragtige Robertson-omgewing baie geniet en veilig reis. Dit is dan my voorreg om vir julle kortliks terugvoering te gee rakende ons welwillendheid projek vir kwartaal 2 wat deur juf. Nicola baie suksesvol gedryf is. Deel van Mandela Dag wat op 18 Julie 2022 internasionaal gevier word, is besluit dat ons ons 67 minute gaan verdiskonteer in ‘n voedingskema by Laerskole Ellerton en Prestwich. Baie dankie aan diegene wat ons met die projek bygestaan het om na geïdentifiseerde, behoeftige gemeenskappe uit te reik en te ondersteun. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat binne graadverband vir ons die onderstaande voedselprodukte ruim geskenk het: Graad 1: Pilchards in tamatiesous (blikkies) Graad 2:...

Lees Verder

Thomas Boshoff presteer in Paarl Talentkompetisie

Thomas Boshoff het vir die Paarl Talentkompetisie wat in die nuusbrief geadverteer was, ingeskryf en baie goed presteer! Hy het die liedjie “Hey Soul Sister” van Train gesing en sy Ukulele gespeel. Hy is deur na die finale rondte. Baie geluk, Thomas! Hy gaan op 9 Augustus die bekendstelling van die finaliste funksie bywoon en op 27 Augustus vind die finale rondte plaas. Sterkte, Thomas. Ons hou vir jou...

Lees Verder

Optrede deur Seniorkoor: 2 Augustus

Die Seniorkoor tree Dinsdagaand om 18:30 by die Groote Kerk aan die bo-punt van Adderleystraat by die Hoërskool se Koorfees op. Daar tree 4 skole op. Die program is nie baie lank nie en behoort teen 20:00 klaar te wees. Ouers wat nie kaartjies gekoop het nie, moet asb. die kinders nie later as 20:00 kom afhaal nie. Ons doen ‘n beroep op die ouers om tot aan die einde van die verrigtinge te bly. Koorlede sit as ‘n groep op die galery. Koordrag: Netjiese winterskooldrag. Geen truie of baadjies nie. Dogters dra swart kouse. Geen eet- en drinkgoed word in die kerk ingebring...

Lees Verder

Tafelberg Koorfees 2022

ONS IS TERUG!! Die Hoërskool Jan van Riebeeck is baie opgewonde om weereens die TAFELBERG KOORFEES aan te bied op Dinsdag, 2 Augustus 2022. Na die afloop van ‘n baie suksesvolle fees in 2019, was ons baie opgewonde om weer hierdie besondere konsert aan te bied, maar die effek van die pandemie het ons gekeer. Hiermee is ons meer as net opgewonde vir die opkomende konsert! Kom geniet ‘n aand van uitnemende koorsang in die Groote Kerk, Kaapstad. Kaartjies beloop R80. Moet nie hierdie besondere konsert misloop nie. Sien jou daar! Volg die SKAKEL vir...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek hoop en vertrou almal het die heerlike wintervakansie terdeë geniet en jul spreekwoordelike batterye is ten volle gelaai, slaggereed om die nuwe kwartaal saam met jul kinders aan te pak. Dit is altyd ‘n wonderlike voorreg om die leerders, ouers, voogde en personeel terug by die skool na ‘n vakansie te verwelkom. Daar heers groot opwinding onder die leerders om weer terug by die skool en tussen hul maats te wees, want hierdie kwartaal is weer propvol sport- en kultuuraktiwiteite en moenie vergeet van ons gewilde konsert wat aan die einde van die kwartaal plaasvind nie. Die buitemuurse program het sommer op dag een van die nuwe kwartaal in volle swang afgeskop, want ons wil ernstig voorberei vir die belangrike sportnaweek (29/30 Julie) te Laerskool Robertson. Verskeie ander skole gaan ook aan die spesifieke sportnaweek deelneem en ek glo julle sien ook saam met jul kinders en hul afrigters uit om ‘n heerlike naweek in die pragtige platteland of sal ek eerder sê Wynland te spandeer. Die plattelandse gasvryheid en samesyn is altyd kosbaar en ek hoop om julle almal daar te sien. Graag versoek ek dat ons as Laerskool Jan van Riebeeckers sommer in massas sal opruk na Robertson. Laat my asseblief toe om vir juf. Claudia hartlik geluk te wens met haar onlangse verlowing. Ons wens vir haar en Marshall net ‘n blink en belowende toekoms...

Lees Verder

Ouerbesoeke 2022: Kwartaal 3

Hierdie kwartaal vind die ouerbesoeke op 1 en 2 Augustus plaas. Volg asb. die instruksies hieronder om ‘n afspraak te maak Kliek op die foto om die Google Form oop te maak. Kies die fase waarin jou kind is. Kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak en kliek “Next”. Kies ‘n tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies “No more options” sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar ‘n kansellasie is. Kliek “Submit”. Jy sal ‘n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, is jou afspraak steeds gemaak, maar die bevestiging het net nie by jou uitgekom nie. Gaan kyk gerus in jou “Spam”. Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op “Submit another response”. Indien jy die tyd wil verander, vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za). Vir enige vrae, stuur ‘n e-pos aan...

Lees Verder

Seniorkoor tree 2 Augustus op

Neem asb. kennis dat ons Seniorkoor op 2 Augustus by die Groote Kerk as deel van Hoërskool Jan van Riebeeck se koorfees optree. Verdere kommunikasie en die program sal volg. Hulle gaan ook soos volg oefen: Vr., 22 Jul vanaf 07:45 – 08:45 Wo., 27 Jul vanaf 07:45 – 08:45 Do., 28 Jul vanaf 07:45 – 08:15 Di., 2 Aug vanaf 07:40 – 08:15 (Dus geen saal...

Lees Verder