Skrywer: Suzaan Burger

Prysuitdeling 2022

Maak asb. ‘n aantekening in jou dagboek om die prysuitdelingsgeleenthede in ons skoolsaal by te woon. Maandag, 5 Des: Gr. 1 – 08:30 Gr. 2 – 10:00 Gr. 3 – 12:00 Dinsdag, 6 Des: Gr. 4 – 08:30 Gr. 5 – 10:00 Gr. 6 – 12:00 Donderdag, 8 Des: Gr. 7 –...

Lees Verder

Junior- en Seniorkoor

Ons is trots op ons kore wat pragtig gesing het en mooi verslae gekry het by verlede week se Weskus Koorfees. Dankie aan al die ouers se opoffering met vervoer. Ons sien uit na die Kerssangdiens op 27 November te N.G. Kerk Tamboerskloof. Hou solank die datum...

Lees Verder

Tegnologie Vraelys

Soos in die Nuusbrief van 22 Julie gekommunikeer, is ons skool besig om van Google Worksuite af te migreer na die Microsoft Education platform. Om ons tegnologie strategie te help finaliseer, wil ons graag verstaan hoe ons Jannies bestaande tegnologie gebruik. Ons versoek dat een ouer per huisgesin asseblief ‘n tegnologie vraelys wat ons volgende week gaan uitstuur teen Vrydag, 28 Oktober, sal voltooi. Dit is ‘n kort vraelys en behoort binne 6 minute voltooi te kan...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die eerste week van die kwartaal het op ‘n besondere hoogtepunt geëindig met die vieringe van Ouma- en Oupadag op Vrydag, 14 Oktober 2022. Oupas en oumas het van heinde ver gekom om die spesiale dag by hul kleinkinders se skool te spandeer. Die vreugde en dankbaarheid om die belangrike rol van ouma en/of oupa te vertolk, was amper tasbaar tydens die dag. Vir ons as skool is dit belangrik dat grootouers ook vir ‘n kort rukkie die skoolomgewing kan ervaar sodat hulle kan sien waar hul kleinkinders soveel tyd met betrekking tot hul opvoeding spandeer. Ek glo dit is belangrik vir die grootouers om te kan sien dat hul kleinkinders gelukkig by die skool is en baie belangrik dat die kinders ook die skoolervaring geniet. Alhoewel ek ongelukkig nie self die dag kon bywoon nie, is ek doodseker dat ons oumas en oupas die bederfdag terdeë geniet het en baie trots op hul kleinkinders is. Die spesiale dag is verder afgerond met ‘n insiggewende boodskap deur die gasspreker, naamlik Helen Zille. Helen Zille is ‘n formidabele vrou en ‘n dinamiese ouma met ‘n pragtige kleinkind by Huppelland. Baie dankie ook aan ons Beheerrraad-Voorsitter, Merwe Scholtz, vir sy pragtige boodskap tydens die geleentheid. Graag wil ek al die oumas en oupas hartlik bedank wat al die moeite gedoen het om ‘n dag tydens skooltyd deel te wees van hul...

Lees Verder

Konsert video-opname

Die konsert se video-opname sal vanaf Maandagmiddag op Karri bestel kan word. Indien jy ‘n boodskap gekry het dat jy perongeluk te veel vir die konsertfoto’s betaal het (vir meer as een kind of dubbel toe dit die tweede keer opgelaai is), sal jy nie die Karri versameling vir die video-opname sien nie, maar sal die video outomaties ontvang sodra ons dit...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Hartlike welkom terug by die skool na die heerlike kort Oktober-vakansie. Ek glo almal het die ruskansie terdeë geniet en hul spreekwoordelike ‘batterye’ herlaai sodat ons as skoolgemeenskap die laaste kwartaal die bul by die horings kan pak. Dit is natuurlik Oktober-maand: die mooiste, mooiste maand veral in Kaapstad met die langverwagte arrivering van die heerlike sonnige weer terwyl Moeder Natuur haar winterkloue stadig maar seker uit die Moederstad onttrek. Ek kan nie anders as om in die maand na C. Louis Leipodlt se pragtige gedig te verwys nie, want dan is alles mos so mooi, vars en nuut terwyl die voeltjies tjirp vanaf vroeg soggens tot laat saans vol lewenslustigheid: Viooltjies in die voorhuis – Viooltjies blou en rooi! Viooltjies oral op die veld, En oral, ai, so mooi! Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Op hierdie pragtige noot van ‘mooimaak’, glo ek dat julle waargeneem het dat daar ook hard tydens die vakansie aan die volgende twee opwindende projekte gewerk is: Die sportveld, plaveisel en teerwerk (agter die skool): Die gras op die uitgebreide sportveldjie het baie mooi gevestig en ons kan die ‘nuwe’ spasie nou baie meer doeltreffend aanwend. Die plaveisel onder die bome naaste aan die uitgang dra by tot die estetiese effek van die hele projek. Hier gaan ons nuwe bankies vir leerders, ouers en personeel plaas om sommer lekker voor-,...

Lees Verder

Nuwe Skooldrag

Beste Ouers Ons wou vreeslik graag vandag al die nuwe skooldrag aan julle bekendstel. Daar is egter ‘n paar goed wat nog nie afgehandel is nie. Ons sal dit spoedig moontlik probeer afhandel. Indien jy enige navrae het, kontak gerus vir Marinda Brink...

Lees Verder

Oupa- en Oumadag: Belangrike reëlings

Ons sien vreeslik daarna uit om die grootouers van ons pragtige leerders te verwelkom wat die oupa- en oumabederfoggend op Vrydag, 14 Okt., om 10:00 – 12:00 in ons skoolsaal bywoon. Anders as by Huppelland kan ons ongelukkig net ‘n sekere aantal sitplekke (150) beskikbaar stel. Ons oupa- en oumabederfdag is nie van so ‘n aard dat grootouers saam met hul kleinkinders tee drink nie. Indien jy dalk onder hierdie indruk was en ‘n kaartjie beskikbaar is a.g.v. ‘n kaartjie wat vir ‘n kleinkind gekoop is, moet jy my (marinda@jvrprim.co.za) dadelik kontak om vir iemand anders plek te gee om die geleentheid by te woon. Belangrike inligting om van kennis te neem: Niemand mag op die nuwe sportveld parkeer nie. Parkeer gerus op die plekke wat agter beskikbaar is. Aangesien ons tans met verbouings aan die vierkant besig is, maak ons Raché Turner se klas beskikbaar as die deurloopklas om maklik na die saal te stap. Dit is die klas naaste aan die trappe by die tennisbane. Daar sal graad 7-leerders wees wat aanwysings gee. Die oggend behels ‘n koppie tee/koffie met ‘n eetdingetjie rondom ‘n gedekte tafel waar lekker samesyn sal seëvier. Graad 7’s sal as kelners optree om die koffie en tee te bedien. Daar is ‘n program wat gevolg word met onder andere albei kore (Junior en Senior) wat as vermaak sal optree. Nadat die program...

Lees Verder

Unisa Musiekeksamens

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend in die Unisa musiekeksamens gevaar het: Robyn Lister – Graad 2 – 87% Lisa van As – Graad 3 – 85% Karu Rademeyer – Voor- Graad 1 – 90% Philip van Rooyen – Graad 3 – 87% Lara Basson – Graad 4 – 82% Susan Burger – Graad 3 – 74% Willem Burger – Graad 2 – 78% Katia van Wyk – Graad 3 – 92% Ané Swanepoel – Graad 2 – 85% Susie Samuel – Graad 2 – 90% Chanelle van Wyk – Graad 2 – 90% Neill Ferreira – Voor- Graad 1 – 94% Stella Zulch – Graad 1 – 84% Ruben de Ridder – Graad 1 – 88% Sabine Barnard – Graad 1 – 85% Ons is BAIE trots op...

Lees Verder

Konsertfoto’s en -kostuums

Konsertfoto’s: Die Karri-invordering is weer oopgestel vir ouers wat nog wil bestel. Indien jy onseker is of jy dit reeds betaal het, kan jy onder Transaction op die toep kyk. Konsertkostuums: Ouers wat hul kinders se kostuums wil koop, kan tot 14 Oktober daarvoor op Karri teen R200 per kostuum betaal. Sodra die betaling ontvang is, kan die kostuum by die registeronderwyser afgehaal...

Lees Verder

OOV-voorsitter nominasies

Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2023. Ria Hertzog het die afgelope 2 jaar as OOV-voorsitter opgetree en is gereed om hierdie leisels aan ‘n opvolger te oorhandig. Ons is uiters dankbaar vir die tyd en inisiatief wat Ria aan ons skool gewy het. Stuur gerus nominasies direk aan Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor ‘n paar weke ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo dat almal wat die konsert die afgelope 2 weke bygewoon het, sal saam stem dat die konsert instrumenteel was om die kwartaal op die perfekte noot af te sluit. Die gala-aand van die konsert verdiskonteer vir my al die hoogtepunte (akademie, kultuur en sport) van ‘n uiters suksesvolle kwartaal. Ôsim (Ons Seelewe is Magic) was soveel meer as ‘n konsert. Ek is vas oortuig dat dit eerder ‘n skouspel was en dat daar nog lank daaroor gepraat word. Ôsim kon net suksesvol aangebied word deur ‘n spanpoging van mnr. Ben, juf. Jana, personeel, leerders en ouers. Die detail in die kostuums, grimering en voorportaal was kleurryk en verruklik. Die teks vervat komtemporêre uitdagings en die musiekkeuse van elke graad was perfek en het die boodskap van die gevare van seebesoedeling effektief oorgedra. Ôsim het aand na aand soveel opwinding en energie opgelewer. Hierdie skouspel het verseker dat alle konsertgangers met ‘n breë glimlag die skoolterrein verlaat het, vol geesdrif en positiwiteit. Die konsert het beslis daai lekker en trotse gevoel vir almal gegee. Opvallend was hoe die leerders hulself tydens die konsert behoorlik ingeleef het en die ondervinding terdeë geniet het. Die standaard is gestel en ons sien uit na die volgende opwindende konsert wat vir 2024 beplan word – hou die spasie dop! As ons oor kwartaal 3 reflekteer en ons wil dit op ‘n manier...

Lees Verder

Afskaffing van die wit LO-hempie

In die lig dat ons skooldrag in 2023 aangepas word, versoek ons dat wit LO-hempies wat nie meer pas nie, maar nog netjies is om te dra skool toe gestuur moet word sodat ons dit gratis kan versprei aan leerders wie se hempies nie meer pas nie. Ons faseer die hempies uit. Stuur dit asseblief na jou kind se registerklas. Daar is ongelukkig geen nuwe hempies beskikbaar nie. Ons is seker dat daar genoeg wit hempies in sirkulasie is waarmee ons skoolgemeenskap mekaar kan help. Die nuwe hempies is in produksie en dus nog nie hierdie kwartaal beskikbaar nie. Neem asseblief die vrymoedigheid om die donkerblou feeshempies tydens LO-periode te dra indien dit wel nog pas. Hierdie hempies sal volgende jaar glad nie toegelaat word nie. Neem asseblief die vrymoedigheid om nuwe hempies by Eda (jvrklerebank@gmail.co.za) te bestel sodat sy betyds voorraad kan...

Lees Verder