Skrywer: Suzaan Burger

Netbaluitslae: Aristea

Baie geluk aan ons spelers met puik uitslae teen Aristea: 0.7A – wen 2 – 0 0.8A – wen 5 – 0 0.8B – wen 4 – 1 0.9A – wen 8 – 0 0.9B  – wen 4 – 0 0.10A – wen 25 – 0 0.10B – wen 14 – 0 0.11A – wen 18 – 2 0.11B – gelykop 1 – 1 12A – wen 18 – 7 12B – wen 11 – 5 0.13A – wen 36 – 3 0.13B – wen 17 –...

Lees Verder

Rugbyuitslae: Goodwood Park

Ons het Woensdag, 03 Mei, teen Goodwood Park rugby gespeel en vir baie was dit hulle eerste skoolwedstryd vir die jaar. Uitslae is as volg: o.13A wen 36-5 o.11A wen 38-0 o.9A wen 15-0 o.8B verloor 6-0 o.8A wen 6-0 o.7B wen 8-6 o.7A verloor 6-3 Dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning. Sterkte aan die o.11- en o.13-spanne wat die naweek teen Laerskool Vredenburg...

Lees Verder

Skooler Wenk: Getal langsaan kontakgroepe wil nie verdwyn nie

Indien jy sukkel om die getal langsaan kontakgroepe in Skooler te laat verdwyn nadat jy gelees het, volg gerus die volgende stappe: Rol op na die vorige boodskappe in die spesifieke kontakgroep en soek vir die volgende: Boodskappe wat vra dat jy dit moet “confirm”. Kliek om te bevestig dat jy dit gelees het. Boodskappe wat ‘n SHOW FORM skakel het – dit is Skoolervorms wat onderwysers soms aanheg.  Indien jy nie die vorm oopmaak en een van die opsies kies nie, gaan die boodskap “ongelees” bly. Skooler en Teams riglyne en wenke is ook op ons webtuiste onder myJvR, Vrae en Antwoorde beskikbaar. Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Eisteddfod: Solosang

Onthou van die Solosang wat op Saterdag, 13 Mei, by ons skool plaasvind. Alle deelnemers het reeds hul tye gekry. Wees so 15 min voor die tyd daar. Neem asb. kennis dat alle gr. 1 – 3’s ten minste ‘n halfuur vroeër as die aangeduide tyd moet aanmeld a.g.v. baie onttrekkings en skuiwe. Leerders dra gemaklike...

Lees Verder

Skaakuitslae: 22 en 23 April

Verlede week het die top skole skaakliga wedstryde afgeskop. Ons het twee wedstryde gespeel. Die eerste wedstryd was 22 April teen International School of Cape Town en ons het 4.5 – 1.5 gewen. Ons tweede wedstryd was 23 April teen Laerskool Tamboerskloof en ons het 6 – 0 verloor. Ons spelers sien uit na die res van die...

Lees Verder

Fotobestellings

Wat om te doen as jy die sluitingsdatum gemis het: Besoek gerus Lunchbox Photography se webtuiste om te bestel. Wagwoord vir aanlyn bestellings: JVR2020 Omdat bestellings reeds by die skool gesluit het, gaan jy self vir die aflewering moet...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Week 3 van die akademiese kwartaal eindig vandag met ‘n lekker meevalletjie van ‘n langnaweek vanaf 27 April tot 01 Mei om na uit te sien. Dit sluit natuurlik twee belangrike openbare vakansiedae in, naamlik Vryheidsdag op 27 April en Werkersdag op 01 Mei. Op Vryheidsdag herdenk ons die land se eerste demokratiese verkiesing wat op dié dag in 1994 begin en die dag daarna geëindig het. Werkersdag word gevier om die werkers van ons land te huldig asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek. Deel gerus met jou kind/ers die rede waarom ons in Suid-Afrika die twee dae vier.  Ek wil graag al die ouers/voogde wat verlede week op 17 en 18 April so getrou die ouerafsprake met jul kind/ers se onderskeie onderwysers eerbiedig het, hartlik bedank vir jul betrokkenheid by jul kinders se leer en onderrig. Kinders voel meer geborge en het meer selfvertroue waar ouers/voogde moeite doen en tyd maak om by hul kinders se daaglikse doen en late betrokke te raak.  Op Donderdag, 20 April, het ons jaarlikse Kleiduifskietkompetisie by die Gun Valley Skietbaan te Agter-Paarl plaasgevind. Die gure weer het hard probeer om die gewilde kompetisie in die wiele te ry. Gelukkig het die reën opgeklaar en kon die skutte hul vaardighede ten toon stel. Die rukkerige wind het sake nie maklik gemaak nie, maar die deelnemers was...

Lees Verder

Redenaarsterugvoer

Die redenaarspan was die afgelope twee weke by twee kompetisies betrokke en graag wens ons die volgende leerders geluk met hul deelname aan: PODIUMPRET: Riley Smyth, Jacques du Toit, Pieter Rademeyer, Sabine Barnard, Bella Naylor, Elisabet Marais, Emma Snjiders, Michaan Naylor, Isabella Marais, Sophia Derksen, Karu Rademeyer (afwesig) ATKV ronde 1: Stef Nel, Jacques du Toit, Bella Naylor, Pieter Rademeyer, Elisabet Marias, Sabine Barnard, Cara Stoltz, Isabella Marais, Michaan Naylor, Sophia Derksen, Karu Rademeyer (afwesig), Emma Snjiders Ons deel die uitslae van ATKV se eerste ronde sodra ons dit ontvang. Baie geluk aan elkeen van die deelnemers. Julle het ons skool se naam met jul goeie voorbereiding en pragtige maniere hoog gehou. Baie dankie aan Marinda Brink wat die leerders Saterdag, tydens die ATKV eerste ronde, vergesel...

Lees Verder

Sop-in-‘n-fles Welwillendheidsprojek

Die volgende skenkings sal baie waardeer word vir hierdie kwartaal se projek: skoon glasfles (ongeveer 500 – 750ml) – leerders wat flesse bring kan een dag kies om sivvies aan te trek klein pasta skulpies of macaroni gedroogde lensies groente- of hoenderaftreksel (poeier of saamgeperste blokkies) pakkies droë bruin-uiesop of sampioensop Alternatief: Karri-toep skenking Skenkings kan na juf. Marietjie de Kock se klas geneem...

Lees Verder

Sport: Woensdag, 26 April

Woensdag, 26 April, sal alle rugby- en netbaloefening in skooltyd plaasvind. Weens die langnaweek en dat ons Maandag, 1 Mei, se oefeninge mis, wil ons graag seker maak alle spelers oefen Woensdag. Die rugby- en netbalspanne speel Woensdag, 3 Mei, onderskeidelik teen Goodwood en Aristea. Leerders kan in hul sportklere skool toe kom. Sien die program op die foto hier onder of kliek HIER vir die...

Lees Verder

Netbal o.10A teen Laerskool Durbanville

Die o.10A-netbaldogters het Saterdag aan Laerskool Durbanville se 0.10-sportdag deelgeneem en baie goed gevaar. Baie geluk aan Cato Terblanche wat as speler van die dag aangewys is. Wen teen Welgemoed B 12 – 3 Verloor teen Totius 6 – 7 Wen teen Belville Noord 10 – 2 Wen teen Vredekloof 9 – 0 Ons is trots op die Jannies se goeie spangees en...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die buitemuurse- en skoolkalender is sedert die skole op Woensdag, 12 April, heropen het propvol pret aktiwiteite vir ons leerders. Op Vrydagmiddag het ons o.13A-seuns- en dogtershokkiespanne aan ‘n hokkietoernooi te LS Van Riebeeckstrand deelgeneem. Baie geluk aan die seuns wat gelykop teen Van Riebeeckstrand (1 elk) gespeel het. Hulle wen Curro Durbanville met 4 – 0. Ons dogterspan verloor in die doodsnikke van die wedstryd 0 – 1 teen Van Riebeeckstrand, maar wen Curro Durbanville 1 – 0. Baie geluk aan die onderskeie afrigters juf. Shahneé en mnr. Leon met die puik uitslae aan die begin van die seisoen. Op Saterdag, 15 April 2023, het ons o.10-netbalspan aan die LS Durbanville se o.10A-netbaltoernooi deelgeneem. Ons o.10-dogters onder leiding van juff. Heidré en Izél het puik gevaar en hulle is as die beste span vir die dag op die spesifieke baan aangewys. Daar is met trots tydens die prysuitdeling van hul sportgees en sportmanskap melding gemaak. Dieselfde dag het ons o.11-hokkiespelers aan ‘n interne hokkiekliniek by die Conradieveld deelgeneem. Baie dankie juf. Helene vir hierdie inisiatief en puik reëlings. Maandagaand het die Suidoosterredaksie span onder leiding van juff. Suzaan en Marlize ‘n pret middag-aand funksie gereël waartydens Marius Boonzaaier (redakteur van die APEX Motortydskrif) hulle rakende joernalistiek, redigering en verslaggewing kom toespreek het. Die hoogtepunt was egter dat die juffrouens saam met die dogters die aand in die biblioteek...

Lees Verder

Dramatye: Kwartaal 2

Maandag: Gr. 1 – 3 14:30 – 15:30 Gr. 4 – 7 15:30 – 16:30 Woensdag: Gr. 1 – 3 14:10 – 15:00 Gr. 4 – 7 15:00 – 16:20 Vrydag: Gr. 1 – 3 13:00 – 14:00 Gr. 4 – 7 14:00 – 15:00 Die tye sal later weer aangepas word as eksamen begin en sport klaar...

Lees Verder

Skooltye: 26 April

As gevolg van die heerlike langnaweek (27 April – 1 Mei) het ons besluit om die skool op Woensdag, 26 April, op gewone tyd te verdaag (13:15 – gr. 1, 13:32 – gr. 2, 13:40 – gr. 3, 14:10 – gr. 4 – 7) met netbal en rugby wat steeds sal plaasvind. Ons het egter besluit om die sport (gr. 1 – 7) tydens die skooldag te oefen sodat almal op die uitkomtye soos hier genoem kan verdaag. Die tye en reëlings vir Woensdag, 26 April, is as volg: 13:15 (graad 1) 13:32 (graad 2) 13:40 (graad 3) 14:10 (graad 4 – 7) Netbal & rugby vind in skooltyd plaas. Leerders wat nie Woensdag sport beoefen nie, bly in klasse. Bus vertrek om 14:15 Nasorg gaan voort soos...

Lees Verder

Jannies presteer by SA Lifesaving Champs

Drie van ons Jannies het van 3 – 5 April aan die SA lifesaving champs in Port Elizabeth deelgeneem. Dit was drie lang en uitmergelende dae op die strand in ‘n stormagtige Port Elizabeth. Nils Le Roux wen ‘n Silwer medalje in die Beach Flags vir seuns o.10 en goud in die o.10 mixed beach relay. Bailey Thomson wen ‘n silwer medalje in die Beach Flags, nog ‘n silwer medalje in die Beach Sprints vir meisies o.12 en goud in die o.12 Mixed Beach relay. Delmar Benecke wen silwer in die beach long run vir seuns o.12 en goud in die o.12 Mixed Beach relay. Hierdie kinders het ongelooflike fiksheid, deursettingsvermoë en baie “guts” getoon. Ons is baie trots op...

Lees Verder