Skrywer: Suzaan Burger

Geagte Ouers / Voogde

Moeder natuur het haar spreekwoordelike winterkloue behoorlik vir die Wes-Kaap en veral vir ons pragtige Moederstad ingeslaan. Selfs die weervoorspelling-toeps se akkuraatheid word die afgelope tyd bevraagteken, want dit voorspel nie reën nie, maar tog word ons geseën. Presies 5 jaar gelede het ons almal gedink Dag Zero gaan aanbreek aangesien ons damme en reservoirs dolleeg was. Ons mag beslis nie weer oor al die wonderlike reën wat aanhoudend oor die stad val, kla nie. Die ongure weer beïnvloed beslis al ons buitemuurse aktiwiteite. Daarom is ons en ander skole in die stad se sport verlede naweek afgestel. Die watertafel van beide die Conradieveld en die junior veld (agter die skool) het met al die baie reën die afgelope tyd baie gestyg en maak dit selfs moeilik om te oefen. Ons vra vir begrip indien oefeninge ook nie kan plaasvind nie. Beide ons junior en senior kore het op Dinsdagaand, 01 Augustus, saam met die bekende sanger, Jak de Priester, by die ikoniese Groote Kerk opgetree. Die merkwaardige kerk is Suid-Afrika se oudste plek van Christelike aanbidding, gebou deur Herman Schuette in 1841. Ons kore het hulle puik van hul taak gekwyt en het ons baie trots gemaak. Baie dankie juf. Helecia en mnr. Ben vir hul leeue-aandeel in die verband asook juf. Heidré vir die toesig. Graag wil ek al ons ouers/voogde bedank wat die spesiale optrede bygewoon...

Lees Verder

Stella en Rafa Lamprecht presteer in Tennis

Ons wil graag vir Stella en Rafa Lamprecht baie geluk toewens met hul puik prestasie tydens die verskillende Wilson-tennistoernooie. Beide Stella en Rafa het eerste geëindig in hul verskeie ouderdomsgroepe. Rafa is 1ste uit 18 spelers en Stella 1ste uit 24 spelers. Hulle is uitgenooi om deel te neem aan die Meesters-toernooi. Dit is ‘n merkwaardige prestasie. Ons is uiters trots op...

Lees Verder

Hokkie-uitslae: 3 Augustus

Ons hokkie-spanne het Donderdag ‘n vriendskap-like wedstryd teen Fanie Theron gespeel. Ons o.7 en o.8-seuns en dogters het hul eerste wedstryd gespeel en dit só geniet! Ons is opgewonde om hul wedstryd-gereed te maak vir Interskole vs. Dirkie Uys wat om die draai is! Hier volg ons uitslae: Seuns: o7 1-0 w o8 0-0 o11 0-0 o13 6-0 w Dogters: o7 1-2 v o8 0-6 v o11 7-0 w o13 5-0 w Welgedaan aan alle leerders wat deelgeneem...

Lees Verder

Loslitdag: 1 September 2023

*Plakkers gaan van volgende week af op Karri beskikbaar wees. Vrydag, 1 September 2023, is Loslitdag! Tema: Share a smile Trek bont en kleurvol aan! Betaal R20 vir ‘n loslitdagplakker om Vrydag, 1 September, sivvies aan te...

Lees Verder

Akademiese Week 2023: Aktiwiteite

“Juffrou, waarom gaan ons soveel lekker dinge doen as dit die akademiese week is?” vra ‘n leerder aan my terwyl ek die advertensies in die gange aanbring. “Akademie is lekker! Dis waarom ons lekker dinge doen,” was my antwoord op hierdie vraag. Dis net hier waar ek besef het watter belangrike rol ons huidige ingesteldheid teenoor akademie speel: Die visie vir ons skool se akademie is om ‘n geïntegreerde, interaktiewe omgewing te skep waarbinne leerders veel meer as net die voorgestelde KABV (CAPS) kurrikulum onder die knie het. Ondersteuning, intervensie, blootstelling en verryking speel alles ‘n kardinale rol in die leerproses. Met die akademiese week op ons voorstoep is die uit einde om vir ‘n week die ‘normale’ skoolprogram opsy te plaas om sodoende onderwysers en leerders die vryheid te bied om op verskillende maniere en vlakke te leer. Ons betrek dan ook ons breër skoolgemeenskap deur interessant gesprekke, inligting, opleiding, ens. aan te bied. Dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie te wees! Die week begin amptelik vandag met ouma- en oupadag asook ‘n spesiale sivviedag … KUNS is … Ons eindig ons week met ‘n hoogtepunt af … kaskarresies bly maar altyd net ‘n groot lekkerte. Dankie vir die ondersteuning en entoesiasme oor leer en die lekkerte rondom dit. Marinda...

Lees Verder

Netbaluitslae: 2 Aug 2023

Woensdag, 2 Augustus, het Laerskool JvR teen Table View netbal gespeel. Dit was ‘n ongewone warm dag, maar die Jannies het nie opgegee nie. Laerskool Table View se o.12A-span is die nommer 1 span in die Wes-Kaap en gaan binnekort aan die nasionale toernooi in Boksburg deelneem. Ons wens vir hulle baie sterkte toe. JvR vs. Table View o.7A verloor 0-2 0.7B verloor 0-2 0.7C verloor 0-3 o.8A wen 7-0 0.8B verloor 0-2 0.8C verloor 0-1 o.9A verloor 3-7 0.9B verloor 0-6 0.9C verloor 2-4 o.10A gelyk4-4 0.10B wen 8-5 0.10C verloor 0-2 o.11A wen 22-2 0.11B verloor 3-6 o.12A verloor 9-23 0.12B wen 12-7 o.13A wen 16-15 0.13B wen 6-4 0.13C verloor...

Lees Verder

Skaakuitslae: 28 Julie & 2 Augustus

Ons skaakspan het hul eerste wedstryd vir kwartaal 3 verlede Vrydag, 28 Julie, teen Laerskool Kampsbaai gespeel. Ons Jannies het uitstekende strategiese skuiwe gemaak. Kampsbaai het 4-2 gewen. Ons stap met ‘n glimlag weg wetend dat ons span alles ingesit het. Ons het Woensdag, 2 Aug., Herzlia in die biblioteek ontvang om teen ons span skaak te speel. Hierdie was ‘n moeilike wedstryd en ons is trots om te kan sê dat ons 3-3 gelykop gespeel het. Baie geluk,...

Lees Verder

WA Joubert Talentkompetisie

Indien JvR-leerders belangstel, kan ouers hul self inskryf: Die Paarl Talentkompetisie is ‘n inisiatief van Laerskool WA Joubert en skep aan talentvolle kunstenaars die platform om hulle talente met die res van die Paarl te deel. Die komitee bestaan uit stigterslede Marinda Hunter van Laerskool WA Joubert asook Johan Roos van Bokradio en oud-leerder van Laerskool WA Joubert. Die sub-komiteelede is Marli Marais (admin), Lizaan Durr (finansies) en Jana Broodryk (bemarking). Die kompetisie verloop as volg: Vanaf 25 – 28 September word vier uitdunrondtes gehou by Laerskool WA Joubert. Bekenstelling van finaliste asook video opnames van deelnemers (21 Oktober). Gala-aand – 11 November Die algehele prysgeld in totaal is R16 000 waarvan daar ‘n Junior- (R2 000), Senior- (R4 000) en Ope-wenner (R4 000) aangewys gaan word. Uit hierdie drie finaliste word dan ‘n algehele wenner (R6 000) aangewys. Junior-wenner R2 000 Senior-wenner R4 000 Ope-wenner R4 000 Algehele wenner R6 000 Volg die skakel vir die inskrywingsvorm. Ons sien daarna uit om u inskrywing te ontvang. By voorbaat dankie WA Joubert...

Lees Verder

Hokkie-uitslae: 27 Julie 2023

Ons hokkiespanne het Donderdag hul eerste ligawedstryd vir die kwartaal gespeel. Ons het teen Reddam House Durbanville gespeel. Seuns 9A: 4-0 10A: 4-1 11A: 8-1 13A: 6-0 Dogters 9A: 0-0 9B: 0-0 10A: 5-0 11A: 9-0 13A: 1-0 Ons is trots op ons goeie begin vir die...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 28 Julie 2023

Die einde van week 2 het so skielik sy verskyning gemaak en laat ‘n mens weereens besef hoe vinnig tyd verby snel. Dit voel skaars of die skool na die lekker wintervakansie heropen het, en hier staan ons aan die einde van week 2. Die anderkant van die munt is dat tyd nog vinniger verby gaan wanneer jy pret het, en dit is presies wat by ons wonderlike skool gebeur. Ons jannies leer, speel sport en beoefen kultuur terwyl hulle pret het om net hulself te wees. Baie dankie aan al die personeel wat help dat ons die spesiale etos en kultuur by ons skool omhels sodat ons in die proses seker maak dat ons Jannies hul skoollewe terdeë geniet. Verlede naweek het ons o.10 – o.13-hokkiespanne (seuns en dogters) suksesvol aan die LS Stellenbosch se hokkietoernooi deelgeneem. Die week begin die netbal-, hokkie- en rugby ligawedstryde. Die sportkalendar vir die kwartaal is vol gepak met sportwedstryde, toernooie asook die jaarlikse interskole wat weg teen LS Dirkie Uys te Moorreesburg vanaf 18 – 19 Augustus plaasvind. Ek versoek dus die ouers/voogde om gereeld ons kalender te raadpleeg om sodoende nie op die opwindende sport- en kultuuraktiwiteite uit te mis nie. Gisteroggend met die aanvang van die skooldag het ek die voorreg gehad om na die senior koor te luister terwyl hulle oefen vir hul optrede saam met Jak de...

Lees Verder

Netbaluitslae: 26 Julie 2023

Baie geluk aan die Netbaldogters se uitstekende uitslae van hul wedstryde teen Rallim Prep en Zonnebloem Woensdag, 26 Julie! o.9A: JvR vs Rallim prep gelykop 4-4 0.9B: JvR vs Rallim prep wen 9-0 o.10: JvR vs Rallim prep wen 20-4 o.11A: JvR vs Rallim prep wen 31-2 0.11B: JvR vs Rallim prep wen 6-3 o.12A: JvR vs Rallim prep wen 26-5 0.12B: JvR vs Zonnebloem A wen 17-1 o.13A: JvR vs Rallim prep wen 50-3 0.13C: JvR vs Zonnebloem A wen 6-1 0.13B: JvR vs Rallim prep wen...

Lees Verder

Karu Rademeyer presteer by Redenaars

Karu het vir die redenaarsafdeling by Radikaal 4de in die Wes-Kaap geëindig. Hulle het die Saterdag in Worcester slegs die afdelingwenner aangekondig, maar in die vakansie die finale lys met uitslae ook aangestuur. Sy het in twee ander leesafdelings gewen waarvoor sy in Oktober nasionaal toe gaan. Baie geluk,...

Lees Verder

Kooroptrede saam met Jak de Priester by Groote Kerk: 1 Aug 2023

Op kort kennisgewing gaan ons kore volgende Dinsdagaand, 1 Augustus, saam met Jak de Priester by die Groote Kerk sing. Dit word deur Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied. St Cyprians koor sal ook sing. Die kore van Hoërskool en Laerskool Jan van Riebeeck gaan die gehoor met ‘n verskeidenheid werke betower. Die vertoning sluit ‘n optrede deur die Jak de Prister in en die aand word op ‘n hoogtepunte afgesluit met ‘n massa-kooroptrede saam met Jak. Kaartjies – indien nie vooraf uitverkoop nie – sal ook by die deure beskikbaar wees! Kaartjies is R80 en kan op Quicket of by die deure gekoop word. Koorlede dra almal sweetpakke en tekkies. Die Seniorkoor sal op die galery sit. Die Juniorkoor sit by hul ouers. Koorlede moet om 17:00 aanmeld vir ‘n klanktoets. Die program begin om 18:30 en sal om ongeveer 20:00 eindig. Koorlede oefen asb. alleen by die huis: “Hiep hiep hoera, Suid Afrika” van Jak de Priester. Ouers moet ASB. nie kinders later as 20:15 kom haal nie. Hoop om julle almal daar te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 21 Julie 2023

Dit is dan my groot eer en voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel hartlik terug by die skool na ‘n heerlike wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die 3 weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai en is slaggereed vir nog ‘n opwindende kwartaal propvol aktiwiteite wat voorlê. Daar is heelwat sport, kultuur (Koor & Eisteddfod) en akademiese aktiwiteite om na uit te sien, veral die interskole wat weg tydens die naweek van 18 en 19 Augustus te Moorreesburg plaasvind asook die akademiese week vanaf 25 Augustus tot 02 September. Meer inligting sal binnekort volg. Die Suid-Kaap Sporttoer vanaf 19 – 23 Junie 2023 was ‘n reuse sukses en die leerders wat die toer meegemaak het, kan nie ophou praat oor die wonderlike ervaring om teen skole buite ons area te speel asook die ongelooflike besienswaardighede wat hulle besoek het nie. Ons het nie toegelaat dat die leerders hulle selfone saam op toer neem nie. Hulle het saans na die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ‘n baie lang tyd gaan onthou en waardeer. Weereens baie dankie aan die onderwysers (Leon, Ischké, Shahneé, Sharon, Erick, Suné Swanepoel en Rashard) wat die leerders op toer vergesel het en so mooi na hulle omgesien het. Mnr....

Lees Verder

Koor: Reëlings 2023

Na vele oorweging is daar besluit dat die kore hierdie jaar in hul sweetpakke en tekkies sal optree. Indien jou kind iets nie het nie, leen asb. by maats vir die geleenthede. Ons is op kort kennisgewing genooi om deel te wees van ‘n koorkonsert by die Groote Kerk saam met Jak de Priester. Die voorlopige datums is 1 of 2 Augustus, dit sal nog bevestig word. Wees net solank bewus hiervan. Ons besluit volgende week of ons hieraan gaan deelneem. Die Weskus Koorfees is hierdie jaar by Laerskool Table View. Die datum vir ons skool is nog nie vasgemaak nie, maar dit sal tussen 16 en 19 Oktober wees. Daar is 2 Kerssangdienste waar ons kore gaan optree: Tamboerskloof NG Kerk – datum sal nog bekend gemaak word (moontlik Sondag, 26 November) Drieankerbaai NG Kerk – 3 Desember om 19:00 By die Kerssangdienste dra die koorlede almal WIT klere – dit lyk so...

Lees Verder

Ouerbesoeke: 31 Julie en 1 Augustus

Op 31 Julie en 1 Augustus vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak: Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy. Kies die graad waarin jou kind is. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. Op die kalender, gaan na Julie of Augustus en kliek op een van die twee datums hier bo genoem. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op Skooler of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste. Die skool verdaag op 31 Julie en 1 Augustus vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7) Die bus sal om 13:10 vertrek. Geen sport sal plaasvind...

Lees Verder

Akademiese Week: 25 Aug – 2 Sept 2023

Dis ‘n KUNS om ‘n jannie te wees … Gedurende 25 Aug. – 2 Sept. 2023 vier ons die KUNS van jannie-wees. Dit verg omtrent ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie in murg-en-been te wees. Tydens hierdie week staan die ‘akademiese rooster’ soos ons dit ken, stil. Ons wyk van die verpligte KABV-kurrikulum af en gebruik ‘n lekker wye tema (Die KUNS van jannie-wees) om op verskeie areas met ons kern besigheid waarmee ons skool spog en uiters trots is nl. AKADEMIE te integreer. Ons bied die geleentheid aan ons personeel en ouers om betrokke by hierdie week te wees. Hierdie holistiese week sal baie pret en leersame geleenthede verseker. Om blootstelling en leergeleenthede aan leerders te bied sonder dat hulle besef dat hulle met akademie en leer besig is, is die KUNS. Ons het ‘n soortgelyke week vier jaar gelede aangebied waartydens die klem op Sport in Akademie geplaas is. As gevolg van die sukses van aktiwiteite van daardie week het ons skool besluit om die daaropvolgende jaar hokkie as ‘n formele sport by ons skool aan te bied. Die idee met vanjaar se Akademiese week is nie noodwendig om iets nuut na afloop van die week by die skool te implementeer nie, maar eerder om Akademie met verskillende leerareas rondom die woord KUNS te integreer. Om daardeur ons skoolgemeenskap te verryk en verder te bou aan die...

Lees Verder

Privaat dramalesse Kwartaal 3 2023

Ons skop die kwartaal se privaat-dramalesse vanaf Maandag, 24 Julie, af. Tye is as volg: Gr. 1-3 Maandag: 14:30 – 15:30 Woensdag: 14:10 – 15:10 Vrydag: 13:00 – 14:00 Gr. 4-7 Maandag: 15:30 – 16:30 Woensag: 15:10 – 16:20 Vrydag: 14:00 – 15:00 Ons sien baie uit na ‘n heerlike kwartaal...

Lees Verder

Eisteddfod: Spraak-uitslae 2023

Baie geluk aan die volgende leerders wat medaljes ontvang het by die Spraak Eisteddfod. Die Prestige-aand vind op 13 Oktober te Hoërskool Jan van Riebeeck plaas. Volg gerus hierdie skakel vir meer inligting indien julle belangstel om dit by te woon. Jean-Jacques Rossouw – Voordrag Graad 1 – Silwer Medalje Kitty Partner – Voordrag Graad 2 – Silwer Medalje Antjie Samuel – Voordrag Graad 3 – Silwer Medalje Cato Terblanche – Voordrag Graad 4 – Silwer Medalje Karu Rademeyer – Voordrag Graad 6 – Silwer Medalje Sophia Derksen – Lees Graad 5-6 – Silwer Medalje Antjie Samuel – Voordrag Junior Graad R-4 – Goue...

Lees Verder