Op kort kennisgewing gaan ons kore volgende Dinsdagaand, 1 Augustus, saam met Jak de Priester by die Groote Kerk sing. Dit word deur Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied. St Cyprians koor sal ook sing. Die kore van Hoërskool en Laerskool Jan van Riebeeck gaan die gehoor met ‘n verskeidenheid werke betower. Die vertoning sluit ‘n optrede deur die Jak de Prister in en die aand word op ‘n hoogtepunte afgesluit met ‘n massa-kooroptrede saam met Jak.

Kaartjies – indien nie vooraf uitverkoop nie – sal ook by die deure beskikbaar wees!

  • Kaartjies is R80 en kan op Quicket of by die deure gekoop word.
  • Koorlede dra almal sweetpakke en tekkies.
  • Die Seniorkoor sal op die galery sit.
  • Die Juniorkoor sit by hul ouers.
  • Koorlede moet om 17:00 aanmeld vir ‘n klanktoets.
  • Die program begin om 18:30 en sal om ongeveer 20:00 eindig.
  • Koorlede oefen asb. alleen by die huis: “Hiep hiep hoera, Suid Afrika” van Jak de Priester.
  • Ouers moet ASB. nie kinders later as 20:15 kom haal nie.

Hoop om julle almal daar te sien!