Skrywer: Suzaan Burger

Bok-Vrydag

Ter ondersteuning van die Springbokke by die Rugby Wêreldbeker, mag leerders elke Vrydag tot en met die einde van die kwartaal groen met geel sivvies aantrek.

Lees Verder

Somersportprogram 2023

Ons eindig die Wintersportprogram hierdie naweek teen Laerskool Welgemoed. Dit was ‘n bedrywige seisoen en ons sportspanne het hulle puik van hul taak gekwyt. Neem asb. kennis dat daar geen buitemuurse oefening volgende week, 4 – 8 September, gaan wees nie. Daar is egter verskeie spanne wat nog wedstryde speel en die afrigters sal persoonlik met elke kind en ouer kontak maak rakende oefentye en wedstryde. Ons begin Maandag, 11 September, met ons Somerprogram. Kliek op die foto of volg die skakel vir die volledige...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 1 September 2023

Vandag vier ons Loslitdag. Loslitdag is vir die eerste keer in 1995 gevier. Hierdie toonaangewende en bewusmakingsinisiatief is ten bate van mense met gestremdhede. Ons moedig dus vandag ons leerders, ouers en personeel aan om iets unieks (so bont en kleurvol moontlik) aan te trek en in die proses ook ‘n klein donasie (plakker @ R20) te maak wat ons dan vir ‘n organisasie wat vir persone met gestermdhede help, skenk. Hiermee kan ons dan as skoolgemeenskap ons klein gebaar van dankbaarheid en omgee betoon. Ons tema vanjaar is “share a smile”. ‘n Glimlag kos nie ‘n sent nie; ek daag ons skoolgemeenskap uit om dit daagliks vir ander mense te gee en so skep ons ‘n beter wêreld. Op Vrydag, 25 Augustus, het die jaarlikse en gewilde Ouma- en Oupadag plaasgevind. Oumas en Oupas het van heinde en verre gekom om die spesiale dag saam met hul kleinkind(ers) by ons pragtige skool te geniet. Die hoogtepunt van die dag was beslis die insiggewende toespraak deur ons gasspreker, naamlik Elsabé Daneel. Elsabé is nie net ‘n formidabele vrou en aktrise nie, maar ook ‘n ouma by ons. Die dag is verder opgekikker met smaaklike lekkernye om aan te smul terwyl ons deur die gr. 7-leerders met drinkgoed bedien is. Groot dankie aan Marinda en haar span wat die dag onvergeetlik gemaak het. Dit was ‘n groot eer en voorreg...

Lees Verder

Netbaluitslae: 26 Aug 2023

Saterdag, 26 Augustus, was dit ons jaarlike deelname aan Laerskool Brackenfell se sportdag. Dit was ‘n koue, reënerige oggend, maar die dag het mooi oopgetrek en die dogters het hul harte uitgespeel. Baie dankie aan al die afrigters wat betrokke was en aan die spanne met hul mooi uitslae. Ons is baie trots. o.10A vs Curro Durbanville wen 9-3 vs De Kuilen wen 12-3 vs Sun Valley wen 16-4 o.11A vs Curro Durbanvillle wen 14-5 vs Rhenish wen 9-2 vs Eversdale wen 10-8 o.12A vs Bastion verloor 4-23 vs Sun Valley wen 7-5 vs Eversdale verloor 7-15 o.13A vs De Kuilen wen 22-7 vs Sun Valley wen 22-9 vs Eversdale verloor...

Lees Verder

Akademiese Week 2023: Terugvoer

Jannie-wees verg voorwaar ‘n spesiale KUNS. ‘n Kuns wat oor jare bemeester word tot die dag dat jy graad 7 verlaat. Vir sommige is hierdie reis vanaf gr. 00 by Huppelland en vir ander is dit slegs ‘n kort tydperk. Hoe ookal om by Laerskool Jan van Riebeeck betrokke te wees, maak dat jy na leer, die wêreld en sy mense anders kyk. Die lens waardeur ons kyk, help om ons leerders se horisonne net so ‘n klein bietjie meer te verbreed en daarom die idee van die akademiese week met sy anderste benadering en integrasie tot leer. Ons kinders leer en dink lankal nie meer op en aan dieselfde dinge as ons op hul bepaalde ouderdomme nie. Hier bied ons iets wat nie noodwendig gebottel kan word nie, maar ons weet dat ons met ‘n unieke KUNSversameling besig is waarvan die materiale, aanwendig, proses, begin en eindresultaat verskillend is. Die LS JvR kunsgalery is kleurryk en poog daarin om aan al ons kunswerke spesiale aandag te skenk. Ons waardeer elkeen wat ons galery so gereeld kom besoek. ‘n Groot en baie spesiale dankie aan elkeen wat betrokke was by hierdie week se verskillende uistallings. Met groot sukses het ons aan die einde van ons KUNSweek gekom. Dankie aan elkeen wat so hard werk om hul ‘kunswerk’ tuis aan te moedig en te inspireer om ‘n groter bydrae aan...

Lees Verder

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod 2023: Klavier-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders se puik uitslae! Lukas Venter: Hoogste Lof Ella Grey: Lof++ Ruben de Ridder: Lof+, Hoogste Lof Sabine Barnard: Lof++, Lof+, Lof+, Lof Leah de Kock: Lof+, Lof++, Lof++, Hoogste Lof Stella Zulch: Hoogste, Lof, Hoogste Lof Neil Ferreira: Lof, Lof, Lof+ Karu Rademeyer: Lof, Hoogste Lof Antjie Samuel: Hoogste Lof, Hoogste Lof, Diploma Daniella Boshoff: Lof+ Mari Steyn: Lof Susie Samuel: Lof+, Lof++,...

Lees Verder

Jannies Talent 2023: Uitslae

Baie geluk aan AL die deelnemers! Julle was uitstekend! Top 10 wenners Andre Marais – kitaar Armand Coetzer – beatbox Jean- Jacques Rossouw – “ensemble” Christina du Toit – dans Danielle Boshoff – sang Nicolaas Marais – kitaar Keisha en Colleen – sang Pieter en John – kitaar en tromme Karu Rademeyer – sang Petronella Gouws – dans Baie geluk aan die Top 3: Andre Marais Armand Coetzer Jean-Jacques...

Lees Verder

Gerhard en Chrystal Conradie op KykNet en Via

Beide Gerhard en Chrystal Conradie doen jare lank al TV-advertensies, stem-werk en films. Op 24 Augustus is Gerhard na KykNet se Silwerskerm Filmfees by die Bay Hotel genooi vir ‘n Kortfilm, “Eensaam”, waarin hy teenoor Erica Wessels en Morne Visser speel. Gerhard en Chrystal het ook onlangs op die Via-kanaal in die kortfilm “Padlangs” saam met Viljé Maritz gespeel. Ons is almal baie trots op die akteur en...

Lees Verder

Toestemming om foto’s te plaas vir Skole Spogblad in Die Burger

Die Burger het twee keer per jaar ‘n Skole Spogblad en ons wil graag iets van Jan van Riebeeck plaas. Ons gaan foto’s van leerders gebruik om met ‘n paar aktiwiteite en prestasies by JvR te spog. Indien jy nie graag wil hê ‘n foto van jou kind moet in die koerant verskyn nie, stuur asb. ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za of ‘n Skooler-boodskap op die Algemeen kontakgroep voor Woensdag, 6 September. Die bylaag sal in Die Burger van 11 September...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 25 Augustus 2023

Ek probeer normaalweg nie om al die fokus in my weeklikse nuusbriewe rakende skoolsport te hou nie, maar ek glo dat ek my plig sal versuim indien ek nie die afgelope Interskole teen Laerskool Dirkie Uys te Moorreesburg uitsonder nie. Al die opwinding, positiewe energie en afwagting, en glo vir my daar was baie, het begin op Maandag, 14 Augustus, met die afskop van die Geesweek. Die spreekwoordelike kersie op die koek was die ‘Groot Brag’ wat Vrydagoggend vanaf 09:00 – 10:00 in die saal plaasgevind het. Vanjaar het die geeskomitee ‘GROOT’ gegaan en almal se verwagtinge oortref met die omvang van die ‘Groot Brag’. Dis begin met ‘n spesiale video waarin al die personeel hul onderskeidelike dansies uitvoer as deel van die geesvang asook om ons leerders sterkte vir die Interskole toe te wens. Dit is weereens ‘n bewys van die goeie gees wat onder die personeel heers asook hul omgee karakter wat baie kosbaar is. Die Hoërskool Jan van Riebeeck was ook deel van die funksie en onder leiding van hul Interskole-rasieleiers het ons sommer heerlik in die saal saamgesing en behoorlik geesgevang. Baie dankie aan mnr. Rademeyer wat ook die verrigtinge bygewoon het. Na afloop van die voorstelling van ons eerste spanne is daar ‘n baie spesiale video aan ons leerders vertoon waarin verskeie Protea-netbal- en -hokkiespelers asook Springbokke ons spanne sterkte vir die naweek toegewens...

Lees Verder

Frank van der Walt presteer in Rugby

 Ons het Woensdag die nuus gekry dat Frank van der Walt opgeneem is in die WP o.12-oefengroep. Hierdie groep bestaan uit die twee spanne wat die WP o.12 A en B spanne gaan verteenwoordig in Riversdal by die kustoernooi tydens die eerskomende skoolvakansie. Frank raak dan ook die skool se eerste WP-verteenwoordiger in rugby sedert 2013. Baie geluk Frank! Jou harde werk is beloon. Baie geluk ook aan die trotse ouers, naamlik Franci en Nel, ons is saam met julle trots op sy...

Lees Verder

Skooltye 28 Aug. – 4 Sept. 2023

Leerders gaan tydens Akademiese Week sport in skooltyd beoefen. Daar sal dus geen sport na skool wees nie. Maandag, 4 Sept, verdaag die skool vroeër a.g.v. ‘n personeelopleiding. Maandag, 28 Aug.: Netbal / Rugby 12:00 – 13:00 o.7 – o.9 Dinsdag, 29 Aug.: Hokkie 11:30 – 12:30 (o.7 – o.9) 13:00 – 14:00 (o.10 – o.13) Woensdag, 30 Aug.: Netbal / Rugby 11:30 – 12:30 (o.7 – o.9) 13:00 – 14:00 (o.10 – o.13) Maandag, 4 Sept.: Skool verdaag vroeër 12:45 (graad 1 – 3) 13:00 (graad 4 –...

Lees Verder

Toets van Vrydag, 1 Sept., uitgestel

Die Geskiedenistoets wat geskeduleer is vir gr. 4 – 6 vir Vrydag, 1 September, sal met een week uitgestel word a.g.v. die akademiese week. Hierdie toets sal nou op Vrydag, 8 September, geskryf word. Die gr. 7’s se Geskiedenistoets word ook uitgestel, maar daar sal aan hulle gekommunikeer word wanneer hulle dit sal skryf aangesien hulle ‘n Tegnologietoets op Vrydag, 8 September,...

Lees Verder

Interskole 2023: Uitslae

Netbal: Saterdag, 19 Aug., was dit weer tyd vir ons jaarlikse interskole teen Laerskool Dirkie Uys. Die kompetisie was nie maklik nie, veral nie met passievolle ouers langs die baan nie, maar ons dogters het nie dat dit hulle onderkry nie. Alle spanne het baie goed gevaar. Volgende jaar is ons weer reg vir hulle! o.7A verloor 1-6 0.7B verloor 0-2 0.7C wen 2-1 o.8A wen 7-4 0.8B wen 2-1 0.8C verloor 1-2 o.9A verloor 7-4 0.9B verloor 7-2 o.10A verloor 6-10 0.10B wen 7-2 o.11A wen 17-10 0.11B verloor 3-9  o.11C verloor 1-5 o.12A verloor 14-15 0.12B wen 21-5 o.13A wen 28-15 0.13B wen 11-5 0.13C wen 5-4 Hokkie: Ons hokkiespanne het Vrydag teen Dirkie Uys te staan gekom vir ons jaarlikse Interskole en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Baie dankie aan al ons ouers en ondersteuners wat langs die veld was om ons aan te moedig. Hier volg ons uitslae: Hokkie Seuns: o.7 verloor 0-8 o.8 verloor 1 – 16 o.9A verloor 2-5 o.9B verloor 0-1 o.10A 2-2 o.10B wen 6-0 o.11 wen 2-1 o.13 wen 4-0 Hokkie Dogters: o.7 verloor 2-3 o.8 verloor 0-6 o.9 verloor 2-3 o.10 4-4 o.11 wen 3-2 o.13 wen 6-0 Rugby: Saterdag, 19 Augustus, het ons rugbyspanne gewys dat rugby nie net in die platteland gespeel word nie. Die o.7 – o.9-spanne kon ongelukkig nie hulle wedstryde wen nie,...

Lees Verder