Die Burger het twee keer per jaar ‘n Skole Spogblad en ons wil graag iets van Jan van Riebeeck plaas. Ons gaan foto’s van leerders gebruik om met ‘n paar aktiwiteite en prestasies by JvR te spog. Indien jy nie graag wil hê ‘n foto van jou kind moet in die koerant verskyn nie, stuur asb. ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za of ‘n Skooler-boodskap op die Algemeen kontakgroep voor Woensdag, 6 September.

Die bylaag sal in Die Burger van 11 September verskyn.