Jannie-wees verg voorwaar ‘n spesiale KUNS. ‘n Kuns wat oor jare bemeester word tot die dag dat jy graad 7 verlaat. Vir sommige is hierdie reis vanaf gr. 00 by Huppelland en vir ander is dit slegs ‘n kort tydperk. Hoe ookal om by Laerskool Jan van Riebeeck betrokke te wees, maak dat jy na leer, die wêreld en sy mense anders kyk. Die lens waardeur ons kyk, help om ons leerders se horisonne net so ‘n klein bietjie meer te verbreed en daarom die idee van die akademiese week met sy anderste benadering en integrasie tot leer. Ons kinders leer en dink lankal nie meer op en aan dieselfde dinge as ons op hul bepaalde ouderdomme nie.

Hier bied ons iets wat nie noodwendig gebottel kan word nie, maar ons weet dat ons met ‘n unieke KUNSversameling besig is waarvan die materiale, aanwendig, proses, begin en eindresultaat verskillend is. Die LS JvR kunsgalery is kleurryk en poog daarin om aan al ons kunswerke spesiale aandag te skenk.

Ons waardeer elkeen wat ons galery so gereeld kom besoek. ‘n Groot en baie spesiale dankie aan elkeen wat betrokke was by hierdie week se verskillende uistallings. Met groot sukses het ons aan die einde van ons KUNSweek gekom. Dankie aan elkeen wat so hard werk om hul ‘kunswerk’ tuis aan te moedig en te inspireer om ‘n groter bydrae aan KUNS te lewer, want leer is lekker!

Besoek gerus die JvR-kiek vir nog baie lekker foto’s oor ons ‘kunsuitstalling’.

Ek is super dankbaar teenoor elke personeellid wat ekstra moeite en geduld aan die dag moes lê – ‘n trefferspan vir seker!

Mag Jannie-wees nog vir lank ‘n spesiale KUNS verg.

Met groot liefde vir ons skool – Marinda Brink