Skrywer: Suzaan Burger

WhatsApp in gebruik

Neem kennis dat ons van vandag af op WhatsApp of e-pos met ouers sal kommunikeer. Aangesien leerders gister uitgevind het in wie se klas hulle volgende jaar is, kan julle ook nou by die klasgroepe aansluit. Maak asb. seker dat jy voor die skool in Januarie open by die Community aansluit. Ten minste een persoon per gesin moet deel van die Community wees. Stuur gerus ‘n WhatsApp aan Suzaan se skoolnommer vir die uitnodiging-skakel na die Community:...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 1 Desember 2023

Hierdie afgelope week was weereens propvol opwindende aktiwiteite wat onder andere prysuitdelings, atletiek, “sing-songs”, “water slides”, klas- en graadpartytjies, ens. ingesluit het. Hierdie week het die jaarlikse prysuitdelings onderskeidelik vir graad 4 tot 7 plaasgevind. Graag fokus ek eers op die graad 4 en 5-prysuitdelings aangesien die saktyd vir die weeklikse nuusbrief te vroeg in die week is, om ook die prysuitdelings vir graad 6 en 7 in te sluit. Ek sal wel in volgende week se nuusbrief daaroor terugvoering gee. Die graad 4 en 5-prysuitdelings het op ‘n manier informeel, maar tog uiters stylvol plaasgevind. Prysuitdelings is op beste van tye ‘n sensitiewe en kontroversiële onderwerp van bespreking en ek wil julle die waarborg gee dat ons as skoolbestuur baie begrip daarvoor het. Ek glo dat ons skool die erkenningsproses so verfyn het dat ons dit regkry om erkenning aan presteerders te gee sonder om die ander leerders te na te kom.  Ons neem dit egter nog ‘n stappie verder en gee vir elke leerder ‘n persoonlike en unieke erkenning in die saal. Ons fokus beslis nie net op ons presteerders nie en wil graag ons leerders te alle tye beskerm, maar ons besef ook dat dit ons plig as ‘n laerskool is om ons leerders te bemagtig vir die hoërskool asook die grootmenswêreld wat voorlê. Daar was baie hoogtepunte tydens die prysuitdelings, maar opvallend was die leerders se toejuiging tydens die...

Lees Verder

WhatsApp Communities

Indien jy sukkel om by die skool se WhatsApp Community aan te sluit d.m.v. die skakel wat in Skooler gestuur is, stuur asb. ‘n WhatsApp aan Suzaan se skool WhatsApp-nommer sodat sy die skakel na die Community direk vir jou kan aanstuur: 0674354050 Sodra jy by die Community aangesluit het, sal dit in jou WhatsApp chats lê. Jy kan ook die Community in WhatsApp oopmaak deur op die Communities-ikon bo-aan (Android) of onderaan jou skerm (iPhone) te kliek. Die ikon is egter nie in WhatsApp Business beskikbaar nie. Android:    iPhone: Indien jy graag ‘n boodskap per WhatsApp aan ‘n onderwyser wil stuur, gaan asb. na die groep waarby daardie onderwyser betrokke is en kyk in die groep se besonderhede vir sy/haar nommer. Die onderwysers is die Admins in die relevante groepe. Baie onderwysers het ‘n skool selfoonnommer en verkies om daarop boodskappe vanaf ouers te ontvang eerder as hul privaat WhatApp. Respekteer dit asb. deur eerder die nommer van die onderwyser wat in die Community is, te gebruik. Vir verdere riglyne, volg gerus die...

Lees Verder

Kalenders 2024

Die skool skakel Januarie 2024 oor na ons nuwe aanlyn kalenders. Volg asseblief die instruksies hier onder om te verseker dat jy altyd op hoogte is van die nuutste en korrekte datums van al ons skoolaktiwiteite. HOE OM OP DIE NUWE KALENDERS IN TE TEKEN Volg die skakel na die bladsy op ons webtuiste. Kopieer die skakel van die toepaslike kalender. Volg die stappe in die instruksies op die webblad om die skool se kalender met jou tipe kalender te sinchroniseer. Google Calendar gebruikers Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder: Maak die Google kalender oop. Soek die kalender wat jy wil verwyder in die menu links onder. Beweeg die muis na die kalendernaam. Kliek die kruisie wat verskyn. Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder: Jy kan slegs die kalenders op jou selfoon wegsteek, nie verwyder nie. Om dit te verwyder, volg die stappe hier bo op jou rekenaar. Maak die Google kalender oop. Kliek op die strepies (menu) Haal die regmerkies langs die kalenders wat jy wil wegsteek, af. iCalendar gebruikers (Apple) Hoe om vorige kalenders van jou rekenaar te verwyder: Maak die iCalendar oop. Kliek op die kalender-ikon links-bo. Regskliek op die kalender wat jy wil verwyder en kies “delete”. Hoe om vorige kalenders van jou foon te verwyder: Jy kan slegs die kalenders op jou selfoon wegsteek, nie verwyder nie. Om...

Lees Verder

Nuwe aanstelling in musiekdepartement: Rolene van Zyl

Soos almal weet, tree Helecia Groenewald na 42 jaar aan die einde van dié jaar, af. Ons wil Helecia salueer en uit die diepte van ons harte bedank vir die uitstekende diens wat sy gedurende haar tyd by die skool gelewer het. Sy het geweldig baie leerders positief aangeraak en het ‘n liefde vir musiek by ons leerders gekweek. Ons waardeer opreg haar toegewydheid, lojaliteit, omgee en alles wat sy vir Laerskool Jan van Riebeeck gedoen het! Rolene van Zyl neem in Januarie die leisels by Helecia oor. Rolene het haar BMus (Musiek), BMus Honeurs (Musiek) en MMus (Kamermusiek) by die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Sy het baie ervaring in die onderrig van klasmusiek en het al by verskeie skole musiek onderrig, onder andere Bishops, St. Cyprians, Herzlia en Hoërskool Jan van Riebeeck. Rolene is opgewonde om die musiekdepartement, asook ons skool se kultuuraanbieding en -spyskaart, verder te ontwikkel en uit te bou. Sy is opgewonde om nuwe instrumente tot ons musiekaanbieding te voeg, asook om opwindende musiek- en kultuurprojekte aan te pak. In 2024 kan leerders deur die musiekdepartement inskryf om klavier, kitaar, saksefoon en viool te speel. Volg gerus hierdie skakel vir die...

Lees Verder

Jan Kas oop twee dae voordat skool in 2024 open

Jan Kas sal in 2024 op die 15de Januarie oopmaak, twee dae voordat die skool vir leerders open. Die tye vir die 15de en 16de Januarie is as volg: 15 Jan 2024: 08:00 – 12:00 16 Jan 2024: 07:00 – 12:00 *Daar is heelwat ouers wat wag vir graad 4-7 rugsakke, rompies en hemde. Dit sal volgende jaar wanneer die winkel oopmaak, beskikbaar wees. Vanaf Woensdag, 17 Januarie 2024, sal die winkel weer volgens die normale ure beskikbaar wees: Maandae: 07:00 – 08:30 Dinsdae: 13:00 – 14:30 Woensdae: 07:00 – 08:30 Donderdae: 13:00 –...

Lees Verder

Program volgende week: 11 & 12 Desember 2023

Maandag, 11 Des: Sivviedag 07:45 – gr. 7-saalbyeenkoms vir Gr. 2-7-leerders (gr. 7-ouers welkom) 13:00 (gr. 1-3) & 13:15 (gr. 4-7) – skool verdaag Dinsdag, 12 Des: Sivviedag 07:45 – skool begin Leerders ontvang vorderingsverslae (rapporte) 10:30 – skool sluit vir alle leerders Nasorg soos...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 1 Desember 2023

Met dagbreek vanoggend besef ek met ‘n skok dat dit vandag die eerste dag van Desembermaand is en dit beteken dat Kersfees om die draai is! Waar het die kosbare tyd so vinnig heen gevlieg? In terme van die skool is die antwoord voor die hand liggend: dit was ‘n besondere jaar, ‘n besige jaar propvol opwindende akademiese-, kulturele- en sportaktiwiteite, en wanneer daar ook pret betrokke is, dan vlieg tyd behoorlik verby! Gister het die finale eksamens vir die gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n sug van verligting gegee, want huishoudings kan weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek graag vir julle die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Ek was so bevoorreg om self die afgelope week aktief by die modereringsproses betrokke te wees. Baie dankie aan ons onderwysers wat so deeglik die antwoordstelle merk om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is wat ons benodig vir die prysuitdelings vir gr. 4 en 5 wat op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember, plaasvind. Ek het begrip...

Lees Verder

Jan Kas: Geruite rompies

Ons versoek dat daar asseblief geen onnodige spanning oor die rompies moet wees nie. Die geruite rompies is in die vervaardigingsproses. Die skool gee ‘n maand grasie aan die begin van volgende kwartaal vir graad 4-7-dogters om hul skorts te dra terwyl ouers dan tyd het om die rompie aan te koop. Baie dankie vir die...

Lees Verder

Boekverkope: 4 & 5 Desember 2023

Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope! Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op 4 en 5 Desember) in die biblioteek plaasvind. Stuur asseblief ‘n geldjie saam indien leerders belangstel om ‘n boek te koop. Beide kontant en kaartbetalings, sowel as SnapScan word aanvaar. Die tye is as volg: Maandag, 4 Desember, 09:30-14:00 Dinsdag, 5 Desember, 07:00-14:00. Ons sien baie...

Lees Verder

Kennisgewing: Woonstelblokontwikkeling

Liewe Ouer/Voog Neem asseblief kennis van die onderstaande boodskap van die “Friends of Tamboerskloof Association” (FOTA) FOTA wil graag belanghebbendes in die area bewus maak van die voorgestelde ses verdieping woonstelblok-ontwikkeling “The Aloe” bo die “Swiss Tennisclub” op die hoek van Leeukop en Quarry Hill. Julle kan meer inligting oor die projek en die beswaarproses kry by https://tinyurl.com/fotadocs. Neem asseblief kennis dat alle besware teen 11 Desember aangeteken moet word. Baie dankie vir julle dringende...

Lees Verder

Kooroptrede Drieankerbaai NG Kerk: 3 Desember 2023

Onthou asb. van ons laaste kooroptrede hierdie Sondagaand, 3 Desember, om 19:00 by Drieankerbaai NG Kerk (Hoofweg, Drieankerbaai). Albei kore tree op. Wees so 18:45 daar. Koorlede dra weer WIT en sit by hul ouers. Verlede week was pragtig, kom ons maak weer so! Dit is my laaste kooroptrede by Laerskool Jan van Riebeeck na 41 jaar, nogal ‘n hartseer gedagte vir my! Dankie vir julle getroue ondersteuning al die jare. Helecia...

Lees Verder

Ou skooldrag

Baie dankie aan elkeen wat ou skooldrag skool toe gestuur het. Ons geleentheid neem volgende week ‘n klomp klere na die skool aan wie ons die skenking maak. Dit wat ons nie hierdie jaar kan vervoer nie, stoor ons tot volgende jaar wanneer daar weer ‘n geleentheid sal wees. Ons sal dus iewers in die nuwe jaar weer ‘n insamelingsgeleentheid bied indien jy dalk hierdie een misgeloop het. Hou asb. alle ou skooldrag iewers veilig by die huis totdat ons weer ‘n geleentheid...

Lees Verder

Delmar presteer in Swem

Delmar Benecke het die naweek van 25-26 November aan die Cape Town Aquatics (CTA) se WP-kampioenskap as lid van die Vineyard Swemklub deelgeneem. Delmar het baie goed gevaar en wen die volgende: 100m rugslag – goud seuns o.12 100m vryslag – silwer seuns o.12 Hy swem persoonlike beste tye vir albei sy items. Baie geluk, Delmar! Dis ‘n wonderlike...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 24 November 2023

Ons gr. 4 – 6-leerders het die afgelope week op Dinsdag, 21 November, ook met hul finale eksamens begin en dit eindig op Donderdag, 30 November. Die grondslagfase se finale assesserings vir die jaar is gedurende die afgelope twee weke afgehandel, gemodereer en punte is verwerk. Hiermee wil ek ons toegewyde grondslagfase opvoeders en hul klasassistente hartlik bedank vir hul leeue-aandeel in die suksesvolle afhandeling van die akademiese jaar. Die jaarlikse prysuitdelings vir die Grondslagfase het op Donderdag, 23 November, plaasgevind. Baie geluk aan al ons wonderlike grondslagfase leerders wat op die dag die nodige erkenning vir hul harde werk, toewyding en puik prestasies ontvang het. Julle is almal presteerders wat ons baie trots maak! Baie dankie aan al die ouers/voogde wat in groot getalle die onderskeie prysuitdelings bygewoon het en in die proses dit baie spesiaal vir hul kind/ers gemaak het. Prysuitdelings vir gr. 4 en 5 geskied op Dinsdag, 05 Desember, en vir gr. 6 en 7 op Donderdag, 07 Desember. Op Donderdagaand, 16 November, om 18:00 het die inligtingsaand vir gr. 7-ouers van 2024 in die saal plaasgevind. Graag wil ek juf. Charlene (gr. 7-Graadhoof) en haar span hartlik bedank vir die puik aanbieding waartydens die onderskeie vakonderwysers aan die ouers voorgestel is, die gr. 7-kurrikulum met nuwe vakke is verduidelik, besprekings rakende kampe, sokkies, roomysverkope, fondsinsamelingsprojekte, konsert, afskeid aan die einde van die jaar, ens....

Lees Verder

Graad 4 – 7 Prysuitdeling 2023

Prysuitdelings is ‘n kontroversiële onderwerp wat ons met die grootste respek by ons skool probeer hanteer. Ons neem dit baie ernstig op om vir elke leerder in die skool erkenning d.m.v. ‘n sertifikaat te gee. Ons poog om wel deurdagte besluite te neem deur leerders aan te moedig terwyl ons ook toekennings wil gee. Net soos by Sport en Kultuur wil ons ook graag spesiale erkenning aan ons leerders gee wat daagliks hul bes doen om ons skool se kernbesigheid, Akademie, ernstig op te neem en op hierdie gebied te presteer. Dis vir leerders belangrik dat ouers hulle ondersteun afgesien van jou eie ervaring van prysuitdelings, daarom nooi ons alle ouers uit om die onderskeie gr. 4 – 7-prysuitdelingsgeleenthede soos hier onder uiteengesit, by te woon. Tydens hierdie geleenthede word die Top 10 Akademiese prestasies per graad aangekondig saam met die eerste drie plekke in Tale en Wiskunde. Hiermee probeer ons motiveer en aanmoedig. Ons weet ook dat dit uiters belangrik is dat die leerders in klasverband aanwys wie hulle dink die maat was wat die jaar hul deel gedoen het, daarom dat daar drie baie spesiale, geliefde toekennings toegeken word nl. Klasburger van die jaar – klas stem Mees vasberade leerder – klas stem Onderwyserstoekenning – onderwyserskeuse Prysuitdelings: Graad 4 – Dinsdag, 5 Des., 9:00 Graad 5 – Dinsdag, 5 Des., 11:00 Graad 6 – Donderdag, 7 Des.,...

Lees Verder

Jannies neem deel aan Nippers

Hierdie jaar se Nippers-seisoen het in Oktober begin en daar is ‘n hele paar Jannies wat vir die eerste keer by Clifton Surf Lifesaving Club aangesluit het. Sondag was die seisoen se eerste geleentheid om vir kompetisies te kwalifiseer. Kwalifikasie sluit ‘n swembad swemtoets, asook ‘n mondelinge eksamen oor waterveiligheid en noodhulp in en daarna ‘n hardloop/swem/hardloop aktiwiteit (tye en afstand volgens vlak). Dit behels ‘n 300m swemtoets (onder 8 min) vir vlak 1 (onder 9 en 10), ‘n 400m swemtoets (onder 10 min) vir vlak 2 en ‘n 400m swemtoets (onder 9 min) vir vlak 3. Die volgende leerders het Sondag nuut gekwalifiseer op nuwe vlakke (Lea en Lukas vir die eerste keer): Vlak 1: Lukas Loubser Vlak 2: Lea Loubser Vlak 3: Dax Liversage, Delmar Benecke en Bailey Thomson. Daar is ander Jannies wat ook steeds deelneem/oefen wat nog nie vir kompetisies gekwalifiseer het nie. Ons is baie trots om die uithouvermoë en spangees te sien wat alreeds met hierdie maand se betrokkenheid by hulle gekweek het. Sondag is die seisoen se eerste kompetisie teen ander klubs. Nippers fokus ook op gemeenskapdiens (strandskoonmaak en lewensreddingvaardighede). Sterkte aan al die Jannies wat...

Lees Verder