Skrywer: Suzaan Burger

Nuwe opsies by ons Snoepie

Liewe Ouers, Soos sommige van u dalk reeds weet, verwag ek ons eerste kind en sal vir die res van die 2de kwartaal met kraamverlof wees. Ons verwelkom vir Kathy Cassells, wat by ons Pure Good Schools-span aansluit. Sy sal vir ‘n paar opwindende nuwe aanbiedinge sorg vir die ouers en leerders van Laerskool Jan van Riebeeck. Kathy is ‘n ma van twee en verstaan dat goeie voeding vir ons kinders tydens die skooldag van uiterste belang is. Onthou: Jy kan jou kinders se middagete en snacks elke Vrydag vir die volgende week aanlyn bestel. http://www.puregood.co.za/product-category/school-lunches/ Gaan ook gerus na die skool se webtuiste om meer oor die Pure Good-snoepie te lees: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/snoepie-blad/ Pre-kosblikkies Ons is opgewonde om moeitevrye kosblikke vir u kinders te bied. U kan u kosblik-opsies aanlyn kies. Die kosblikke sal voorberei word en gereed wees vir u kind by die Snoepie teen pouse. Daar sal ‘n aanvanklike aanbod vir 2 x kosblikke vir R10 per blik wees, wat met u kind se naam gemerk sal word. Dit sal vervang moet word indien dit verlore raak of nie daagliks aan die Snoepie terugbesorg word nie. Sê vir u kinders dat daar ‘n verpakte middagete gereed is vir hulle by die Snoepie met hul naam daarop en herinner hulle ook om hul leë kosblikke na die Snoepie terug te bring direk na pouse, sodat dit skoongemaak en...

Lees Verder

Junie Eksamen 2018

Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Dinsdag, 5 Junie 2018, om 13:00 vir gr. 1 – 3 en om 13:15 vir gr. 4 – 7 sluit. Die skoolbus sal om 13:15 vertrek. Indien ‘n leerder afwesig is op ‘n gegewe dag, moet ‘n doktersertifikaat getoon word. Leerders mag nie skryfbehoeftes bymekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou. Eksamenvraestelle word tussen 07:50 – 10:10 geskryf. Normale klasruilings sal daarna plaasvind, daarom moet die nodige boeke vir daardie vakke ingepak word. Eksamenrooster Junie...

Lees Verder

Nipper-nuus

Tydens die afgelope vakansie, het ‘n paar van ons Jannies aan Nippers se SA Champs in Port Elizabeth deelgeneem. Dit het gestrek oor 3 dae van 2-4 April by King’s Beach in Port Elizabeth. Die kompetisie was baie straf aangesien 26 klubs van regoor die land saam deelgeneem het. Hulle fiksheid is behoorlik beproef deur 3 volle dae se kompetisie. Ruben Brink, Andries Becker en Dawid Adler behaal elk ‘n 5de plek in die semi-finale van die Beach Sprints. Scarlet Van der Merwe behaal ‘n 4de plek in die Long run vir dogters O/10. Jana Brink kry ‘n brons medalje vir die Beach Flags vir dogters O/10. Alexander Benecke kry ‘n goue medalje in die Taplin relay vir seunsO/10. Baie geluk julle !!!…ons is baie trots op al ons Nippers...

Lees Verder

Nuusbrief van 28 Maart 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 Maart 2018 Saal: Leerlingraad Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30 Donderdag, 5 April 2018 Marianna (juffrou) verjaar Sondag, 8 April 2018 Jana (juffrou) verjaar Dinsdag, 10 April 2018 Skool begin vir 2de kwartaal Dinsdag, 10 April 2018 Rose (terrein) verjaar Dinsdag, 10 April 2018 Fondsinsameling vir dowes Woensdag, 11 April 2018 Akademiese komitee vergader Woensdag, 11 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6B Donderdag, 12 April 2018 Gr.4-7 Ouerbesoeke Vrydag, 13 April 2018 Gr.7: Studiemetodes Vrydag, 13 April 2018 Klasbraai Woensdag, 18 April 2018 Mardry (juffrou) verjaar Vrydag, 20 April 2018 Wêreld Boekedag Vrydag, 20 April 2018 Sivvies Vrydag, 20 April 2018 Redenaars (Laerskool de Kuilen) Vrydag, 20 April 2018 Sporttoernooi (Saffier) Vrydag, 20 April 2018 Gr.6: Studiemetodes Saterdag, 21 April 2018 Annet (arbeidsterapeut) verjaar Saterdag, 21 April 2018 Seniorkoor-oefening Dinsdag, 24 April 2018 Marlene (juffrou) verjaar Woensdag, 25 April 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 25 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6DJ Donderdag, 26 April 2018 Nicolene (musiek) verjaar Donderdag, 26 April 2018 Sivvies Vrydag, 27 April 2018 VAKANSIEDAG: Vryheidsdag >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Leerders, ouers en alle personeel moet die skoolvakansie en Paastyd geniet en uitgerus terugkom. Die skool heropen op die 10de April en winterdrag is vanaf 2 Mei verpligtend. ALGEMEEN...

Lees Verder

Veiling 2018

Dit is weer veilingtyd! Sedert verlede jaar word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is juis daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak: • Die skool se gange is oorgeteël en maak sommer ‘n groot verskil aan die skool se voorkoms; • ‘n Nuwe 35-sitplek Isuzu bus, “Steyntjie”, se deposito is betaal (die balans is deur die trust gefinansier) om sodoende veilige en voldoende vervoer vir ons Weskus-kinders te bied en ook te voorsien vir die veilige vervoer van ons kinders na buitemuurse aktiwiteite; • Twee beurse is toegeken onder ‘n diversiteitsprogram vir leerders in die Laerskool; • Die verwante onkostes vir die watergeleiding vanaf die boorgate wat by die Laerskool en Huppelland se velde gesink is word gedek. Vir meer inligting oor die trust, gaan lees gerus meer hier: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/jvr-opvoedingstrust/ Aangesien dit ‘n fondsinsamelingsfunskie is, is daar hierdie jaar ‘n R1000 per persoon skenking aan die trust by die kaartjieprys ingesluit, wat jou outomaties in aanmerking bring vir die opwindende en uitgebreide lootjietrekking vol pryse. Die veilingslys gaan derhalwe hierdie jaar baie korter wees en so genoeg tyd laat vir lekker kuier en dans. Ons hoop...

Lees Verder

Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust

Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust is in 2009 deur Frank en Lizelle Kilbourn gestig as ’n trust sonder winsoogmerk tot voordeel van die Laerskool. Oor die jare is daar heelwat skenkings aan die trust gemaak en fondse is onder andere aangewend om die Huppelland fasiliteit te help staanmaak, nuwe bussies vir die skool aan te koop, die skool te restoureer, om by te staan met die kontantvloei van die skool in tye waar dit druk gegaan het en vele ander projekte. Die huidige trustees is Frank Kilbourn, Lizelle Kilbourn, Christoff Pauw en Merwe Scholtz. Die trust ondersteun uitsluitlik die Laerskool en deel doelbewus identiese waardes: * die gebruik van Afrikaans as voertaal in ‘n uitsluitlik enkelmedium openbare skool; * die onderneem van die bestuur van die skool op ‘n grondslag versoenbaar met Christelike waardes, met dien verstande dat die etos van die skool nie uitsluitlik op een geloof of denkwyse (ter uitsluiting van enige ander geloof of denkwyse) gegrond word nie, en dat geloofskwessies terselfdertyd sensitief sonder diskriminerende uitsluiting hanteer word; * die handhawing van akademiese uitnemendheid in ‘n milieu waar klem geplaas word op die totale ontwikkeling en breë opvoeding van die kind; * die bedryf/handhawing van ’n inklusiewe gemeenskapskool met akkommodering van alle leerders wat hulle met bogenoemde kernwaardes vereenselwig. Vanaf 2017 word die jaarlikse veilingopbrengs aan die trust bewillig, juis sodat daar verseker word dat...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 28 Maart

Baie geluk aan Lida-Mari Bosman in Gr.2 wat Jannie van die Week is. Dankie dat jy so gereeld herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchios. Die Eco Film Fees is steeds aan die gang by die Labia teater om die draai van ons skool. Ons beveel die volgende films aan: * Dinsdagaand 18:30 Bugs – The Film * Woensdagaand 18:30 Chasing Coral * Donderdagaand 18:30 A Plastic OceanBesoek die webblad vir meer inligting http://saecofilmfestival.com/programme.php Onthou die depot sluit Woensdag. Maak gebruik van Recycle 1st se diens tydens die vakansietyd https://www.recycle1st.co.za/ Onthou om julle eco-bricks op te vul – die kompetisie eindig 25...

Lees Verder

Nuusbrief van 23 Maart 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies Maandag, 26 Maart 2018 Gr.1 en 2: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal) Maandag, 26 Maart 2018 SKOOL SLUIT 13:00 VIR GR. 1-3 EN 13;15 VIR GR.4-7 Dinsdag, 27 Maart 2018 Markdag. SKOOL SLUIT 13:00 VIR GR. 1-3 EN 13;15 VIR GR.4-7 Dinsdag, 27 Maart 2018 Gr. 3: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal) Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 Maart 2018 Saal: Leerlingraad Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30 Donderdag, 5 April 2018 Jana Oosthuizen verjaar Sondag, 8 April 2018 Marianna Oosthuizen verjaar Dinsdag, 10 April 2018 Skool heropen na vakansie Dinsdag, 10 April 2018 Rose Chikwata (terreinpersoneel) verjaar Woensdag, 11 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6B Donderdag, 12 April 2018 Ouerbesoeke vir gr.4-7 (vanaf 15:00-19:00) Vrydag, 13 April 2018 Klasbraai (Conradieveld) >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Nuwe ‘DINGE’ om na uit te sien Daar sal hopelik ‘n paar nuwe “dinge” by die skool wees as die skole weer op Dinsdag 10 April heropen. 1) Hulle is tans besig om ons nuwe bus (Steyntjie) se “branding” te doen en sal gedurende die vakansie afgelewer word… 2) Die twee boorgate, hier en op die Conradieveld, behoort dan in werking te wees… 3) Ons terrein en spesifiek die vierkant, gaan ‘n hele paar nuwe dinge hê… Volgende week...

Lees Verder

Seniorkoor – Belangrike oefening

Hou asb Saterdag 21 April van 9:00 – 13:00 vir n belangrike Seniorkooroefening oop. Ons Seniorkoor tree in Junie op Kyknet se Sing in Harmonie-program op en ook later die jaar saam met Laurika Rauch asook in die Artscape. Ons het dus baie werk en slegs 20 minute per week om te oefen, daarom is die Saterdagoefening baie...

Lees Verder

Volgende week se skooltye

Skool sluit volgende week op ander tye as normaalweg: Op Maandag 26 Maart: Skool sluit 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 (bus vertrek om 13:20) Op Dinsdag 27 Maart: Skool sluit 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 (bus vertrek om 13:20) Woensdag, 28 Maart: Skool sluit vir die vakansie om 10:30 vir...

Lees Verder

Westelike Provinsie Krieket Unie se O/11 Distrikfees

Verlede jaar is Thornley Webber , Ruben Janse van Rensburg en Bernard Lombaard gekies om op 2 en 3 Desember 2017 aan die Westelike Provinsie Krieket Unie se O/11 Distrik T20 Toernooifees deel te neem. Hulle het WP 0/11 se sentrale distrikte-span verteenwoordig. Die WP is opgedeel in 4 distrikte en daar is ‘n rondomtalie feestoernooi gehou. Dit was ‘n T-20 formaat met twee wedstryde per dag. Daar is ‘n paar unieke nuwighede ingebring, o.a. dat as ‘n kolwer 24 balle trotseer, (4 boulbeurte) hy moet uittree om so te verseker dat almal ‘n beurt kry om te kolf. Die kolflyste is ook geroteer na elke wedstryd. Op Saterdag, 2 Desember het die drie Jannies teen die WP se Noordelike Distrikte span op die veld gestap by Sunninghill se sportgronde. Die dag was bloedig warm. Ons opponente het eerste gekolf en n skaflike 86 lopies aangeteken. Ons het toe gaan kolf en ongelukkig gou n paar paaltjies verloor. Ruben en Bernard (nie uit nie) het goed vasgeskop maar kon nie verhoed dat ons met 16 lopies verloor nie. Die middagwedstryd was ook ‘n taai affere. Ons het teen die WP Suidelike-Distrikte span gespeel. Ongelukkig moes die Jannies se span weer die knie buig teen baie sterk opponente. Daar is met groot afwagting uitgesien na die volgende dag se reeks rondomtalie wedstryde, die keer in Somerset-Wes. ‘n Welkome reënbui oornag...

Lees Verder

Wêreldboekedag

Trek aan soos jou gunsteling boekkarakter op Vrydag, 20 April, wanneer ons Wêreldboekedag vier. Bring ook ‘n boek saam om vir ‘n maat voor te lees.

Lees Verder

Boeke-skenking

Om Wêreldboekedag te vier, samel ons boeke in vir Parkfield Primary School in Hanover Park. Bring boeke na die biblioteek teen Vrydag, 20 April. Alle Afrikaanse- en Engelse boeke geskik vir voorskool & laerskool is...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 23 Maart

Baie geluk aan Mila du Preez in Gr4 wat Jannie van die Week is. Dankie dat julle so gereeld herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchios. Die Eco Film Fees begin hierdie Donderdag 22 Maart. Dit vind plaas by die Labia teater om die draai van ons skool. Besoek hulle webblad om te sien wat wys wanneer en ook om voorskoue van al die films te sien: http://saecofilmfestival.com/programme.php * Bugs – The Film: is ‘n domumentêr wat die waarskynlikheid dat ons almal in die nabye toekoms insekte sal eet, ondersoek. * Plastic Ocean: is ‘n baie treffende film wat wys hoeveel plastiek daar reeds in ons oseane is en die gevolge daarvan. Baie van die films se slotsomme is dat ons almal ‘n verskil kan maak. Begin jou ecobrick vandag en kry die kinders...

Lees Verder

Nuusbrief 16 Maart 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 16 Maart 2018 Gr.7’s keer terug van hul kamp Vrydag, 16 Maart 2018 Theuns van der Bank (onderwyser) verjaar Saterdag, 17 Maart 2018 Dapper Stappers Maandag, 19 Maart 2018 Gr.6: Lead4Life Dinsdag, 20 Maart 2018 Somersokkie (18:00-21:30) Dinsdag, 20 Maart 2018 OOV Piekniek (Conradieveld) Dinsdag, 20 Maart 2018 OOV Sosiaal Dinsdag, 20 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7K Woensdag, 21 Maart 2018 Menseregtedag (geen skool) Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies Maandag, 26 Maart 2018 Gr.1 en 2: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal) Dinsdag, 27 Maart 2018 Gr. 3: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal) Dinsdag, 27 Maart 2018 Markdag. Skool sluit 13:00 (Tussen 12:00-12:45 in Vierkant) Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30 (Leerderraad doen afsluiting) Dinsdag, 10 April 2018 Skool heropen Woensdag, 11 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6B Vrydag, 13 April 2018 Klasbraai >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Op die eerste Beheerraadsvergadering wat Maandagaand, 12 Maart plaasgevind het, is die volgende bestuurslede verkies: Voorsitter: Merwe Scholtz Onder-Voorsitter: Kees Snijders Tesourier: Cobus Loubser Sekretaresse: Marinda Brink Die res van die Beheerraad is: LJ le Roux Izelle Venter Johan Oosthuizen (skoolhoof) Lucia de Jager (onderwyser) Hannes Muller (nie-onderwys) Die volgende vergadering vind plaas op 27 Maart waarop die ander portefeuljes aangewys sal word. Bring en Braai Piekniek Dinsdag 20...

Lees Verder

Liewe Aarde nuus van 16 Maart

Baie geluk aan Delmar Benecke in Graad 1 wat Jannie van die week is. Ons hoop jy hou aan so mooi te herwin en sommer ‘n eco-brick of drie ook vol te maak. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Die eco-brick kompetisie het begin. Kry jou 2 liter bottel by die depot en begin nou al jou bottel volmaak. Ons hoop om sommer baie eco-bricks op Woensdag 25 April by elke klas in te samel. Lees die instruksies hier langsaan noukeurig. Ons eco-bricks gaan na die Montebello Design Centre in Nuweland geneem word. Hulle versprei dit na projekte wat huise en klaskamers hiermee bou. As ons genoeg maak, kan ons dalk ‘n bankie of ‘n bedding by ons skool daarmee bou – sien...

Lees Verder