Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 16 Maart 2018 Gr.7’s keer terug van hul kamp

Vrydag, 16 Maart 2018 Theuns van der Bank (onderwyser) verjaar

Saterdag, 17 Maart 2018 Dapper Stappers

Maandag, 19 Maart 2018 Gr.6: Lead4Life

Dinsdag, 20 Maart 2018 Somersokkie (18:00-21:30)

Dinsdag, 20 Maart 2018 OOV Piekniek (Conradieveld)

Dinsdag, 20 Maart 2018 OOV Sosiaal

Dinsdag, 20 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7K

Woensdag, 21 Maart 2018 Menseregtedag (geen skool)

Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies

Maandag, 26 Maart 2018 Gr.1 en 2: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal)

Dinsdag, 27 Maart 2018 Gr. 3: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal)

Dinsdag, 27 Maart 2018 Markdag. Skool sluit 13:00 (Tussen 12:00-12:45 in Vierkant)

Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30 (Leerderraad doen afsluiting)

Dinsdag, 10 April 2018 Skool heropen

Woensdag, 11 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6B

Vrydag, 13 April 2018 Klasbraai

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Op die eerste Beheerraadsvergadering wat Maandagaand, 12 Maart plaasgevind het, is die volgende bestuurslede verkies:

Voorsitter: Merwe Scholtz

Onder-Voorsitter: Kees Snijders

Tesourier: Cobus Loubser

Sekretaresse: Marinda Brink



Die res van die Beheerraad is:

LJ le Roux

Izelle Venter

Johan Oosthuizen (skoolhoof)

Lucia de Jager (onderwyser)

Hannes Muller (nie-onderwys)

Die volgende vergadering vind plaas op 27 Maart waarop die ander portefeuljes aangewys sal word.

Bring en Braai Piekniek Dinsdag 20 Maart

Ons nooi almal om piekniek te kom hou op die Conradieveld op die 20ste Maart 2018 vanaf 17:30. Elke gesin bring sy eie eetgoed, drinkgoed, glase en eetgerei saam. Toegang is gratis.

Kinders is welkom om speelgoed en balle saam te bring sodat hulle lekker kan speel op die veld saam met hulle maats terwyl ouers ontspan. Onthou piekniek-komberse, kampstoele, baadjies en skoene. As gevolg van die droogte is die veld maar hard.

Ons verskaf braaidromme met roosters asook ligte vir buite. Die Graad 5 tot Graad 7 leerlinge hou Somersokkie daardie aand, so die idee is dat hul ouers dan ook geleentheid het om saam met almal te kan kuier terwyl hul wag vir die sokkie om klaar te maak.

Gerhard Joubert (graad 11) neem hierdie week deel aan die Hennie Joubert-klavierkompetisie en Internasionale Klaviersimposium wat 12 – 18 Maart in Stellenbosch aangebied word.

Beide hierdie geleenthede word slegs elke twee jaar tegelykertyd aangebied en is van die toonaangewendste gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse klassieke musieklewe.

Hy is een van net nege leerders wat gekies is om aan die kompetisie deel te neem en het deurgedring na die finaal wat Vrydagaand plaasvind.

Hoërskool Jan van Riebeeck is goed verteenwoordig by hierdie jaar se Cape Town Cycle Challenge wat op 11 Maart gehou is. Onderstaande leerders en onderwyser het almal die wedren voltooi. Die name wat donker vertoon, is almal oud-Laerskool JvR-leerders.

Voor: Sebastian du Bois (graad 11), Armand Visagie (graad 10), Daniël Grobbelaar (graad 8), Kristi Lategan (graad 11) en Jos de Wet (graad 11).

Agter: Mnr Charl Neethling (met ‘n tyd van 03:05), De Wet Marais (graad 10) en Francois Joubert (graad 9).

ALGEMEEN

Baie geluk aan Delmar Benecke in Graad 1 wat Jannie van die week is. Ons hoop jy hou aan so mooi te herwin en sommer ‘n eco-brick of drie ook vol te maak. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Die eco-brick kompetisie het begin.

Kry jou 2 liter bottel by die depot en begin nou al jou bottel volmaak. Ons hoop om sommer baie eco-bricks op Woensdag 25 April by elke klas in te samel.

Lees die instruksies hier langsaan noukeurig.

Ons eco-bricks gaan na die Montebello Design Centre in Nuweland geneem word. Hulle versprei dit na projekte wat huise en klaskamers hiermee bou. As ons genoeg maak, kan ons dalk ‘n bankie of ‘n bedding by ons skool daarmee bou – sien foto.

Na ‘n wonderlike spanpoging het die Graad 1 tot 7 ‘n allemintige bedrag van R11 231 ingesamel om die woorde WEES en USELF te koop in die WAT.

Buiten hierdie twee woorde wat nou aan ons skool behoort, sluit dit ook die volgende in:

– Ons staan ‘n kans om R25 000 te wen in ‘n prystrekking op 23 Maart

-Ons ontvang ‘n sertifikaat met ons naam en die woorde wat ons gekoop het.

– Ons het nou 5 jaar gratis toegang tot die aanlyn WAT. Ons waardeer alle ouers se ondersteuning en bydrae vir hierdie groepsprojek.

Die Vierkant gaan eersdaags met ’n nuwe klim- en swaai area, sintetiese gras en interaktiewe spelborde spog – alles om ons kinders aan te moedig om pouses aktief te verkeer en ’n blaaskans te neem van ’n lang dag agter die boeke.

Dit vorm deel van die verdeling en opgradering van die speelgronde, en die huidige netbalbaan sal geensins ingeperk word nie.

Dit is ons doelwit om ’n geïntegreerde speelgrondplan saam te stel om te verseker dat die beskikbare ruimtes op ’n kreatiewe en optimale manier benut word.

Weens die omvang van die projek sal dit in fases geïmplementeer word. Kontak ons gerus indien u enige voorstelle, navrae of bydrae kan lewer.

Terreinkomitee. ( Cari Mouton-sameroeper, Lucia de Jager, Marianna Oosthuizen en Maja Marx )

Ons is baie trots op ons Middag Jannies T-hemde en wil graag vra dat Nasorg-leerlinge probeer om ‘n hemp te bestel.

Kostes beloop R120 per hemp. Dit kan Dinsdae by Nasorg gedra word.

Stuur ‘n e-pos aan nasorg@jvrprim.co.za of kom na die Nasorgsentrum toe om ‘n bestelling te plaas.

Daar is hemde by Nasorg wat aangepas kan word om groottes te bepaal.

Glim en Gloei

Datum: Dinsdag, 20 Maart

Tyd: 18:00-21:30

Plek: JVR-Skoolsaal

Kleredrag: Informeel (Iets wit/neon sodat jy kan gloei onder die ligte)

Koste: R100 pp

Betalings word deur die Karri-toep gemaak. Indien u nie gebruik maak van die Karri-toep nie, kan u `n kontantbetaling by u kind se registeronderwyser maak. Bewyse van elektroniese betaling moet ook na registeronderwyser gestuur word.

Die kaartjie sluit iets te ete in, maar daar gaan ook `n snoepie wees met koeldranke en lekkernye.

Baie dankie aan elke ouer en Jannie wat hul harte en hul beursies oopgemaak het, om by te dra tot ons Fallen Angels uitreikprojek.

Jul skenkings van hondekos het ‘n klomp honde se harte en magies baie bly gemaak.

AKADEMIE

nabetragting

Wenners: Jana Brink (Gr.5S)

Definisie: ‘n Ernstige bespreking van ‘n saak nadat die aanvanklike bespreking daarvan afgesluit is.

Sin: Na die wedstryd het die afrigter en spelers nabetragting gehou in die kleedkamer.

---

KULTUUR

Neem solank kennis van die volgende twee musiekkonserte aan die einde van die kwartaal:

Maandagoggend 26 Maart om 8:15- Alle Gr 1 en 2 leerders

Dinsdagoggend 27 Maart om 8:15- Alle Gr 3 leerders

Almal is welkom om dit by te woon.

SPORT

Agt van ons leerders het deelgeneem aan die WP skole geslote proewe vir die spanne van die sentraal distrik. Die top 10 spelers in elke ouderdoms-groep ontvang hul WP-kleure en neem vervolgens deel aan die provinsiale Wes-Kaap Skole proewe teen Overberg, Winelands, Weskus en Eden.

Die volgende Jannies ontvang hul WP kleure:

* Petrus Bosman – seuns o/9

* Carla Snijders – dogters o/11

* Jan Karsen – seuns o/11

* Peet Karsten – seuns o/13

* Gerard Snijders – seuns o/13

Peet het met 5/6 3de geëindig en ‘n brons medaljie ontvang.

Petrus het met 4/5 2de geëindig en ‘n silwer medalje ontvang.

Baie geluk julle, ons is sommer baie trots op julle!

Kindness can become its own motive.

We are made kind by being kind.

– Eric Hoffer

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209