Dit is weer veilingtyd!
Sedert verlede jaar word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is juis daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak:
• Die skool se gange is oorgeteël en maak sommer ‘n groot verskil aan die skool se voorkoms;
• ‘n Nuwe 35-sitplek Isuzu bus, “Steyntjie”, se deposito is betaal (die balans is deur die trust gefinansier) om sodoende veilige en voldoende vervoer vir ons Weskus-kinders te bied en ook te voorsien vir die veilige vervoer van ons kinders na buitemuurse aktiwiteite;
• Twee beurse is toegeken onder ‘n diversiteitsprogram vir leerders in die Laerskool;
• Die verwante onkostes vir die watergeleiding vanaf die boorgate wat by die Laerskool en Huppelland se velde gesink is word gedek.
Vir meer inligting oor die trust, gaan lees gerus meer hier: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/jvr-opvoedingstrust/
Aangesien dit ‘n fondsinsamelingsfunskie is, is daar hierdie jaar ‘n R1000 per persoon skenking aan die trust by die kaartjieprys ingesluit, wat jou outomaties in aanmerking bring vir die opwindende en uitgebreide lootjietrekking vol pryse.
Die veilingslys gaan derhalwe hierdie jaar baie korter wees en so genoeg tyd laat vir lekker kuier en dans. Ons hoop om sommer baie van julle daar te sien! Vir kaartjie aankope of navrae, kontak asseblief esnaboshoff@gmail.com of coreen.scholtz@gmail.com