Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Dinsdag, 5 Junie 2018, om 13:00 vir gr. 1 – 3 en om 13:15 vir gr. 4 – 7 sluit.
Die skoolbus sal om 13:15 vertrek.
Indien ‘n leerder afwesig is op ‘n gegewe dag, moet ‘n doktersertifikaat getoon word.
Leerders mag nie skryfbehoeftes bymekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou.
Eksamenvraestelle word tussen 07:50 – 10:10 geskryf.

Normale klasruilings sal daarna plaasvind, daarom moet die nodige boeke vir daardie vakke ingepak word.