Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Maart 2018 Saal: Leerlingraad

Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30

Donderdag, 5 April 2018 Marianna (juffrou) verjaar

Sondag, 8 April 2018 Jana (juffrou) verjaar

Dinsdag, 10 April 2018 Skool begin vir 2de kwartaal

Dinsdag, 10 April 2018 Rose (terrein) verjaar

Dinsdag, 10 April 2018 Fondsinsameling vir dowes

Woensdag, 11 April 2018 Akademiese komitee vergader

Woensdag, 11 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6B

Donderdag, 12 April 2018 Gr.4-7 Ouerbesoeke

Vrydag, 13 April 2018 Gr.7: Studiemetodes

Vrydag, 13 April 2018 Klasbraai

Woensdag, 18 April 2018 Mardry (juffrou) verjaar

Vrydag, 20 April 2018 Wêreld Boekedag

Vrydag, 20 April 2018 Sivvies

Vrydag, 20 April 2018 Redenaars (Laerskool de Kuilen)

Vrydag, 20 April 2018 Sporttoernooi (Saffier)

Vrydag, 20 April 2018 Gr.6: Studiemetodes

Saterdag, 21 April 2018 Annet (arbeidsterapeut) verjaar

Saterdag, 21 April 2018 Seniorkoor-oefening

Dinsdag, 24 April 2018 Marlene (juffrou) verjaar

Woensdag, 25 April 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 25 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6DJ

Donderdag, 26 April 2018 Nicolene (musiek) verjaar

Donderdag, 26 April 2018 Sivvies

Vrydag, 27 April 2018 VAKANSIEDAG: Vryheidsdag

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Leerders, ouers en alle personeel moet die skoolvakansie en Paastyd geniet en uitgerus terugkom.

Die skool heropen op die 10de April en winterdrag is vanaf 2 Mei verpligtend.

ALGEMEEN

Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust is in 2009 deur Frank en Lizelle Kilbourn gestig as ’n trust sonder winsoogmerk tot voordeel van die Laerskool. Oor die jare is daar heelwat skenkings aan die trust gemaak en fondse is onder andere aangewend om die Huppelland fasiliteit te help staanmaak, nuwe bussies vir die skool aan te koop, die skool te restoureer, om by te staan met die kontantvloei van die skool in tye waar dit druk gegaan het en vele ander projekte.

Die huidige trustees is Frank Kilbourn, Lizelle Kilbourn, Christoff Pauw en Merwe Scholtz.

Die trust ondersteun uitsluitlik die Laerskool en deel doelbewus identiese waardes:

* die gebruik van Afrikaans as voertaal in ‘n uitsluitlik enkelmedium openbare skool;

* die onderneem van die bestuur van die skool op ‘n grondslag versoenbaar met Christelike waardes, met dien verstande dat die etos van die skool nie uitsluitlik op een geloof of denkwyse (ter uitsluiting van enige ander geloof of denkwyse) gegrond word nie, en dat geloofskwessies terselfdertyd sensitief sonder diskriminerende uitsluiting hanteer word;

* die handhawing van akademiese uitnemendheid in ‘n milieu waar klem geplaas word op die totale ontwikkeling en breë opvoeding van die kind;

* die bedryf/handhawing van ’n inklusiewe gemeenskapskool met akkommodering van alle leerders wat hulle met bogenoemde kernwaardes vereenselwig.

Vanaf 2017 word die jaarlikse veilingopbrengs aan die trust bewillig, juis sodat daar verseker word dat die fondse so ingesamel nie aangewend word vir die dag tot dag behoeftes van die skool nie, maar vir die verbetering van die skool en sy kurrikulum. Daar is dan ook ‘n ooreenkoms dat minstens 50% van die fondse in die daaropvolgende jaar spandeer sal word. Die balans akkumuleer tot voordeel van groter kapitaalprojekte en langer termyn beplanning van die skool. Prioriteite word in oorlegpleging met die beheerliggaam bepaal. So het die trust met nagenoeg 50% van die 2017 veilingopbrengs die volgende projekte afgehandel:

• Die skool se gange is oorgeteël en maak sommer ‘n groot verskil aan die skool se voorkoms;

• ‘n Nuwe 35-sitplek Isuzu bus, “Steyntjie”, se deposito is betaal (die balans is deur die trust gefinansier) om sodoende veilige en voldoende vervoer vir ons Weskus-kinders te bied en ook te voorsien vir die veilige vervoer van ons kinders na buitemuurse aktiwiteite;

• Twee beurse is toegeken onder ‘n diversiteitsprogram vir leerders in die Laerskool;

• Die verwante onkostes vir die boorgate wat by die Laerskool en Huppelland se velde gesink is word gedek.

Die trust, weereens in oorlegpleging met die beheerliggaam, is in proses met ‘n 5-jaar plan om projekte vir uitnemendheid te prioritiseer. So oorweeg ons tans onder andere die sportfasiliteite, algemene toestand van die terrein, voldoende onderrigkamers vir ‘n breë akademiese aanbieding (onder meer Engels Huistaal as keusevak) en behuising vir onderrigpersoneel. As deel van hierdie projek sal ons die insae van die ouers en onderwysers van die skool vra.

Ter afsluiting: Die trust se doel is ’n nog beter Laerskool Jan van Riebeeck tot voordeel van al ons kinders.

Vir enige verdere navrae (of donasies) kontak asseblief Marysia Avis by marysia@brightresources.co.za.

Dit is weer veilingtyd! Sedert verlede jaar word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is juis daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak:

• Die skool se gange is oorgeteël en maak sommer ‘n groot verskil aan die skool se voorkoms;

• ‘n Nuwe 35-sitplek Isuzu bus, “Steyntjie”, se deposito is betaal (die balans is deur die trust gefinansier) om sodoende veilige en voldoende vervoer vir ons Weskus-kinders te bied en ook te voorsien vir die veilige vervoer van ons kinders na buitemuurse aktiwiteite;

• Twee beurse is toegeken onder ‘n diversiteitsprogram vir leerders in die Laerskool;

• Die verwante onkostes vir die watergeleiding vanaf die boorgate wat by die Laerskool en Huppelland se velde gesink is word gedek. Vir meer inligting oor die trust, gaan lees gerus meer hier: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/jvr-opvoedingstrust/ Aangesien dit ‘n fondsinsamelingsfunskie is, is daar hierdie jaar ‘n R1000 per persoon skenking aan die trust by die kaartjieprys ingesluit, wat jou outomaties in aanmerking bring vir die opwindende en uitgebreide lootjietrekking vol pryse. Die veilingslys gaan derhalwe hierdie jaar baie korter wees en so genoeg tyd laat vir lekker kuier en dans. Ons hoop om sommer baie van julle daar te sien! Vir kaartjie aankope of navrae, kontak asseblief esnaboshoff@gmail.com of coreen.scholtz@gmail.com

Ouerbesoeke

Op Dondermiddag, 12 April 2018, vanaf 15:00 – 19:00 sal ouers van graad 4 – 7 die geleentheid kry om onderskeie onderwysers rakende hul kind se vordering te spreek.

Maak asb. individuele afsprake by die skoolsekretaresse, Adri Marais.

Tydens hierdie 15 minute afspraak kry u die geleentheid om ook na u kind se skoolwerk/vraestelle, ens. te kyk.

Baie geluk aan Lida-Mari Bosman in Gr.2 wat Jannie van die Week is. Dankie dat jy so gereeld herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchios.

Die Eco Film Fees is steeds aan die gang by die Labia teater om die draai van ons skool. Ons beveel die volgende films aan:

* Dinsdagaand 18:30 Bugs – The Film

* Woensdagaand 18:30 Chasing Coral

* Donderdagaand 18:30 A Plastic OceanBesoek die webblad vir meer inligting http://saecofilmfestival.com/programme.php

Onthou die depot sluit Woensdag.

Maak gebruik van Recycle 1st se diens tydens die vakansietyd https://www.recycle1st.co.za/

Onthou om julle eco-bricks op te vul – die kompetisie eindig 25 April.

Die klerebank is nou gesluit en open weer op 10 April as die skool begin.

Die dra van WINTERDRAG is eers vanaf 2 Mei verpligtend.

PRIVAATLESSE wat by skool aangebied word

AKADEMIE

Soos gekommunikeer aan die begin van die jaar, stel ons hierdie jaar ‘n aangepaste huiswerkbeleid op die proef.

Na afloop van die eerste kwartaal het ons besluit om die huiswerkbeleid as volg aan te pas by gr. 4 – 6:

Ons sal steeds ons bes doen om die hoeveelheid klaswerk te beperk sodat daar nie onnodige huiswerk gedoen hoef te word nie, maar ons is bekommerd dat ons leerders se akademiese vaslegging spesifiek in Wiskunde en Tale daaronder mag lei.

Ons het ook ‘n plig teenoor die nasionale kurrikulum (KABV) om ‘n bepaalde hoeveelheid werk gedurende die jaar te voltooi. Ons onderneem om in kwartaal 2 steeds so min as moontlik huiswerk te gee, maar wanneer 80% van die leeders gedurende klastyd met die bepaalde werk klaar is, sal die ander leerders die werk vir huiswerk moet voltooi.

Maak asseblief daagliks seker dat u kind sy/haar klaswerk voltooi het. Daar sal nou en dan ekstra Wiskunde en Taaloefeninge as huiswerk gegee word sodat ons voldoende vaslegging verseker.

---

KULTUUR

Suidooster koerant

Hierdie koerant verskyn aan die einde van elke kwartaal. Ons het die formaat verander en Die Suidooster se gedrukte weergawe verskyn tans in kleiner formaat. Sodoende spaar ons papier en ink en ons doen die drukwerk ook nou self. Volg die skakel om dit aanlyn te lees.

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/2018/03/27/suidooster-maart-2018-uitgawe-1/

SPORT

Alle sport sal volgende kwartaal, Maandag 16 April, begin. Die skool heropen Dinsdag 10 April. Alle onderwysers is daardie dag betrokke by ‘n personeelvergadering en daarom sal die sport eers die week daarna begin. Die volledige sportprogram vir volgende kwartaal is op die webtuiste beskikbaar.

OPGEDATEERDE SPORTPROGRAM

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

It always seems impossible until it’s done.

– Nelson Mandela

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209