Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies

Maandag, 26 Maart 2018 Gr.1 en 2: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal)

Maandag, 26 Maart 2018 SKOOL SLUIT 13:00 VIR GR. 1-3 EN 13;15 VIR GR.4-7

Dinsdag, 27 Maart 2018 Markdag. SKOOL SLUIT 13:00 VIR GR. 1-3 EN 13;15 VIR GR.4-7

Dinsdag, 27 Maart 2018 Gr. 3: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal)

Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Maart 2018 Saal: Leerlingraad

Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30

Donderdag, 5 April 2018 Jana Oosthuizen verjaar

Sondag, 8 April 2018 Marianna Oosthuizen verjaar

Dinsdag, 10 April 2018 Skool heropen na vakansie

Dinsdag, 10 April 2018 Rose Chikwata (terreinpersoneel) verjaar

Woensdag, 11 April 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 6B

Donderdag, 12 April 2018 Ouerbesoeke vir gr.4-7 (vanaf 15:00-19:00)

Vrydag, 13 April 2018 Klasbraai (Conradieveld)

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Nuwe ‘DINGE’ om na uit te sien

Daar sal hopelik ‘n paar nuwe “dinge” by die skool wees as die skole weer op Dinsdag 10 April heropen.

1) Hulle is tans besig om ons nuwe bus (Steyntjie) se “branding” te doen en sal gedurende die vakansie afgelewer word…

2) Die twee boorgate, hier en op die Conradieveld, behoort dan in werking te wees…

3) Ons terrein en spesifiek die vierkant, gaan ‘n hele paar nuwe dinge hê…

Skool sluit volgende week op ander tye as normaalweg:

Op Maandag 26 Maart: Skool sluit 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 (bus vertrek om 13:20)

Op Dinsdag 27 Maart: Skool sluit 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 (bus vertrek om 13:20)

Woensdag, 28 Maart: Skool sluit vir die vakansie om 10:30 vir almal

ALGEMEEN

Is jy op hoogte van wat wanneer by die skool gebeur?

Besoek die Kalenderbladsy by https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/kalender vir instruksies om jou Google Kalender, Apple Kalender, of Outlook Kalender met die skool se kalender te sinchroniseer.

Baie geluk aan Mila du Preez in Gr4 wat Jannie van die Week is. Dankie dat julle so gereeld herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchios.

Die Eco Film Fees begin hierdie Donderdag 22 Maart. Dit vind plaas by die Labia teater om die draai van ons skool. Besoek hulle webblad om te sien wat wys wanneer en ook om voorskoue van al die films te sien: http://saecofilmfestival.com/programme.php

* Bugs – The Film: is ‘n domumentêr wat die waarskynlikheid dat ons almal in die nabye toekoms insekte sal eet, ondersoek.

* Plastic Ocean: is ‘n baie treffende film wat wys hoeveel plastiek daar reeds in ons oseane is en die gevolge daarvan.

Baie van die films se slotsomme is dat ons almal ‘n verskil kan maak.

Begin jou ecobrick vandag en kry die kinders aanboord!

Om Wêreldboekedag te vier, samel ons boeke in vir Parkfield Primary School in Hanover Park. Bring boeke na die biblioteek teen Vrydag, 20 April.

Alle Afrikaanse- en Engelse boeke geskik vir voorskool & laerskool is welkom.

Nasorg

Alle Middagjannies wat Dinsdagmiddag (27 Mrt) na Monte Rosa wil saamgaan, moet hul name vir die NASORG-personeel gee.

Ons stap 15:15 vanaf die skool.

Bring paaseiers saam asb.

AKADEMIE

Op Dondermiddag, 12 April 2018, vanaf 15:00 – 19:00 sal ouers van graad 4 – 7 die geleentheid kry om onderskeie onderwysers rakende hul kind se vordering te spreek.

Maak asb. individuele afsprake by die skoolsekretaresse, Adri Marais.

Tydens hierdie 15 minute afspraak kry u die geleentheid om ook na u kind se skoolwerk/ vraestelle, ens. te kyk.

Trek aan soos jou gunsteling boekkarakter op Vrydag, 20 April, wanneer ons Wêreldboekedag vier.

Bring ook ‘n boek saam om vir ‘n maat voor te lees.

---

KULTUUR

Die Eisteddfod is vanjaar op 18 en 19 Mei by Laerskool Jan van Riebeeck. Inskrywings het reeds gesluit, maar die program volg binnekort.

Onthou die twee musiekkonserte volgende week:

Maandagoggend 08:15 – Alle Gr 1 en 2 musiekleerders

Dinsdagoggend 08:15 – Alle Gr 3 musiekleerders

Alle ouers en belangstellendes is welkom om dit by te woon.

Verlede jaar is Thornley Webber , Ruben Janse van Rensburg en Bernard Lombaard gekies om op 2 en 3 Desember 2017 aan die Westelike Provinsie Krieket Unie se O/11 Distrik T20 Toernooifees deel te neem. Hulle het WP 0/11 se sentrale distrikte-span verteenwoordig. Die WP is opgedeel in 4 distrikte en daar is ‘n rondomtalie feestoernooi gehou.

Dit was ‘n T-20 formaat met twee wedstryde per dag. Daar is ‘n paar unieke nuwighede ingebring, o.a. dat as ‘n kolwer 24 balle trotseer, (4 boulbeurte) hy moet uittree om so te verseker dat almal ‘n beurt kry om te kolf. Die kolflyste is ook geroteer na elke wedstryd.

Op Saterdag, 2 Desember het die drie Jannies teen die WP se Noordelike Distrikte span op die veld gestap by Sunninghill se sportgronde. Die dag was bloedig warm. Ons opponente het eerste gekolf en n skaflike 86 lopies aangeteken. Ons het toe gaan kolf en ongelukkig gou n paar paaltjies verloor. Ruben en Bernard (nie uit nie) het goed vasgeskop maar kon nie verhoed dat ons met 16 lopies verloor nie. Die middagwedstryd was ook ‘n taai affere. Ons het teen die WP Suidelike-Distrikte span gespeel.

Ongelukkig moes die Jannies se span weer die knie buig teen baie sterk opponente. Daar is met groot afwagting uitgesien na die volgende dag se reeks rondomtalie wedstryde, die keer in Somerset-Wes. ‘n Welkome reënbui oornag het egter die boulers se aanlope en kolfkampies seepglad en onspeelbaar gemaak en net na middagete is die dag se twee wedstryde afgelas deur die WP krieket-unie. Almal was baie teleurgesteld, maar was baie trots om op dié vlak te kon meeding.

Ons wens die drie Jannies baie sterkte toe met hul krieketwedstryde die komende seisoen.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Character is doing the right thing when nobody’s looking. There are too many people who think that the only thing that’s right is to get by, and the only thing that’s wrong is to get caught.

J.C. Watts

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209