2, 4, 5, 9, 11 en 12 September 2024: 19:00 – 21:00 Ingang en veiligheid: Voorste hek (Kloofstraat) Een veiligheidswag sal die voorste voetgangershek beman. Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer. Ingang en veiligheid: Agterste hek (Nuwe Kerkstraat) Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees. Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word. Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer. Parkering Slegs personeel mag van die parkeerplek aan Kloofstraat se ingang gebruik maak. Ongelukkig mag niemand op die sportveld aan die Nuwe Kerkstraat se ingang parkeer nie. Hierdie area sal afgesper word. Indien jy nie binne die skoolterrein parkering vind nie, beveel ons aan dat julle moontlik van Uber gebruik maak of rondom die skool parkeer. Julle kan selfs van die Lifestyle Sentrum se parkering gebruik maak. Veiligheid en kontrole: Afhaal van leerders by hul klaskamer Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken. Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word. Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie. Leerders van ouers wat die konsert bywoon, moet wag in die klasse waar daar toesig is en geensins buite...
Lees Verder