Geagte Ouers / Voogde – 19 Julie 2024
Wie sou kon dink dat gure en ontwrigtende weersomstandighede die eerste 2 weke van die kwartaal so kon beïnvloed. Die sluiting van die skool op Donderdag, 11 Julie, deur die WKOD mag dalk vir ons vreemd wees, maar ons skool het nie noodwendig dieselfde stormskade soos die meeste skole in die Wes-Kaap opgedoen nie. Dit is veral skole in die Wynlande en Overberg wat groot skade ondervind het. Die grootste ontwrigting vir ons skool was beslis dat ons nie met die buitemuurse program kon begin nie. Selfs die jaarlikse en gewilde hokkietoernooi te Laerskool Stellenbosch moes gekanselleer word tot groot teleurstelling van die leerders en afrigters. Soos in my vorige nuusbrief belowe, gee ek graag terugvoer rakende ons o/13A-tennisspanne (seuns en dogters) wat vanaf 08 – 12 Julie aan die prestige Sun City tennistoernooi deelgeneem het. Ons dogterspan het uitstekend gevaar deur ‘n 3de plek uit 14 skole te behaal. Ons seuns eindig 7de uit 15 skole. Ons het teen die top tennisskole in die land meegeding sonder om vir hulle terug te staan. Welgedaan, dogters. Om met ‘n 3de plek weg te stap teen heelwat groter skole, is eenvoudig net merkwaardig! Baie dankie aan juf. Suné en mnr. Rashard wat onderskeidelik die dogters- en seunspanne vergesel het. Ek sal my plig versuim indien ek nie ‘n lansie breek vir Yurich Daniels en sy tennisakademie wat instrumenteel in ons...
Lees Verder