Geagte Ouers / Voogde – 23 Augustus 2024
Na afloop van die jaarlikse Interskole wat oor die afgelope naweek tuis teen Laerskool Dirkie Uys plaasgevind het, kan ek nie anders as om spesiale melding daaroor in my weeklikse nuusbrief te maak nie. Die opwinding met die Interskole het op Maandag, 12 Augustus, met die afskop van die Geesweek begin en die spreekwoordelike kersie op die koek was die ‘Groot Brag’ wat Vrydagoggend vanaf 09:00 – 10:00 in die saal plaasgevind het. Vanjaar het die geeskomitee nog ‘groter’ gegaan en almal se verwagtinge oortref met die aanbied van ‘n baie spesiale ‘Groot Brag’. Indien jy gedink het dat ons ‘n ‘Baby Brag’ aanbied, maak jy ‘n groot fout. Die ’Groot Brag’ is met ‘n spesiale video afgesluit waarin al die personeel hul onderskeie dansies en aksies uitvoer as deel van die ‘olimpiese’ geesvang asook om ons leerders sterkte met die Interskole toe te wens. Dit is weereens ‘n bewys van die goeie gees wat onder die personeel heers asook hul omgee-karakter wat baie kosbaar is. Die Hoërskool Jan van Riebeeck was ook deel van hierdie verrigtinge en onder leiding van hul Interskole rasieleiers het ons sommer heerlik in die saal liedjies gesing en behoorlik geesgevang. Baie dankie aan mnr. Rademeyer wat ook die verrigtinge bygewoon het. Na afloop van die voorstelling van ons eerstespanne is daar nog ‘n spesiale video aan ons leerders vertoon waarin verskeie bekende Protea-sportsterre...
Lees Verder