Ons sien uit na ‘n opwindende week van musiek, teater, en kuns by Laerskool Jan van Riebeeck. Nie net het ons ten doel om die kinders aan meer kuns en kultuur bloot te stel nie, maar is ons visie ook om die leerders te inspireer en ‘n waardering vir die kunste reeds op ‘n jong ouderdom te begin kweek. Die kultuurprogram sluit onder andere teaterproduksies en ‘n konsert deur die Kaapse Philharmoniese Orkes in – sonder twyfel ‘n verreikende belewenis wat vir ons leerders wag! Die kultuurweek bied ook die ideale geleentheid vir ons leerders om hul éie talente ten toon te stel by ons Laerskool Jan van Riebeeck Kunsuitstalling en Kultuurkonserte. Sien asseblief die program hieronder vir meer inligting.

Kultuurweek Program