Ouma- en Oupadag: 4 Oktober 2024
Ons is opgewonde om ons ouma- en oupadag vanaf vandag op Karri te adverteer. Nooi gerus ons mooi kinders se grootouers om hierdie oggend saam met ons te geniet.
Lees VerderOns is opgewonde om ons ouma- en oupadag vanaf vandag op Karri te adverteer. Nooi gerus ons mooi kinders se grootouers om hierdie oggend saam met ons te geniet.
Lees VerderMarkdag sal op 19 September plaasvind. Hierdie keer kry die grondslagfase ‘n beurt om iets te verkoop. Geen klappers of lewende hawe mag verkoop word nie. Dit begin om 10:00, ouers kan al van 09:30 kom regmaak. Bespreek asseblief jou tafel op...
Lees VerderLentedag het ons vanjaar aangenaam verras met pragtige sonskynweer. Daar is vir seker min plekke in die wêreld wat so mooi soos die Moederstad op ‘n sonnige lentedag is. Die lug en die see lyk sommer baie blouer en met Tafelberg, Seinheuwel en Leeukop in die agtergrond, is dit beslis sielskos vir enige mens se gemoed na ‘n lang en bitterkoue winter. Met die aanbreek van die konsert het ons ook aan die einde van ‘n lang, maar suksesvolle wintersportseisoen gekom. Al het daar die afgelope seisoen verskeie van die wedstryde as gevolg van die gure weer uitgereën, is daar vanjaar ‘n fenomenale totaal van 743 wintersport-wedstryde gespeel. Dit is 157 wedstryde meer as gedurende 2023 en 215 wedstryde meer as 2022. Die deelname van leerders aan die drie wintersportkodes (netbal, rugby en hokkie) het vanaf 448 vir 2023 na 464 in 2024 gegroei. Hierdie insiggewende statistieke spreek vanself dat die sportkantoor onder leiding van mnr. Leon weereens uit hul pad gegaan het om seker te maak ons leerders kry genoeg geleenthede om aan wedstryde en toernooie deel te neem. Baie geluk aan ons o/13A-dogtershokkiespan en ons o/7A-seunshokkiespan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het. Baie geluk aan die kaptein van ons eerste dogtershokkiespan, Hila Hertzog, en hul afrigters mnr. Leon en juf. Suné met die merkwaardige prestasie. Sien gerus hier onder insiggewende grafiese voorstellings om te toon hoe sport...
Lees VerderOns het inligting ontvang rakende ‘n nuwe video-oproep platform wat die rondtes doen en leerders, veral tieners, moontlik in groot moeilikheid kan laat beland. Kyk asseblief na die onderstaande skakels vir meer inligting: Vier leerlinge geskors na ‘rassistiese’ Tik-Tok-video ‘Omegle’/Omi-TV – Praat met vreemdelinge (Toep) Video-voorbeeld Omi...
Lees VerderHou gerus hierdie datum in Ouma en Oupa se kalender oop: Vrydagoggend, 4 Oktober, om 9:30 in ons skoolsaal. Kaartjies sal vanaf volgende week op Karri beskikbaar wees.
Lees VerderKontak my gerus indien daar enige vrae is. Ons sal weer kommunikasie nader aan die tyd stuur. Vriendelike groete, Rolene van Zyl
Lees VerderOp Saterdag, 21 September, bied ons tweetalige keramiekklasse vir kinders aan, waar hulle die kans kry om hul gunsteling hond te beeldhou. Dit is ‘n prettige en kreatiewe ervaring onder die leiding van die museum se keramiekkunstenaar, Tania Babb. Bespreek kaartjies hier:...
Lees VerderDaar sal geen musieklesse op Maandag, 2 September, plaasvind nie. Maandag gaan die kinders en onderwysers volkome fokus op die kleedrepetisie en finale voorbereiding vir die skoolkonsert. Ons gaan Dinsdag, 3 September, weer voort met musieklesse. Kontak my gerus indien daar enige vrae is. Rolene van...
Lees VerderAugustus-maand het net te vinnig tot ‘n einde gekom terwyl Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen aan Kaapstad bekend te stel nie. Dit is ongelooflik dat ons die een kouefront op die ander kry wat groot hoeveelheid reënvalneerslae bring. Selfs die nuutste weervoorspelling toepassing sukkel om by te hou. Ons weet ook dat Lentedag tradisioneel orals in Suid-Afrika op 01 September gevier word, maar hier in die Moederstad gaan dit ons ongelukkig nog nie op 01 September beskore wees nie. Ek weet nie van julle nie, maar ek soek nou warmer weer met heerlike sonskyndae en bome vol pragtige lentebloeisels wat die hele omgewing ophelder. Kom ons hoop dat ons warm baadjies binnekort met warmer dae vervang sal word. Graag wy ek die grootste gedeelte van my nuusbrief dié week aan die nuwe leerontwikkelingsentrum wat op Maandag, 26 Augustus, amptelik sy deure oopgemaak het. Hierdie wêreldklas-sentrum met al sy moderne meubels, speelgoed en apparate is tot stand gebring as gevolg van die ruim skenking van Whitey en Annalise Basson asook Mari en Brynn Kushner. Ons is vir julle as familie baie dankbaar en ons is saam met julle baie trots op die merkwaardige ruimte. Na deeglike oorweging en konsultasie is daar op ‘n baie gepaste naam, naamlik Zen Den besluit. Die leerders is eens dat Zen Den ‘n baie “cool’’ naam en plek is. Die betekenis...
Lees VerderBestellings kan nou op Karri plaas word. Fotograaf: Annene van Eeden neem foto’s van die konsert (voor en tydens die kinders op die verhoog is). Bestellings kan teen R150 per gesin op Karri geplaas word. Videograaf: Daar word ook ‘n video deur Epitome van die konsert gemaak. Bestellings kan teen R180 per gesin op Karri geplaas word. BELANGRIK: Maak asb seker dat jy slegs een keer vir jou gesin bestel. M.a.w. een betaling vir foto’s en een betaling vir die...
Lees VerderGoeiedag ouers en personeel. Madri en Felicity by die nasorg wil graag vir die ouers ‘n toesig geleentheid bied tydens die konserttyd vanaf 17:15 tot en met 18:00 teen R100 per leerder, per aand. Hulle sal sorg dat leerders ‘n ete kry soos vetkoek en sop of ‘n boereworsrolletjie. Die leerders sal skoon en netjies 18:00 na hul klasse toe geneem word. Indien jul belangstel kan julle gerus vir Madri kontak by 0712876579....
Lees VerderOns is uiters trots op die leerders van HS JvR wat hul skool in leierskapposisies verteenwoordig. Dis die oud-Jannies waarop ons in besonder verheug is! Graad 9 VRL: Carmen Barnard, Johan Symington, Jan-Willem Silvis, Stella Lamprecht en Katia van Wyk. Graad 10 VRL: Cara Swanepoel, Albert Griesel en Helene Greeff. Graad 11 VRL: Daniel Wasserman, Luca Zulch en Fredrich Erasmus. Graad 12 Leerderraad: Roelf v.d. Merwe, Stella Malan, Christian Viljoen, Kianna-Gro Liversage, Emma Bartel (onderhoofdogter) en Lara-Lisa Senekal (hoofleier en...
Lees VerderKliek hier of op die foto vir meer inligting.
Lees VerderKaru Rademeyer het die afgelope jaar, as deel van die Western Cape Coastal-netbalprogram, twee aksienetbalspanne tydens hul weeklikse aandligawedstryde verteenwoordig. Karu is die hoofdoel van beide spanne. Tydens die afgelope week se finale rondes, het Karu en haar spanmaats van Thunderballers (o.12’s en o.13′) en Golden Mustang (o.13-provinsiale spelers) in beide afdelings die goue medaljes verower. Karu is boonop in dié naelbytwedstryde as speler van die wedstryd aangewys. Wel gedaan, Karu! Jy maak ons trots!...
Lees VerderChristiaan Cronje het Saterdag, 24 Augustus 2024, aan die WP-stoeikampioenskappe deelgeneem. Hy is op 27 Augustus 2024 gekies om deel van die WP-stoeispan te wees. Baie geluk, Christiaan! Ons is trots op jou.
Lees Verder