Skrywer: Megan Zondagh

Junior- en Seniorkoor: November Datums

Sien asseblief die reëlings vir beide ons kore se optredes by die Tamboerskloof Gemeente Kerssangdiens en LJvR Kerskonsert. Vrydag, 22 November: Repetisie by Tamboerskloof Gemeente Die Senior Koor gaan 12h gereed maak om na Tamboerskloof Gemeente te stap. Ons sal genoeg personeel hê om die kinders te vergesel. Daar sal bussies wees wat die Junior Koor na die kerk sal neem, sodat hulle nie hoef te stap nie. LET WEL die oefening maak reeds 13h45 klaar. Julle kan die kinders by Tamboerskloof Gemeente optel. Sondag, 24 November: Tamboerskloof Gemeente Kersdiens Alle koorlede arriveer stiptelik om 18h30 by Tamboerskloof Gemeente. Kleredrag: Dogters: Wit rok / rompie / broek / hemp OF lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Dogters kan hul hare los dra. Seuns: Lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Donderdag, 28 November: LJvR Kerskonsert Plek: LJvR Skoolsaal Tyd: Senior Koor meld stiptelik om 18h15 in die Nasorg aan. Junior Koor meld stiptelik om 18h30 in Juf Helene se klas aan. Die konsert begin 19h00 Kleredrag: Dogters: wit rok / romp / broek / hemp OF lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Dogters kan hul hare los dra. Seuns: Lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjies sandale. Ons wil graag die kinders aanmoedig om EEN van die volgende bykomstighede vir hierdie geleentheid...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 15 November 2024

Kan julle dit glo, oor minder as ‘n maand sluit die skole vir die leerders. Ek glo dat die leerders en julle as ouers/voogde nie meer kan wag om die welverdiende rustyd te geniet nie. 2024 was ‘n besige jaar met propvol opwindende skoolaktiwiteite waarvan die skoolkonsert seker die kollig gesteel het. Een aspek wat vir my die jaar soos die spreekwoordelike paal bo water uitstaan, is die feit dat ons leerders elke skoolaktiwiteit terdeë geniet het. Dit is vir my wonderlike om te sien hoeveel vreugde dit vir hulle bring. Wanneer leerders skoolgaan en in dieselfde proses ook pret het, leer hulle soveel makliker en beter. Dus fokus ons om gelukkige leerders te huisves wat ons in staat stel om hulle holisties te ontwikkel om hul volle potensiaal te kan bereik. Die Graad 7’s se finale laerskooleksamen het die week op Woensdag, 13 November, met Wiskundevraestel 1 afgeskop. Die assesserings vir die grondslagfase eindig vandag en ek glo die grondslagfase leerders gee saam met hul ouers/voogde ‘n sug van verligting en kan nou net die res van die kwartaal geniet met verskeie pretaktiwiteite wat vir hulle voorlê. Op Maandag, 18 November, begin die Gr. 4 – 6 finale eksamen en wil ek vir hulle ook spesiale sterkte toewens. Die eksamen vir die intersenfase (Gr. 4 – 7) eindig op 27 November 2024. Die eksamenproses behels nie net die...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool: November 2024

Ons dansers het behoorlik geskitter tydens die American Academy of Ballet “Performance Awards” by JvR Sondag, 10 Nov 2024.  Bedankings; Aan mnr Beets vir gebruik van JvR saal en juf Sharon vir gebruik van haar klaskamer; Ons oulike dansers vir hul liefde en passie vir dans en hul deursettingsvermoë; Anene vir gebruik van haar Ballet matte en Philip en Matthew vir die musiek en sekuriteit; Karlien en Kerala vir kaartjieverkope en Belinda en Icelene ons “Runners”; Mammas vir mooi hare versorging en grimering en Pappas vir ondersteuning en ” lifts” na ekstraklasse.    AAB GRADERING: Bronze: Bronze with distinction | Bronze with double distinction Silver: Silver with distinction | Silver with double distinction Gold: Gold with distinction   AAB UITSLAE: Gr1 Mila Maree                        Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Emily Theron                     Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Emma Wilke                      Silver with Double Distinction  en n Ster hangertjie Livia-Mae Liebenberg        Silver with Double Distinction  en n Ster hangertjie Amatullah Barsadien         Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Heike Janse v Rensburg   Silver with Double Distinction en n Ster hangertjie Vasti Swart                        Silver with Double...

Lees Verder

HS Jan van Riebeeck-busvervoer

SUIDELIKE VOORSTEDE: OceanView, Glencairn, Vishoek, Muizenberg, Lakeside, Dieprivier, Wynberg, M3: NOORDELIKE VOORSTEDE:  Brackenfell, Bellville, Parow, Goodwood: WESKUS (MILNERTON/TABLEVIEW/BLOUBERG/MELKBOS): Kliek op die onderstaande skakel VIR DIE BETROKKE ROETE, vul dit in en maak seker u submit.  Sodra u dit gedoen het, sal ons ontvangs erken en al die verdere nodige inligting, kostes, roetes en tye aan u stuur om die aansoek af te handel. U sal op die blou skakel nadat u daarop ingegaan het, al die stoppunte sien waar die bus 2024 gestop het.  Ons neem voorstelle vir nuwe stoppunte in ag. Kliek hier vir meer inligting: BUSVERVOER INLIGITNG Kliek hier vir meer inligitng oor aansoeke: AANSOEK INLIGITNG Om aansoek te doen vir die busdiens van Jan van Riebeeck, kliek op die toepassende blou skakel vir die onderskeie roetes. U sal ontvangs erkenning kry, met verdere aansoek dokumente.  SUIDELIKE VOORSTEDE: OceanView, Glencairn, Vishoek, Muizenberg,  Lakeside, Dieprivier, Wynberg, M3: https://forms.gle/ccSbwCVTX1eMKh556 NOORDELIKE VOORSTEDE:  Brackenfell, Bellville, Parow, Goodwood: https://forms.gle/vD29isRnv3uTutSU6 WESKUS (MILNERTON/TABLEVIEW/BLOUBERG/MELKBOS): https://forms.gle/G3PpHUT27eePVLfz7 Vir enige ander navrae, kontak: Theresa Lombard ...

Lees Verder

Jan Kas tye: Aangepas

Neem asb. kennis dat Jan Kas Dinsdae- en Donderdaemiddae vroeër sal oop wees a.g.v. die skool wat vroeër verdaag. Ma & Wo – 07:00 – 08:00 Di & Do – 12:30 – 13:30

Lees Verder

2025 Jan van Riebeeck-gholfdag

Vind asb. aangeheg inligting vir die 2025 Jan van Riebeeck-gholfdag. Daar is slegs 12 x 4 balle beskikbaar. Neem kennis dat gholfkarretjiebesprekings vir jou eie rekening sal wees en direk by die proshop bespreek moet word. Kontak mnr. Rashard vir besprekings, borgskap van pryse of putjies en navrae indien u enige het. 067 311 8914 of sport@jvrprim.co.za GOLF...

Lees Verder

Redenaars 2025: Inligtingsessie

Hier volg meer inligting oor die redenaars 2025 inligtingsessie: Vul asseblief hierdie vorm in, indien jy die inligtingsessie gaan bywoon: INLIGITINGSESSIE VORM Maak asseblief seker jy is op die redenaars WhatsApp-groep, sodat jy nie belangrike inligting mis nie. Ls JvR Whatsapp Community: Redenaars (Ls...

Lees Verder

Versoek om Uitstaande Biblioteekboeke Terug te Stuur

Oor die afgelope paar jaar het daar verskeie persone in beheer van ons skoolbiblioteek gewissel, en ons werk tans daaraan om ons rekords op te dateer en seker te maak dat alle biblioteekboeke teruggestuur word. As jou kind steeds biblioteekboeke by die huis het, vra ons asseblief dat dit so gou moontlik terug na die skool gestuur word. Dit sal help om ‘n akkurate inventaris te behou en te verseker dat alle leerders toegang het tot die hulpbronne wat hulle nodig het. Baie dankie vir die samewerking en ondersteuning in hierdie...

Lees Verder

Beskerm Ons Buurt – Staan die voorgestelde Leeukop/Aloe ontwikkeling tee

Geagte Inwoners van die Bo-Stadskom, ’n Aansoek vir ’n groot, sesverdieping-ontwikkeling aan die bopunt van Leeukopstraat is by die Stad Kaapstad ingedien. Indien dit goedgekeur word, sal hierdie gebou van 41 woonstelle die rustige, voorstedelike karakter van ons buurt dramaties verander en beduidende verkeersopeenhoping en veiligheidsrisiko’s byvoeg tot ’n reeds besige area. Waarom Dit Belangrik Is Die beplande ontwikkeling sal verkeer op Kloofnekweg drasties verhoog en tot 60 bykomende voertuie by die nou Leeukop-Quarry Hill kruising voeg, wat gevaarliker toestande sal skep. Kloofnekweg het reeds ernstige ongelukke met swaarvoertuie gehad, en hierdie verhoogde verkeer bedreig beide bestuurders en voetgangers, insluitend skoolkinders wat die gebied daagliks gebruik. Buiten verkeer, stel hierdie projek ’n kommerwekkende presedent vir toekomstige grootskaalse ontwikkelings in die Stadskom, wat die unieke karakter van buurte soos Tamboerskloof, Oranjezicht en Higgovale in gevaar stel. Ons glo dat hierdie ontwikkeling, wat hoofsaaklik vir beleggers ontwerp is, die harmonie van ons gemeenskap sal versteur, eiendomswaardes sal verlaag en die bekoring van ons gebied sal ondermyn. Neem Aksie DIE SPERDATUM VIR BESWARE IS 19 NOVEMBER 2024. Enige persoon ouer as 18 jaar kan beswaar aanteken. Selfs as jy voorheen beswaar aangeteken het, is ’n nuwe beswaar vir hierdie aansoek nodig. Besoek https://tinyurl.com/fotadocs vir vorms en addisionele inligting. Help ons om ons buurt te bewaar. Saam kan ons ’n verskil maak! Vriendelike groete, Friends of Tamboerskloof E-pos: fotamboerskloof@gmail.com...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 08 November 2024 

Ek hoop en vertrou dat dit met almal in ons skoolgemeenskap goed gaan, veral die tyd van die jaar waar ons nog so baie take moet afhandel en sperdatums moet eerbiedig voor die langverwagte Desember-vakansie vir almal aanbreek.    Volgende week op Woensdag, 13 November, begin die finale eksamen vir die Gr.7’s. Die assesserings vir die grondslagfase is reeds vanaf 04 November volstoom aan die gang. Vir die eerste keer skryf al ons grondslagfase-leerders deurlopende assesserings om assesseringsangs by hulle te verminder. Soos julle weet, mag ek mos nie eintlik die ‘E-woord’ gebruik nie, maar op Maandag, 18 November, begin die Gr. 4 – 6-leerders ook met hul eksamen en wens ek al ons leerders, ouers/voogde, tutors, fasiliteerders en personeel voorspoed toe. Eksamens verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as onderwysers te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen/assessering te bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres as gevolg van enige eksamen laat die meeste mense snak na hul asem, maar dit is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees. Probeer gerus die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres en moontlik jou eie angstigheid daaroor hok te slaan:  Berei asseblief betyds voor. Help om saam met jou kind/ers betyds ‘n...

Lees Verder

Christian ontvang WP-stoeitrofee

Die Parow-Stoeiklub se jaarlikse prysuitdeling het op 2 November 2024 plaasgevind. Al die stoeiers wat die Westelike Provinsie verteenwoordig het, het hul trofeë ontvang vir hul nasionale plasing, onderskeiding en deelname sertifikate. Christian Cronje was ook daar om sy trofee te ontvang. Baie geluk, Christian!...

Lees Verder

Toestelooreenkomste vir 2025

Neem asseblief kennis dat alle graad 4 – 6-leerders ‘n toestelooreenkoms volgende week sal ontvang.  Ouer en kind moet dit onderteken aangesien alle graad 5 – 7-leerders sommer op die eerste dag van skool (15 Jan. 2025) ‘n toestel sal ontvang.  Hierdie skootrekenaar sal gebruik word om interaktief met akademie te handel.  Sodra jy hierdie ooreenkoms ontvang, teken en stuur die volgende dag skool toe.  Dankie vir hierdie...

Lees Verder