Mzanzi Conductor’s Convention by die CTICC: 14 – 16 Maart 2025

Beste Ouers,

Die naweek waarvoor die koor so hard oefen en voorberei, is om die draai. Tydens die MCC gaan ons senior koor deel vorm van die MCC Kinderkoor wat saamgestel word uit vier kinderkore: Tygerberg Kinderkoor, Pietermaritzburg Kinderkoor, Cantaré Kinderkoor, en die Laerskool Jan van Riebeeck Senior Koor.

Die MCC Kinderkoor gaan onder leiding van die bekende Kanadese kinderkoor dirigent, Zimfira Poloz, vanaf Vrydag, 14 Maart, tot Sondag, 16 Maart, werk. Die leerders se toewyding en harde werk word dan Sondag, 16 Maart @ 13h45, tydens die Convention Choirs Showcase ten toon gestel. Dit is defnitief ‘n geleentheid wat julle nie wil misloop nie!

Deel van hierdie konvensie sluit verskeie optredes deur plaaslike en internasionale kore in. Ek heg die program vir die naweek aan, en moedig almal aan om die geleentheid te gebruik om na hierdie briljante kore te luister. Ons koorlede sal toegang hê tot hierdie konserte, maar familie en vriende sal vooraf kaartjies moet koop om dit by te woon. Kaartjies kan op die MCC se webtuiste gekoop word by die volgende skakel https://tickets.tixsa.co.za/events/26842  OF stuur vir my ‘n epos (rolene@jvrprim.co.za) om kaartjies teen ‘n goedkoper prys te kry: R120 volwassenes en R75 vir kinders en pensionarisse. Hierdie aanbod is slegs geldig tot 10 Maart.

Hier is ‘n lys van die konserte waarvoor julle kaartjies kan koop. Ons senior koor tree op in die Convention Choirs Showcase op Sondag, 16 Maart:

Die koor gaan lang ure by die CTICC spandeer, maar ons vertrou dat die naweek ‘n besonderse belewenis vir elke kind sal wees.

Sien die volledige program en reëlings hier onder:

MCC Betrokkenheid

Indien jou kind nie hierdie naweek se verrigtinge kan bywoon nie, laat my asseblief weet. Ek sal verdere inligting nader aan die tyd deurgee. Vra gerus indien iets onduidelik is – ons wil graag help.

Vriendelike groete,
Rolene van Zyl