Die vereiste vir motorplakkers is ‘n nuwe instelling by die skool wat vanaf 10 Februarie 2025 in werking sal wees. Alle motors wat op die perseel kom, moet ‘n plakker in die motorvenster hê. Elke gesin sal twee motorplakkers ontvang. Indien jy ekstra plakkers benodig, kan jy dit via die Karri-app teen R10 ‘n plakker bestel. Die plakkers sal direk aan die leerders oorhandig word.