Ons wil julle graag uitnooi na ons hoërskool se opedag! Bring julle kinders saam en kom kyk wat ons alles het om te bied. Dit is ‘n uitstekende geleentheid om meer te leer oor ons skool en om enige vrae wat julle mag hê, beantwoord te kry.

Datum: Dinsdag,18 Februarie 2025

Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck, Klooftsraat 129, Kaapstad

Tyd: 16:30 begin koshuisetoere; 18:00 Inligtingsessie by die skool

Registreer asb. vooraf vir die sessie by die volgende skakel: https://forms.gle/yZA91vANXyXobcUW7 

Baie dankie vir julle samewerking en ons sien uit daarna om julle daar te sien!