Skrywer: Megan Zondagh

Senior Koor: Belangrike datums

1. OEFENTYE Die senior koor oefen hierdie jaar gedurende die volgende tye:   Dinsdag: 07h30 – 08h30 Donderdag: 07h45 – 08h45   Let asseblief op dat ons oefening op ’n Dinsdag reeds 07h30 begin. Leerders kan hul tasse in die Nasorg sit voor die oefening, en kan dit dan na die oefening gaan haal en klas toe neem.   2. KOORKAMP Die senior koor het ’n lekker koorkamp om na uit te sien in Februarie! Buiten vir die musiek waaraan ons gaan werk, sal ons seker maak om die kinders ook te bederf.   Datum: 7-8 Februarie Plek: LJvR Skoolsaal Tyd: Vrydag, 7 Februarie @ 14h30 – 17h30 Saturday, 8 Februarie @ 08h00 – 13h30   Saterdag, 1 Maart @ 08h00 – 13h30 Donderdag, 6 Maart @ 13h00 – 17h00   Ek sal meer detail deel nader aan die tyd. Laat weet asseblief indien daar ’n oefening  is wat jou kind nie kan bywoon nie.   3. MZANZI CONDUCTORS CONVENTION: 14-16 Maart 2025   Ons sien baie uit na die MCC wat in Maart by die CTICC plaasvind. Tydens hierdie geleentheid gaan ons senior koor deel wees van ’n kinderkoor wat, onder leiding van die befaamde Kanadese kinderkoordirigent Zimfira Poloz, gaan leer en werk. Die MCC kinderkoor word opgemaak deur die koorlede van die volgende kore: Tygerberg Kinderkoor, Pietermatizburg Kinderkoor, en Laerskool Jan van Riebeeck Senior Koor.   Die MCC verrigtinge gaan...

Lees Verder

Jannies vir Jesus

Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 – 07:45 in die NASORGLOKAAL plaas. Ons eerste samekoms van die jaar is eerskomende Donderdag, 23 Januarie. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn, van die Groote Kerk, of een van die onderwysers ‘n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunsteling-oggend van die week. Alle gr.1-7-leerders en hul ouers is welkom! Sluit asb. by die communitygroep aan indien jy graag op hoogte van die aktiwiteite wil...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool 2025

Die Barbara Schreuder Dansskool bied Moderne, Contemporary, American Ballet Awards en Choreografie aan vir alle ouderdomme (Gr 1-11). Klasse begin vanaf Maandag, 20 Jan 2025. Dans is lekker en daar is ‘n plekkie vir almal. Dansers word blootgestel aan verskillende genres, musiek en leer om dit met vertroue te waardeer. Ons volg die Nasionale, WPDTA en Internasionale AAB voorgeskrewe sillabus, toepaslik tot ouderdom en standaard. Daar is opsionele geleenthede om aan Eisteddfod, Assessering, Vertonings by JvR en Ballet Awards deel te neem. Klasse word op die perseel aangebied en dansers kan veilig tussen klasse beweeg vanaf sport en nasorg. Wanneer? Maandae, Dinsdae, Donderdae en Vrydae volgens ouderdom en graad: Gr 1: 1 maal per week op Dinsdae Gr 2-7: 2 maal per week op Dinsdae en Donderdae Gr 8-11: 2/3 maal per week op Maandae, Dinsdae, Donderdae Skakel my asb vir meer inligting ivm rooster. Kleredrag: Leotard/unitard Hare asb vasgemaak. Mag kort rompie dra by leotard. Toetsklas: Vir nuwe dansers, Dinsdag 21 Jan 2025 Kontak my asb en maak afspraak vir eenmalige gratis toetsklas: Gr 1: 2:15 – 3:00 Gr 2/3: 3:00 – 3:45 Gr 4/5: 3:45 – 4:30 Gr 6/7: 4:30 – 5:15 Gr 8: 5:00 – 5:45 Gr 9/11: 5:30 – 6:15 Dansklere of baaibroekie of kortbroekie en T-shirt, kaalvoet vir toetsklas. Kontak Barbie: Cell: 072 454 9353 (soggens voor 11vm/saans na 8nm) Email: barbie.schreuder.dance@gmail.com Groete, Barbie...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 11 Desember 2024

Vandag sluit die skole in die land vir ‘n welverdiende vakansie vir die leerders en personeel na ‘n lang en besige akademiese jaar. Verlede week is die onderskeie prysuitdelings vir elke graad suksesvol afgehandel om erkenning te gee aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding. Ons unieke wyse van erkenning, veral vir die akademie, maak my gerus dat ons die regte aanslag het en dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning en uitnemendheid is. Ons poog as personeel om vir ons leerders altyd ‘n voorbeeld te stel deur alles wat ons as skool aanpak met uitnemendheid en...

Lees Verder

Kleure-atletiek: 4 & 9 Desember 2024

Woensdag 4 Desember en Maandag 9 Desember het ons ons jaarlikse kleure-atletiek gehou. Dit was twee onvergeetlike dae. Woensdag het ons die velditems gehou en Maandag die baanitems. Die pawiljoene was pragtig opgemaak en dit was tyd vir die optogte. Die huise het hul krete en liedjies gesing en daarna was dit tyd vir die eerste items. Reg deur die dag het soveel leerders aan verskillende items deelgeneem om hulle spanne die kans te gee om die atletiekbeker te verower. Na afloop van die dag was die puntverskil tussen die twee spanne slegs 26 punte. Baie geluk aan Huis Oranje wat die atletiekbeker gewen het en Huis Blou wat wegstap met die geesbeker. Die bekerwenners op die dag was: Beste junior dogter: Elise Theron en Lexi Bierman Beste junior seun: Willem Viljoen Beste senior dogter: Ynes Samba Kabassidi Beste senior seun: Dane Botha Baie geluk aan al ons atlete wat deelgeneem het, dit is waarna ons streef om vir almal geleentheid te bied. Baie geluk aan die volgende atlete wat ons skool by die jaarlikse interskole volgende jaar gaan verteenwoordig. Dit vind plaas op 11 Februarie by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde. Span...

Lees Verder

Foto’s: Ouma- en Oupadag 2024

Ons is opgewonde om die Ouma- en Oupadag foto’s met julle te deel. Laai die foto’s hier af: OUMA- EN OUPADAG Instruksies om af te laai: Kliek op die Google Drive-skakel wat aan jou gestuur is. Meld aan met jou Google-rekening indien nodig. Kies die foto’s wat jy wil aflaai. Kliek op die aflaai-ikoon (afwaartse pyl) bo-aan die bladsy. Kies die ligging op jou toestel waar jy die foto’s wil stoor. Hierdie foto’s sal slegs beskikbaar wees om af te laai tot 31 Desember 2024. Maak asseblief seker jy laai dit af en stoor dit op jou eie toestel. Ons sal ongelukkig met geen laat versoeke kan help...

Lees Verder

Musiekinskrywings vir 2025

Kom word deel van die musiekdepartement en skryf in om volgende jaar musiekonderrig in een van die volgende instrumente te ontvang: klavier, viool, kitaar, saksofoon, blokfluit, klarinet, dwarsfluit of individuele sanglesse (slegs vir Gr. 4-7’s).   Pieter Bezuidenhout is ‘n SAFTA genomineerde komponis, koordirigent, sangafrigter en instrumentalis. Hy is ‘n besonders veelsydige musikant, en leef nie net sy passie vir musiek as komponis en koordirigent uit nie, maar ook as musiekonderwyser. As komponis het hy groot lof ontvang vir sy instrumentele album, AULA, wat deur Die Burger beskryf is as musiek wat Suid-Afrikaanse klassieke musiek weer cool maak. Hy het ook in 2023 sy eerste solo Afrikaanse Electropop album vrygestel, SOEKER. Sy komposisies is reeds op 5 kontinente uitgevoer én internasionaal gepubliseer. Pieter sluit in 2025 by Laerskool Jan van Riebeeck aan as sangonderwyser vir leerders in Graad 4-7. Hy is passievol oor die ontwikkeling van ‘n jonger generasie musikante en koester ‘n hoë agting vir die afrigting van sangers op laer- en hoërskool vlak. Hy glo dat sang ‘n medium is wat elke kind help om sy/haar uniekheid na vore te bring, persoonlikheid ontwikkel, en selfvertroue bou.    Vul die aangehegde musiekinskrywingsvorm in, en stuur dit aan Juf. Rolene. MUSIEKINSKRYWINGSVORM   Ons sien uit daarna om jou aansoek te ontvang!   Rolene van Zyl...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 06 Desember 2024

Kan jy dit glo? Desembermaand het homself kom tuismaak in ons kalenders en dit beteken ‘n welverdiende vakansie en Kersfees is net om die draai. Ek glo almal is druk besig om die finale take en/of projekte vir die jaar so spoedig moontlik af te handel voordat die Desembervakansie aanbreek. Op Donderdagaand, 28 November, het ons musiekdepartement ‘n wonderlike kerskonsert vanaf 19:00 in die saal aangebied. Die indrukwekkende draaiboek is deur juf. Raché (Hoof van die Grondslagfase) geskryf en die storievertellers is deur twee graad 7-leerders, naamlik Jessica Schincariol (Ouma Berna) en Daniella Boshoff (Ouma Susan) vertolk. Hulle twee het hulle puik van hul taak gekwyt terwyl die senior- en junior koor onderskeidelik onder leiding van Leon Starker en mnr. Ben opgetree het. Die skoolkore en die ouerkoor het die aand met hul pragtige kerssang betower en onwillekeurig die gevoel van nostalgie en heimwee by ‘n mens laat opkom. Die ongelooflike aand is verder gekomplimenteer met die fantastiese optrede van die senior ensembles asook Mika van der Walt (graad 3) en Elisabet Marais (graad 6) met die puik voordra van hul kersgedigte. Die aand is op ‘n hoë noot met die samesang van “Stille Nag” afgesluit. Sjoe, dit was ‘n belewenis met die hele saal wat die pragtige kerslied met soveel deernis gesing het. Alhoewel Kersfees die afgelope klompie jare ‘n kommersiële geldmakery geword het, is dit tog vir...

Lees Verder

Jean-Jacques Skitter by HOPE Journey Finale

Jean-Jacques Rossouw was gaskunstenaar die afgelope Saterdagaand by die “HOPE Journey International Finale” in die Waterfront, Kaapstad. Veertien lande het deelgeneem met welsynsprojekte wat oor twee maande strek, en die top finaliste is Saterdagaand aangewys voor meer as ‘n duisend mense. Mnr. Ben Reynecke was seremoniemeester en verantwoordelik vir die choreografie van die produksie. Knap gedaan, Jean-Jacques! Ons is baie trots op...

Lees Verder

Koordatums 2025

Senior Kooroefentye vir 2025: Dinsdag, 07h45-08h45 Donderdag, 07h45-08h45 Oefeninge begin Dinsdag, 21 Januarie. Leerders moet asseblief stiptelik om 07h45 by die weeklikse kooroefeninge aanmeld. Senior Koorkamp: 7-8 Februarie (by die skool) Senior Koorkamp: Saterdag, 1 Maart (by die skool) Senior Koorkamp: Donderdag, 6 Maart (by die skool) om 13h00 – 17h00 Mzanzi Conductors Convention by CTICC: 14-16 Maart 2025 George Cantamus Koorfees: 8-11 Augustus...

Lees Verder

Ons Gesin

Elke gesin is uniek. Tog is daar vier “pilare” wat ‘n gemene deler is en wat ouers in gedagte kan hou om ‘n gemaklike, gebalanseerde en gelukkige gesin te skep. Hierdie week fokus ons op empatie. 1.EMPATIE Hoe leer ek my kind om empatie te hê binne ‘n “als-gaan-oor-myself-wêreld”? Ons digitaal-gedrewe generasie kinders leer ongelukkig nie emosies aan deur ‘n “emoji” te kies nie! Ons taak as ouer is veel groter as dit. So getrou soos ‘n ouer vir sy/haar kind kleure of syfers van vroegs af al aanleer, so natuurlik moet dit vir jou kind word om sy/haar eie warboel van emosies te erken en ‘n naam daarvoor te gee. Jou kind kan nie ‘n ander gesinslid se emosies raaksien en leer om in ‘n boetie of sussie se “skoene” te klim voor hy/sy nie sy/haar EIE emosies ken en leer om dit te hanteer nie. 1. Gebruik emosionele taal as jy met jou kind praat: Indien jou kind met iets besig is wat vir hom/haar belangrik is wat jy moet onderbreek, kan jy sê: “Ek kan sien jy is gefrustreerd en kwaad om nóú alles weg te pak, maar as ons nie almal klaarmaak nie, gaan ons laat wees vir ete by Ouma.” Jy gee nie toe nie, jy wys net jy verstaan hoe jou kind voel. ‘n Kind se brein moet ook letterlik “ingeoefen” word om...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 29 November 2024

November-maand het nog net een dag oor en dan breek die laaste maand van die jaar aan. Met ‘n groot skok besef ek dat 2024 amper iets van die verlede is. Weereens ‘n bewys dat Vader Tyd vir niemand stil staan nie. Op ‘n positiewe noot, die langverwagte somervakansie waarna almal uitsien, kom vinnig nader. Op Woensdag, 27 November, het die finale eksamens vir die Gr. 4 – 7-leerders uiteindelik tot ‘n einde gekom en ek glo ons huisgesinne het ‘n groot sug van verligting gegee, want nou kan huishoudings weer ‘normaal’ en stresvry funksioneer. Alhoewel die rapporte nog nie gefinaliseer is nie, wil ek vir julle graag die versekering gee dat ons leerders puik tydens hul finale eksamens gevaar het. Die afgelope week is ek aktief by die modereringsproses betrokke om vir die jaarlikse promosie en progressie voor te berei wat vir die Grondslagfase op Woensdagmiddag, 27 November, plaasgevind het en vir die Intersenfase (Gr. 4 – 7) op Maandagmiddag, 02 Desember, sal plaasvind. Graag wil ek die onderwysers hartlik bedank vir hulle deeglike nasienwerk van die antwoordstelle om seker te maak die leerders ontvang hul regmatige punte. Laat my ook toe om die modereringspan hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel om seker te maak dat die eksamenpunte volledig en akkuraat is, wat ook benodig word vir die prysuitdelings vir Gr. 5 wat op...

Lees Verder

Jan Kas: Belangrike Datums

Hier volg ‘n paar datums om van kennis te neem: 2024 Donderdag, 28 November – Winkel sluit (reeds toe) Vrydag, 29 November – Aanlynwinkel sluit 2025 Vrydag, 10 Januarie – Aanlynwinkel maak oop (07:00) Maandag, 13 Januarie – Winkel oop (08:00 – 10:00) Dinsdag, 14 Januarie – Winkel oop (08:00 – 10:00 & 16:00 – 17:30) Die gewone tye sal vanaf Woensdag, 15 Januarie gevolg word: Maandag & Woensdag: 07:00 – 08:00 Dinsdag & Donderdag: 13:30 – 14:30 Vir enige navrae, kontak asseblief vir Megan per epos: megan@jvrprim OF Whatsapp (slegs boodskappe) 067 448...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde  – 22 November 2024 

Op Maandag, 18 November, het die eksamen vir die Gr. 4–6-leerders suksesvol afgeskop, en die res van die week se eksamensessies het klopdisselboom verloop. Ek het vroeg Maandagoggend by al die verskillende klasse ingeloer om hulle sterkte vir die eksamen toe te wens, asook om die leerders rustig te maak sodat die eksamen nie bloot ‘n negatiewe ervaring hoef te wees nie. Ons het ook vanaf Maandag, 18 November, met die interne sport- en kultuurprogram, wat in skooltyd plaasvind, begin. Tydens die sportsessies gaan ons voort met die somersportprogram vir Gr. 1–3-leerders, terwyl die Gr. 4–7-leerders slegs op atletiek fokus as gevolg van die kleure-atletiek wat op Woensdag, 4 Desember (velditems), en Vrydag, 6 Desember (baanitems), by die hoërskool se velde plaasvind. Ons leerders geniet dit terdeë om net na afloop van ‘n eksamen- of assesseringsessie die klas te kan verlaat om aan ‘n sportaktiwiteit deel te neem. Dit laat hulle sommer vinnig van die eksamenstres vergeet, help beslis om beter te fokus, maar seker die belangrikste is dat hulle hul eksamenervaring meer positief ervaar deur lekker vars lug buite te skep, aktief te wees en van al die negatiewe energie ontslae te raak. Ek is nie seker of almal bewus is nie, maar juf. Marianne (Gr. 4C) bied naaldwerk as ‘n buitemuurse aktiwiteit by ons skool aan. Tydens die sessies word ons leerders juis tou wys gemaak van...

Lees Verder