Op Dinsdag, 18 Februarie, het ons aan die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag waar meer as 450 atlete van 10 skole deelgeneem het.
Ons het die dag baie goed begin deur 5 van die 8 langafstand-wedlope te wen. Daarna het ons atlete baie mooi presteer op die baan en veld.
Ons kondig nie ‘n wen-skool aan die einde van die dag nie, maar as ons na die punte kyk na afloop van die dag, sou Jan van Riebeeck met die loure weggestap het.
Baie geluk aan Leah Jacobsz wat die beker verower het vir die beste dogter-atleet op die dag.
Baie dankie aan al ons onderwysers wat op die dag diens gedoen het om te verseker dat dit ‘n uiters suksesvolle dag was.
Sien volledige uitslae hier:
Final Results - Interschools Athletics 202523 van ons atlete het gekwalifiseer om aan die Zone-kampioenskappe deel te neem. Dit vind Saterdag, 22 Februarie by Vygieskraal plaas. Ons hou vir al die atlete duim vas en weet almal sal hulle beste gee.