Liewe JvR en Huppelland-ouers
Die Eisteddfod inskrywings is oop en sal binnekort op Karri gelaai word vir betalings.
Die Eisteddfod sal einde Mei by ons skool plaasvind en beloop R110 per item.
Gr. R is ook welkom on in te skryf vir voordrag (gedig). Gr.1 en 2 kan aan voordrag (gedig) deelneem, gr. 3 aan voordrag en onvoorbereide lees en gr. 4-7 aan voordrag, onvoorbereide lees en prosa.
Ek stuur ‘n skakel na ‘n vorm wat ingevul moet word hier onder. Indien jy meer as een kind wil inskryf, vul asb. die vorm vir elke kind apart in.
Die inskrywings sluit 4 Maart en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Ek sal elke leerder met hul keuses en afrigting help.
Lekker dag!
Groete, Jana